Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
"Woord en Gees"

SKRIFOORDENKING:
Smag na God se teenwoordigheid Ps 42: 6 en 12

DIE NUWE PSALMBERYMING 2001 - WEGLATINGS EN AFWYKINGS VAN HEBREEUSE TEKS

FUNDAMENTALISME: Naam of Brandmerk?

CALVYN EN DIE LITURGIE

MENSEVERHOUDINGE

AKTUEEL
Verkragtings - 'n Siek gemeenskap             Kurrikulum 2005 - Kader Asmal ....

KERKLIKE JOERNAAL: 
Indrukke van die Part Sinode GKSA Noord-Transvaal. 

Vrae oor prof Fika en BDB

Ds Hennie Momberg foutief aangehaal in Geref Vroueblad

Beswaar teen deputate

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Tuisskool

Prestasies van studente van die Akademie vir CVHO

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Lotto en dobbelary 

Loerbroer

Die toorn van God

WÊRELDFOKUS: Vernuwing met grense

TESTATEUR EN LIED BESWAAR TEEN

DR J OOSTENBRINK UIT GKSA

Kommentaar: 
Marika de Klerk
 

Die Sataniese verleidende aanslag d.m.v. die instelling van die staatlotery (LOTTO)

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Laat U Naam geheilig word

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 1 Januarie 2002

KERKLIKE JOERNAAL

BESWAAR TEEN DEPUTATE (GKSA) INSAKE CLOETEBERYMING

Br Nico van der Dussen het die hieronder staande brief gerig aan Die Kerkblad, asook aan Die Kerkpad, vir publikasie. Hy doen dit as lidmaat van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Meintjeskop, in persoonlike hoedanigheid. Hy vermeld onder andere dat, "aangesien die bewerings reeds voor die artikel langs ander weë by my uitgekom het, ek nie anders kan nie as om te glo dat die Deputate die bewerings wat in die artikel gemaak word , veel wyer versprei het as net in Die Kerkblad. Daarom dan 'n ope brief." het die hieronder staande brief gerig aan Die Kerkblad, asook aan Die Kerkpad, vir publikasie. Hy doen dit as lidmaat van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Meintjeskop, in persoonlike hoedanigheid. Hy vermeld onder andere dat, "aangesien die bewerings reeds voor die artikel langs ander weë by my uitgekom het, ek nie anders kan nie as om te glo dat die Deputate die bewerings wat in die artikel gemaak word , veel wyer versprei het as net in Die Kerkblad. Daarom dan 'n ope brief."

OPE BRIEF AAN DIE DEPUTATE (GKSA) INVOERING CLOETEBERYMING

Dit is met teleurstelling dat ek in DIE KERKBLAD van 21 November 2001 moes lees dat u reeds besluit het wat u aan die Sinode van 2003 gaan aanbeveel.

Dit is kommerwekkend dat u reeds besluit het wat u gaan aanbeveel ten spyte van u onderneming dat daar tot Februarie 2002 tyd is om kommentaar ten opsigte van die omdigting te lewer.

Dit is onrusbarend dat u reeds besluit het dat daar nie ruimte is vir die beoordeling van die omdigting, Psalm vir Psalm, vers vir vers, woord vir woord nie.

Het dit enige sin om verdere tyd te bestee aan kommentaar, of is die hele oefening slegs 'n bluf, sodat u kan sê dat u u werk gedoen het om u voorafbeslote standpunte deur te voer?

U openbare uitlatings in Die Kerkblad versterk die indruk wat reeds bestaan, dat die Cloete-beryming deurgevoer moet word ongeag die besware wat bestaan.

In die lig van u openbare uitlatings is dit noodsaaklik dat u die talle beswaardes oor die omdigting in die GKSA die waarborg sal verskaf dat u elke beswaar in sy geheel aan die komende Sinode sal voorlê; dat u elke beswaar na sy meriete aan die Woord en die Woord alleen sal meet en alleenlik sodanige kommentaar op besware aan die Sinode sal voorlê.

Dit is onmoontlik om u uitlatings in Die Kerkblad anders te vertolk as synde dat enige kommentaar wat aan die deputate gerig word 'n verkwisting van tyd en gawes sal wees.

Broedergroete.