|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 6 No 1 Januarie 2002
KERK, STAAT EN MAATSKAPPYDIE AFRIKAANSE KERKE EN DIE OORGAWE VAN 1994- PROF DR ADRIAAN PONT - EM TEOLOGIESE FAKULTEIT NHK PRETORIA - In 1902, na die Vrede van Vereeniging, het pres MT Steyn glo gesê: "Goddank! Ons het nog die kerk." Dit, omdat die kerk toe so min of meer die enigste struktuur of bolwerk was wat oorgebly het en wat die Afrikanervolk kon bymekaarhou, weer rigting gee en inspireer. Dit was toe moontlik omdat die gelowiges en die ampsdraers, die gemeenskap van die gelowiges as n volkskerk verstaan het. Dit moet egter bygesê word dat die Afrikaanse kerke weggevlug het van die gedagte om n kerk vir die volk te wees, om n geestelike tuiste te wees vir die Afrikanervolk met al sy aspirasies, hoop en vrese. In die negentiende eeu het die kerk in die Kaapkolonie ook so gedink. In 1837 het die sinode van die Kaapse Kerk in n "Herderlijk Schrijven" gestel dat die Groot Trek n dwaling is en dat die Trekkers wat wil wegkom van onderhorigheid aan die Engelse, byna so-iets soos ketters is. Daarom, het die sinode geoordeel, mag die sakramente nie aan die Trekkers bedien word nie. Miskien kan die besluit verstaan word as in rekening gebring word dat in daardie tyd die predikante vir hul lewenstog afhanklik was van die Engelse regering. Dit het seker meegewerk dat die kerk toe nie juis as n martelaarskerk bekend geword het nie. Hulle verknogtheid aan die owerheid bring mee dat die predikante teen hulle lidmate draai.(Aflewering 1)
In 1994 het dit so gebeur dat die kerklike vergaderings van die Afrikaanse kerke hulle volkome deur die owerheid se oorgawepolitiek laat lei het. Die NG kerk se sinodes het dan al "apartheid" (dit wil sê, die kommunistiese omskrywing daarvan) veroordeel en by die Rustenburgse Kerkeberaad van November 1990 verskoning aangebied toe hulle gesê het: "Ons veroordeel apartheid in opset, sy toepassing en sy gevolge as n euwel beleid. Die beoefening en verdediging van apartheid is n daad van ongehoorsaamheid aan God, n ontkenning van die evangelie van Jesus Christus en n sonde teen ons eenheid in die Heilige Gees." So het prof WD Jonker verskoning ook namens die NG Kerk en die "Afrikanervolk" aangebied. En na die oorgawe van 1994 het die Algemene Sinode van die NG Kerk toe vir Nelson Mandela, wat toe die President is, by hulle sinodesitting ontvang en hom hartlik en triomfantelik toegesing: "Laat Heer u seën op hom daal."
Dit laat die vraag ontstaan: het die vergaderings van die Afrikaanse kerke n rol gespeel in die voorbereiding tot die oorgawe van 1994? Het die kerke inderdaad doelbewus daarvoor gekies om die bestaande Christelik-nasionale lewensorde te vervang met die sosialistiese, sekulêre lewensorde? Was die kerklike vergaderings of van sy lede deel van daardie sameswering om die Afrikanervolk uit sy erfenis te verneuk? Of het die kerklike leiers en professore net op die oud end op die wa geklim om die kommunistiese oorwinning saam te vier en om so hul lewenstog veilig te kon stel? Dit is nogal die moeite werd om, al is dit nogal kursories, na hierdie saak te kyk.
Die aanloop
Om die vraag te beantwoord, kan daaraan gedink word dat die kerk n struktuur in die samelewing is en dat die gelowiges, wat die kerk uitmaak, nie beter of anders as die volk is nie omdat hulle in werklikheid die volk is; Selfs vandag nog is die oorgrote meerderheid Afrikaners lidmate van een van die Afrikaanse kerke. Daarom is die argument van die geleerde teoloë dat daar n yslike afstand tussen volk en "kerk" is, nie veel meer as dwaaldenke nie. Behalwe natuurlik as "die kerk" dieselfde sou wees as die geleerde teoloog !
In ieder geval is dit so dat die aanval op die Afrikaner en die NP vanaf die vyftigerjare, ook die kerk tref. Daardie politiek-ideologiese aanval kom op vaart wanneer dit duidelik word dat die NP se verkiesingsoorwinning van Mei 1948 nie n vergissing was nie. Toe ontstaan daar n paniekerige vrees by die Engelse establishment in Suid-Afrika en by die Internasionale Geldmagte dat die Afrikaner so vermetel sal wees om van hierdie land n vaderland en n tuiste vir die Afrikaner te maak. Daarby was dit duidelik dat in 1948 die beleid van die Engelse en hul lakeie in Suid-Afrika "to wipe out the last trace of Afrikanerdom" n ernstige terugslag gekry het. Verder was daar n vrees dat ná 1948 die Engelse volksdeel dalk dieselfde behandeling sou moes verduur as wat aan die Afrikaner uitgedeel is in die jare na 1939. Haat, vrees en paniek het die propaganda-aanvalle op die Afrikaner soms byna histeries laat word!
Die propaganda-aanval wat toe teen die Afrikaner geloods is, is toe gemik op die NP se poging om enigsins die orde te skep in die volkereverhouding in Suid-Afrika. Die oorlogspoging van die Smuts-regering het heelwat nywerheidsontwikkeling tot gevolg gehad en dit tesame met die ander industriële ontwikkeling het n toestroming van swart arbeid tot gevolg gehad waarvoor daar nie voorsiening gemaak is nie. Vir die hantering van hierdie probleem is teruggeval op die basiese segregasie-beleid wat van die 17de eeu af deur elke owerheid gevolg is. Die enigste verskil was dat nou wetenskaplike volkekundiges, sosioloë en beroepspolitici saamgewerk het om n praktiese en uitvoerbare beleid te formuleer vir die langs-mekaar-bestaan van die wit en swart volke in Suid-Afrika. Die skeidingsbeginsel wat in hierdie beleid ingewerk is, het nie op rassevooroordeel berus nie, maar op die boeie-oordeel oor die onversoenbaarheid van die groot verskille in lewenswyse. Reeds so vroeg as 1929 het Afrikanerdenkers afsonderlike state vir wit en swart bepleit en gevra dat die Afrikaner sy eie staatstruktuur in stand moet hou. Hierdie beleid wat deur die Afrikaners "eiesoortige ontwikkeling" genoem is en deur die Engelse en Afrikanerhaters "apartheid", het enersyds klem op die eiesoortigheid en andersoortigheid van wit en swart volke gelê sonder om n waarde-oordeel aan daardie onderskeid te verbind. Andersyds het die klem baie sterk op die ontwikkeling van die swart volke gelê. Dit kan maar weer gesê word: tot 1980 is in Suid-Afrika jaarliks meer per kop deur die blanke belastingbetaler aan die ontwikkeling van die swart volke bestee as wat deur buitelandse hulp in enige gebied in Afrika bestee is. Miskien het die Afrikaner deur dit te doen, n reuse bydrae gemaak tot die ontwikkeling van die bakhandsindroom waaraan swart Afrika ly.
Afrikaanse kerke geïnfiltreer
As vandag teruggekyk word op die poging van Afrikaner-nasionaliste om die enigste lewensvatbare beleid vir die vreedsame en voorspoedige langsmekaar-bestaan van volke in Afrika te vestig en uit te bou, dan bly dit n raaisel waarom die beleid deur die NP laat vaar is. Dan moet onthou word dat dr HF Verwoerd in 1966 doelbewus vermoor is om die beleid van afsonderlike ontwikkeling te verongeluk juis toe dit geleidelik besig was om te slaag. Dit was vir Suid-Afrika se regering se netjiese en vasberade hantering van die kommunistiese oproer en pogings tot opstand in die jare 1961-64, dat die Afrikaner se greep op die gang van sake alleen van binne die Afrikaner-establishment vernietig kon word. Daarom is daardie aksie beproef en is daarin geslaag om die NP-Broederbond-NG Kerk-alliansie te infiltreer. Daarvandaan het die Cape Liberal Nats, waarskynlik met die hulp van die CIA, die suksesvolle moordaanslag op dr Verwoerd geloods. Met dr Verwoerd se dood is die beleid van eiesoortige ontwikkeling deur die regering laat vaar. BJ Vorster, wat dr Verwoerd opgevolg het, was immers n oortuigde teenstander van daardie beleid. In sy strewe om die politieke mag te behou, het Vorster en sy opvolgers na buite die skyn voorgehou dat hulle die beleid van eiesoortige ontwikkeling voortsit, terwyl hulle met hul dade dit doelbewus afgetakel het. Op die ou end kon FW, "die Griek", daarop roem dat dit hy was en nie die kommuniste nie, wat "apartheid" afgeskaf het!
Agterna besien, sou dr Verwoerd se opvolgers, indien hulle die beleid van eiesoortige ontwikkeling wou voortgesit het, n paar struikelblokke moes oorkom het. Die eerste was dat die internasionale geldmagnate en deur hulle die VVO, die beleid wou stuit. Indien eiesoortige ontwikkeling geslaag het in Suid-Afrika, sou elke ander volk in Afrika ook daarna gestreef het. Dit sou die geldmagnate se invloedsfere in Afrika ernstig kon knou. Etnies bepaalde volkstate waar elke volk in sy eie vaderland oor homself regeer, was in Afrika onaanvaarbaar! Dit sou die internasionale grense wat in 1884 deur die koloniale moondhede getrek is om hulle te pas, volkome belaglik gemaak het, maar dit sou ook die geldmagnate verontrief het.
Daarom het die VVO byvoorbeeld met vuur en swaard teen Moise Tsjombe van Katanga gereageer toe hy n eie volkstaat, los van die Kongo, wou vestig. Die Amerikaans-Sweedse geldmagnate wat België uit sy kolonie wou geskop het met die hulp van die VVO, sodat hulle hul hande op die bodemrykdom van die Kongo kon lê, wou nie dat die koperryk Katanga daaruit ontsnap nie. Daarom het Tsjombe sy laaste jare as n eensame banneling ver van sy vaderland geslyt.
Dit was net die Afrikaner se militêre paraatheid wat die VVO daarvan weerhou het om in dr Verwoerd se dae Suid-Afrika op dieselfde manier te oorrompel. Maar van 1966 af was dit nie meer nodig nie, want toe was daar gewillige lakeie wat saamgespeel het.
Die tweede grootste struikelblok wat Suid-Afrika sou moes oorkom was die revolusionêre aanslag van die Internasionale Kommunisme gesteun deur allerlei liberale en kommunistiese organisasies en strukture vanuit Engeland en die VSA. Dr Verwoerd het presies geweet hoe om daardie aanslag te hanteer en het dit ook sorgvuldig hokgeslaan. Maar na dr Verwoerd se moord was diegene wat in die bresse moes staan teen die kommunisme, juis hulle wat die deure vir die kommuniste oopgemaak het, terwyl hulle luidkeels geskree het oor die "groot gevaar van regs" wat dreig.
Die derde struikelblok was die onwilligheid van die witmense om die verlies of vermindering van swart arbeid te aanvaar. Die opvallende was egter dat na 1966 die NP-regering nooit n enkele poging aangewend het om hierdie probleem op te los nie.
Die laaste struikelblok was dat nie al die swart volke in Suidelike Afrika die ideaal van n eie vaderland en n eie nasionale toekoms wou aanvaar nie. Die groot probleem was dat eiesoortige ontwikkeling veronderstel het dat die swart volke bereid sou wees om te werk om daardie ideaal te verwesenlik. Selfs die Afrikaner het nie besef dat swart Afrika nie wil werk nie. Hulle wil "jobs" hê, nie werk nie.
Dit is die vernaamste struikelblokke wat in 1966 nog voor die NP gelê het, bo en behalwe die binnelandse liberalisties-kommunistiese opposisie. Dit sou egter nie moontlik gewees het om daardie struikelblokke te oorkom nie, want Vorster het n verenigde kieserskorps geërf wat bereid was om te werk om die beleid te laat slaag. Maar Vorster en die samesweerders was vasberade om die Afrikaners te verskeur en te verswak en om die land dan uit te lewer aan die kommuniste terwyl die beeld voorgehou word dat die NP-Broederbond-NG Kerk-alliansie nog op die pad van eiesoortige ontwikkeling was.
Word vervolg.