Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
"Woord en Gees"

SKRIFOORDENKING:
Smag na God se teenwoordigheid Ps 42: 6 en 12

DIE NUWE PSALMBERYMING 2001 - WEGLATINGS EN AFWYKINGS VAN HEBREEUSE TEKS

FUNDAMENTALISME: Naam of Brandmerk?

CALVYN EN DIE LITURGIE

MENSEVERHOUDINGE

AKTUEEL
Verkragtings - 'n Siek gemeenskap             Kurrikulum 2005 - Kader Asmal ....

KERKLIKE JOERNAAL: 
Indrukke van die Part Sinode GKSA Noord-Transvaal. 

Vrae oor prof Fika en BDB

Ds Hennie Momberg foutief aangehaal in Geref Vroueblad

Beswaar teen deputate

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Tuisskool

Prestasies van studente van die Akademie vir CVHO

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Lotto en dobbelary 

Loerbroer

Die toorn van God

WÊRELDFOKUS: Vernuwing met grense

TESTATEUR EN LIED BESWAAR TEEN

DR J OOSTENBRINK UIT GKSA

Kommentaar: 
Marika de Klerk
 

Die Sataniese verleidende aanslag d.m.v. die instelling van die staatlotery (LOTTO)

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Laat U Naam geheilig word

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 1 Januarie 2002

OPVOEDING EN ONDERWYS

STUDENTE VAN DIE AKADEMIE VIR CVHO PRESTEER

-  PROF PIETER VAN DER DUSSEN (REGISTRATEUR)  -

Al dertig voorgraadse studente van die Akademie vir CVHO wat vir 2001 ingeskryf het, voldoen aan die vereistes om na die volgende studiejaar deur te gaan.

Weliswaar druip sekere studente enkele vakkursusse of moet hereksamen daarin aflê. Dit benadeel egter nie die algemene beeld van sukses nie, wat die studente, ouers, dosente en bestuur van die Akademie tot groot dankbaarheid stem.

Drie studente het vanjaar onderskeidingsgemiddeldes behaal. Hulle is mej Lenie Theron van Frankfort met ‘n gemiddeld van 85,7 persent, mej Mareike Schutte van Derby met ‘n gemiddeld van 83,7 persent, en mej Marli de Villiers van Pretoria met ‘n gemiddeld van 81,1 persent. Mejj Theron en De Villiers is tweedejaar studente en mej Schutte ‘n eerstejaar student en is aldrie voornemende onderwyseresse. ‘n Vierde student, mej Tharina Scheepers van Louis Trichardt, se uitslae is nog nie volledig nie, maar die aanduidings is dat ook sy ‘n onderskeidingsgemiddelde van meer as 75 persent sal behaal. Sy is ‘n finalejaar student in elektroniese ingenieurswese.

Benewens hierdie uitblinkers het nog sewe studente ‘n eersteklasgemiddelde (65-74 persent) behaal. Hulle is (alfabeties) mejj Johlene Breytenbach, Dorette Cronjé, Naomi Hamman, Adellé Pretorius, Christine Pretorius, mev Ursula Richter en mej Monica van Wyk. Almal is toekomstige onderwyseresse. Met inbegrip van die vier onderskeidings het 11 studente dus vanjaar ‘n gemiddelde van meer as 65 persent behaal. Dit is nie minder nie as 36,7 persent van die 30 voorgraadse studente.

Die Voorsitter van die Raad van die ACVHO en waarnemende Rektor, prof Alkmaar Swart, het sy gelukwense teenoor alle studente en veral teenoor die besondere presteerders uitgespreek. Die uitslae stem hom tot groot dankbaarheid omdat dit toon dat die studente deurgaans met oorgawe en ywer hulle talente en geleenthede benut om aan die hoë akademiese vereistes te voldoen wat die Akademie daarstel. Die Akademie is vir ons volk en ten behoewe van ons volk opgerig en daar heers by die Raad en Bestuur alleen maar dankbaarheid dat die HERE sy seën oor die onderneming in alle opsigte ryklik toon. Hy bedank verder al die dosente en andere wat met groot toegewydheid en dikwels met groot opoffering hulle dienste aan en ten behoewe van die Akademie lewer. Die Christelik-volkseie aard van die Akademie beteken dat hierdie diens in diens van die Koninkryk van onse Here Jesus Christus en van daaruit tot voordeel van ons volk gelewer word.

Die Akademie het hom die afgelope vyf jaar as Christelik-volkseie instelling vir die Boere-Afrikaner gevestig. Daarom het hy vrymoedigheid om goedgesinde persone, instellings en ondernemings op te roep om die studente by wyse van prestasie- en ander beurse en toekennings te ondersteun. Deur dit te doen, word verseker dat daar steeds studente sal wees wat na voltooiing van hulle studie hulle kennis, kundigheid en vaardigheid in Koninkryksdiens tot voordeel van land en volk sal kan benut. Enigiemand wat belangstel om langs hierdie weg deel te kry aan die opbou van die Akademie kan die Registrateur (prof Pieter van der Dussen) skakel by 082-820-5298, of die kantoor by 012-361-0168.