Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
"Woord en Gees"

SKRIFOORDENKING:
Smag na God se teenwoordigheid Ps 42: 6 en 12

DIE NUWE PSALMBERYMING 2001 - WEGLATINGS EN AFWYKINGS VAN HEBREEUSE TEKS

FUNDAMENTALISME: Naam of Brandmerk?

CALVYN EN DIE LITURGIE

MENSEVERHOUDINGE

AKTUEEL
Verkragtings - 'n Siek gemeenskap             Kurrikulum 2005 - Kader Asmal ....

KERKLIKE JOERNAAL: 
Indrukke van die Part Sinode GKSA Noord-Transvaal. 

Vrae oor prof Fika en BDB

Ds Hennie Momberg foutief aangehaal in Geref Vroueblad

Beswaar teen deputate

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Tuisskool

Prestasies van studente van die Akademie vir CVHO

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Lotto en dobbelary 

Loerbroer

Die toorn van God

WÊRELDFOKUS: Vernuwing met grense

TESTATEUR EN LIED BESWAAR TEEN

DR J OOSTENBRINK UIT GKSA

Kommentaar: 
Marika de Klerk
 
Die Sataniese verleidende aanslag d.m.v. die instelling van die staatlotery (LOTTO)

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Laat U Naam geheilig word

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 1 Januarie 2002

PERSRUBRIEK

"LOERBROER"

Die Moderamen van die Vrystaatse Sinode van die NG Kerk het hom tydens sy onlangse vergadering sterk uitgespreek teen die realiteitsepie, Big Brother, wat laasjaar Desember ten einde geloop het, aldus 'n amptelike berig in DIE KERKBODE, 7 Desember 2001. Die berig lui verder:

Die Moderamen het gesê hoewel die kerk groot waardering het vir kunsvorme waarin probeer word om die werklikheid van die gebroke samelewing uit te beeld, distansieer die kerk hom volledig van TV-programme wat die kwaad op so 'n wyse uibeeld dat dit sonde aanmoedig en die kwaad verheerlik.

"In die lig daarvan is die blatante vuil taal, naaktonele en vulgariteit in die Loerbroerprogram volgens Bybelse norme onaanvaarbaar. Die kerk spreek voorts sy kommer uit oor die negatiewe invloede wat realiteitstelevisie, veral Big Brother, op die deelnemers en kykers het, onder meer die stimulering van voyeurisme en ekshibisionisme. Dit kan veral jongmense wat seksueel in 'n ontwikkelingsfase is, negatief raak deurdat hulle hul met die negatiewe gedrag kan identifiseer". Die Moderamen sê in 'n verklaring dat, wanneer die werklikheid op so 'n wyse uitgebeeld word dat dit die medemens ten kwade strek en teen naasteliefde indruis, dit afgewys moet word.