|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 6 No 1 Januarie 2002
PersrubriekDIE TOORN VAN GOD
11 SEPTEMBER IN BYBELSE KONTEKS
- DJ ERASMUS IN: EINDTYD BULLETIN, NOVEMBER 2001 -
Jare gelede het die bekende Tjeggiese kompo-nis, Antonin Dvorak, Amerika besoek en 'n aantal jare daar gebly. Tydens sy destydse besoek aan die VSA (vanaf 1891 - 1894) het hy in New York gewerk en ook 'n beroemde simfonie daar gekomponeer wat daarna bekendgestaan het as sy "Nuwe Wêreld" simfonie. Amerika is sedert sy ontdekking bekend as die "nuwe wêreld" in teenstelling met Europa wat as die ou wêreld bekendstaan. Daarom vind ons in Amerika name soos New Orleans (vernoem na die stad Orleans in Frankryk), New Yersey, New Hampshire (state vernoem na gebiede in Brittanje) en so ook New York (vernoem na die stad York in Engeland.Sou 'n mens dan kon sê dat die berugte nuwe wêreldorde ook sy beslag sal kry vanuit die groot VSA - oftewel dan die "nuwe wêreld"? Ons moet onthou dat Amerika die land is wat reeds sedert 1933 'n piramiede op hulle een dollar noot vertoon met die Latynse (oud Romeinse rykse) inskripsie daaronder wat lees: NOVOS ORDO SECLORUM oftewel "nuwe sekulêre orde" of dan "nuwe wêreldorde". Op dieselfde noot verskyn ook die alsiende oog van die Egiptiese afgod, Horus, oftewel Lucifer. Dit is verder baie betekenisvol om daarop te let dat die Amerikaanse een dollar noot waarop hierdie woorde en simbole pryk, in gebruik geneem is tydens die bewindstermyn van oud president Franklin D Roosevelt. Hy het op 'n stadium die volgende uitlating gemaak wat ons aandag seker verdien: "If it happened, it is because we planned it that way".
Hy was aan bewind tydens die groot depressie wat gevolg het op die grootskaalse ineenstorting van die Amerikaanse aandelebeurs in 1929. Sou 'n mens dit ook kon sê van die gebeure op 11 September 2001?
In 1990 het die vorige president George Bush talle toesprake gemaak waarin hy daarna verwys het dat die nuwe wêreldorde op hande is. Daarom was dit ook nie vreemd nie dat die bekende Time tydskrif van 15 Oktober 2001 na die huidige president George Bush verwys het as "The son of the New World Order!" Hoekom sou dit wees? Wel, dit was alles na aanleiding van die gebeure op 11 September en die Amerikaanse president se besluit om tot oorlog oor te gaan ten einde die "nuwe wêreld van vrede" daargestel te kry. President Bush sou ook op 11 November 2001 die Verenigde Nasies se algemene vergadering toespreek oor die gebeure van die oorlog wat daaruit gespruit het.
Sedert sy ontstaan was Amerika 'n baie ryk en voorspoedige land. Hy het egter wel sy kwota oorloë gehad soos byvoorbeeld die be-rugte burgeroorlog tussen die noorde en die suide. Aanvanklik was sy eerste presidente daarvoor bekend dat hulle die lewende God van hemel en aarde gedien en gevrees het en daarom was hulle grondwet ook van so 'n aard dat God daarin geëer en vereer is. Hierdie pragtige land het as gevolg hiervan dan ook gedy en uiteindelik die magtigste moondheid op aarde geword. Terselfdertyd het hierdie nasie die rykste op aarde geword en het seëninge op seëninge na hulle gekom uit die hand van God.
Soos tyd verby gegaan het, het sake egter verander en kan nie meer van hierdie nasie dieselfde gesê word nie. Alhoewel daar vandag steeds 'n groot persentasie Christene in die VSA is, het die afval weg van die waarheid van God se Woord ook met rasse skrede daar plaasgevind. As ons net dink aan die Godtergende Hollywood filmbedryf, die sataniese Amerikaanse musiekbedryf en veel meer wat die wêreld oorspoel, dan moes daar een of ander tyd iets met hierdie land gebeur. Ja, hierdie is die land waar die geliefde Seun van God, Jesus Christus, as 'n homoseksueel in meer as een film uitgebeeld is. Dit is die land vanwaar nuwe bybelvertalings die wêreld ingestuur word, waarin God se ewige woorde verander en verdraai word en waar nou weer binnekort 'n nuwe uitgawe met naakte fotos daarin sal verskyn. Dit is die nasie wat die waarheid baie goed geken het, maar waar gebed uit die skole geneem is en waar die tien gebooie nou nie meer teen mure van regeringsgeboue gevind mag word nie. Dit is die nasie wat miljoene aborsies elke jaar goedkeur en ook ander nasies ook daarin verlei het. Dit is die land waar homoseksualisme en pedofilie verheerlik word. Daar bestaan wettige organisasies in Amerika wat laasgenoemde aanmoedig. God laat eenvoudig nie toe dat daar aanhoudend met Hom gespot word nie - soos die Woord uitdruklik verklaar: "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai" (Gal 6:7).
Het die VSA geleer uit die tragiese gebeure van 11 September? Wel dit lyk glad nie so nie. Hulle president, wat blykbaar 'n Christen is, het kort na die gebeure 'n Islamitiese moskee besoek en daar uit die Koran gelees (Associated Press, 18 September 2001). Dan was daar die groot intergeloofsbyeenkoms in die Yankee stadium waar alle godsdienste byeengekom het as 'n eenheidsgebaar en vir 'n tyd van gesamentlike gebed (New York Post, 23 September 2001). Dit is nou om die lewende en ware God se toorn net verder te laat ontvlam
Ek was onlangs baie geskok om te verneem dat 9 uit 10 mense wat ná die 11 September tragedie 'n huisbyeenkoms van 'n groot bekende kerk in ons land bygewoon het, heelhartig saamgestem het dat die bogenoemde gebedsbyeenkoms van verskillende godsdienste in Amerika vir hulle net te wonderlik was en dat ware vrede so bewerk gaan word Om te sê dat hierdie Christene diep mislei is, is om dit baie slag te stel. Die Woord van God verklaar onomwonde dat: "As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom 'n vervloeking wees! Maranata! (1 Kor 16: 22). Dit sluit dus alle afgodsdienste in wat die ware Jesus Christus van die Bybel uitsluit - en almal van hulle doen dit. Die woord Maranata beteken natuurlik "die Here kom!" Hieraan wil baie min vandag dink,