Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
"Woord en Gees"

SKRIFOORDENKING:
Smag na God se teenwoordigheid Ps 42: 6 en 12

DIE NUWE PSALMBERYMING 2001 - WEGLATINGS EN AFWYKINGS VAN HEBREEUSE TEKS

FUNDAMENTALISME: Naam of Brandmerk?

CALVYN EN DIE LITURGIE

MENSEVERHOUDINGE

AKTUEEL
Verkragtings - 'n Siek gemeenskap             Kurrikulum 2005 - Kader Asmal ....

KERKLIKE JOERNAAL: 
Indrukke van die Part Sinode GKSA Noord-Transvaal. 

Vrae oor prof Fika en BDB

Ds Hennie Momberg foutief aangehaal in Geref Vroueblad

Beswaar teen deputate

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Tuisskool

Prestasies van studente van die Akademie vir CVHO

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die Afrikaanse Kerke en die oorgawe van 1994

PERSRUBRIEK: 
Lotto en dobbelary 

Loerbroer

Die toorn van God

WÊRELDFOKUS: Vernuwing met grense

TESTATEUR EN LIED BESWAAR TEEN

DR J OOSTENBRINK UIT GKSA

Kommentaar: 
Marika de Klerk
 

Die Sataniese verleidende aanslag d.m.v. die instelling van die staatlotery (LOTTO)

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Laat U Naam geheilig word

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 1 Januarie 2002

REDAKSIONEEL

Al weer het 'n jaar verbygesnel. As mens agter die tyd wat verbygegaan het staan, is dit (ook vir ons as mense) soos 'n nagwaak (Ps 90: 4). Dis slegs die herinnerings wat oorbly. Die groot vraag is of ons die tyd uitgekoop het, dit wil sê, het ons altyd nougeset, nie as onwyses nie, maar as wyses gewandel in die besef dat die dae boos is? Het ons verstaan wat die wil van die Here is? Het ons in wysheid gewandel teenoor dié wat buite ons geloofsgemeenskap staan? (vgl Ef 5: 16, Kol 4: 5)

In elkeen se lewe was daar hoogte- en laagtepunte. Blydskap maar ook verdriet. Daar was rampe, dood en smart. Daar was ook die vreugde van liefde en trou wat ervaar is en nuwe lewe waaraan geboorte gegee is. Geslagte gaan en geslagte kom. Dis die kringloop van die tyd wat onder God se beskikking onverpoosd voortgaan.

As ons die balans opmaak, dan is daar baie negatiewe ondervindings as gevolg van die staatkundige bedeling waaronder ons bestaan. Die maat van misdaad, moord, roof en verkragtings is onmenslik hoog. Dit het ook nie aan ons eie mense verbygegaan nie. Die goddeloosheid in die vorm van seksuele bandeloosheid, dobbelary, korrupsie en tomelose hebsug vier hoogty. Dit is wat ons die afgelope jaar ervaar, en ons dag na dag ontstel en vererg het.

Het ons dit in die vrees van die Here belewe? Het ons dit in die krag van die geloof ervaar? Het dit ons teruggeroep na die onderhouding van die Here se gebooie en die nakoming van die eise vir die waaragtige diens aan Hom?

So staan ons aan die begin van 'n nuwe jaar, die jaar van ons Here: 2002. Dieselfde kringloop met hoogte- en laagtepunte. Misdaad en geweld gaan ook hierdie jaar weer daar wees. Ook vanjaar sal dit, menslik gesproke, weer 'n moeilike jaar wees. Maar in die perspektief van die Here se verbondstrou sal dit met die ware kinders van die Here goed gaan, hoe dit ook al sy!