|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 1 Januarie 2003
Die nuwe jaar AD 2003Die Here het dit so beskik dat die seisoene en jaargetye onverpoosd voortgaan totdat Hy sal weerkom op die wolke van die hemel, soos die engele by sy hemelvaart dit geprofeteer het. So staan ons weer voor 'n nuwe jaar met die uitdagings wat daarin opgesluit is. Met die oog daarop sê ons tot ons God en Vader in die hemel: "My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van voëlvanger, van die verderflike pes. Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser" (Psalm 91:2-4). Hiermee wil ons, saam met die lede van die redaksiekommissie, u 'n gelukkige jaar toewens in die beskerming van ons getroue God, die Beskikker van ons lotgevalle.
Ons vertrou en maak opnuut weer staat op die ondersteuning (moreel en finansieel) van ons lesers/intekenare-korps. Ons hoop en strewe is om hierdie jaar, net soos die afgelope ses jare, die leestof te verskaf wat u sal inlig oor die verwikkeling in die Afrikaanse kerklike en volksbestaan. Uiteraard is dit skerp antiteties en sterk behoudend gerig.
REDAKSIONEEL
Hierdie uitgawe is toegespits op aktuele aspekte van die bestaan. Ons het dit goedgedink om onder meer die saak van die Israelvisie te behandel omdat dit 'n toenemende probleem in ons volkslewe skep, as gevolg waarvan sommige ten onregte daarmee etiketteer word. Dit het al gebeur dat ons redaksie in dié hoek geplaas is met die nadelige gevolge daarvan.
Aangesien daar kopiereg op die agenda van Nasionale Sinode GKSA voorbehou is, kon ons nie in hierdie uitgawe uitvoerig op die gestelde sake ingaan nie. Ons sal wel in die volgende uitgawes daaroor rapporteer en ons kommentare lewer.
Ons sal graag inligting ontvang oor wat op plaaslike vlak in die kerke plaasvind, positief asook negatief. 'n Getroue intekenaar/leser van ons blad het 'n brief gestuur waarin hy sy bekommernis uiter oor die swak bywoning van eredienste in die algemeen, maar in die besonder die tweede dienste. Hy vra: "Wat is verkeerd met die GKSA? Waarom ervaar ons 'n vermindering van lidmate? Waarom ervaar ons 'n meelewing van 'n kerngroep wat om en by die 15% tot 25% van die totale lidmate behels? ... Moet ons nie weer 'n slag na ons kerkrade kyk nie? Ek verwys na ons onlangse aflegging van geloofsbelydenis deur agttien persone. Wat 'n wonderlike geleentheid. En toe ... die tweede diens. Wat 'n bitter teleurstelling - waar was die meeste van die aflegggers van die geloofsbelydenis? Huistoe om lekker te eet en te drink? Ek het die verskoning gehoor ...". Die brief was ongelukkig te lank om in hierdie uitgawe te publiseer. Wat hy geskryf het, daarmee stem ons egter saam en dit hou ons ingelig. Baie dankie!
Administratief
Hierdie uitgawe is die eerste van die sewende jaargang. Ons het helaas enkele persone, sommige op eie versoek en ander weens nalatige betaling, afgevoer van die lys van intekenare. Hulle wat nog nie vir die sesde jaargang betaal het nie (let op die syfer 5 agter die geadresserde se naam op die koevert) word vriendelik versoek om hul bydrae aan ons te laat toekom. Daarbenewens sal spoedige herintekening met 'n finansiële bydrae vir hierdie sewende jaargang op hoë prys gestel word.
EVOLUSIE EN DIE BYBEL
Kan hulle versoen word?
Outeur Pieter J Pelser
Stellenbosch: Bybeldenke Uitgewers
Die skrywer staan baie skepties teenoor die oerknalteorie waaruit die ontstaan van die hemelliggame, die son, maan en sterre asook die aarde, verklaar word. Hy beskryf dit onder meer as volg:Die oerknal is niks anders nie as 'n evolusionistiese droomwens. Die sekerheid waarmee hierdie teorie opgedis word, laat 'n mens eenvoudig in 'n toestand van verwondering. Verbeel jou dat enigiemand kan sê: "Fisici kan baie presies bereken hoe die heelal 'n miljoenste van 'n miljoenste van 'n sekonde ná die skepping gelyk het"! Is dit dan nie ongebreidelde arrogansie nie? Afgesien van wat ánder wetenskaplikes wat hierdie teorie nie aanvaar nie sê, gee Genesis te kenne dat God éérs die aarde geskep het, en daarná, op die vierde dag, die son en maan en sterre gemaak het. ...
Hoe is dit moontlik dat die hittegraad van die gewaande ontploffing in 'n breukdeel van 'n breukdeel van 'n sekonde so vinnig kon afneem? Dit neem af van 100 miljoen, miljoen, miljoen, miljoen, miljoen grade Celcius tot "slegs" 10 000 miljoen grade! Is die stelling nie verregaande nie? Hoe wéét fisici dit? En hoe kan hitte so asembenemend vinnig afneem? In 'n korter tyd as wat dit neem om jou oog te knip, het al daardie miljarde grade verdwyn! Die Bybel sê net dat die aarde bedek was met water, en dat dit voor die sesdaagse "vorming" woes en leeg was. Hitte? Geen water (waarvan die Bybel praat) sou gelyktydig met soveel hitte kon bestaan nie. Buitendien, geen fisikus was teenwoordig om te meet of te weet hoe dinge was nie. Ons word slegs vertel dat "... God gesien het dat dit goed was" - die enigste ooggetuie van die skepping!
Joubert - skrywer van Die Groot Gedagte - meld dat "... die Skepping self deur 'n oerontploffing se onbeteuelde geweld ingelui" is. Soos die skrywer hiervan in 'n debat op Stellenbosch oor hierdie onderwerp gesê het: Dit sal die eerste ontploffing in die geskiedenis wees wat tot orde gelei het in plaas van tot chaos.
Hannes Alfven, fiisikus en Nobelpryswenner, verklaar soos volg oor die oerknalteorie in die Los Angeles Times van Januarie 1979: "Ongelooflik, waansinnig en fanaties". Hy sê verder: "Indien beoordeel sonder vooroordeel en vergelyk met wat ons omtrent die heelal weet, sal die oerknalteorie ineen stort".Toe Alfven gevra is oor die totstandkoming van die elemente in die eerste halfuur van die knal, het hy volgens die redakteur gesê dat van slegs één element, naamlik helium, enige rekenskap gegee kan word. Hierdie aspek van die teorie behels 91 voorspellings, en slegs een is korrek. Dit beteken dan "... dat al die ander verkeerd is!" Waarom, wil die redakteur weet, word die teorie dan nie totaal verwerp nie?
Die oerknal is niks anders nie as 'n evolusionistiese droomwens. Die sekerheid waarmee hierdie teorie opgedis word, laat 'n mens eenvoudig in 'n toestand van verwondering. Verbeel jou dat enigiemand kan sê: "Fisici kan baie presies bereken hoe die heelal 'n miljoenste van 'n miljoenste van 'n sekonde ná die skepping gelyk het"! Is dit dan nie ongebreidelde arrogansie nie? Afgesien van wat ánder wetenskaplikes wat hierdie teorie nie aanvaar nie sê, gee Genesis te kenne dat God éérs die aarde geskep het, en daarná, op die vierde dag, die son en maan en sterre gemaak het. ...