|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 1 Januarie 2003
KERKLIKE JOERNAALSAKE OP DIE AGENDA VAN DIE NASIONALE SINODE GKSA 2003
Daar is 'n verskeidenheid sake wat gaan dien op die tafel van die Sinode GKSA, wat vanaf 6 Januarie 2003 in Potchefstroom byeenkom. Sonder aanspraak van volledigheid kan die volgende vermeld word:CHRISTEN-KARAKTER DALK NIE VOLHOUBAAR BY PU VIR CHO, Sê PROF AMIE VAN WYKBybelvertaling en -verspreiding.
Gravamen teen die goedkeuring van die 1983 vertaling van die Bybel (NAV) vir kerklike gebruik.
Rapport Deputate Diakonale Sake.
Rapporte Deputate Ekumenisiteit en Owerheid.Bybelmedia
Rapporte, Beswaarskrifte en Beskrywingspunte insake Emeritaatsversorging.
Sake rakende die Administratiewe Buro GKSA
Rapport Deputate vir Christelike Onderwys.
Rapport Deputate Jeugsorg.
Rapport Deputate Kerkargief en -museum.
Rapport van deputate leerstellige sake oor die verhouding Sondag en Sabbat.
Beswaarskrif teen die bewoording van KO, artikel 69. (Vrye liedere in die eredienste)
Beswaarskrifte pro en kontra die gebruik van kelkies tydens Nagmaalvierings.
Beswaarskrif teen besluite van die Sinode 1988 aangaande die Vrou in die Besondere Ampte.
Rapport van deputate Liturgiese Sake (Kerksang).
Rapport van die deputate Kerklike Media
Neels Jackson skryf in BEELD, op Vry-dag 20 September 2002, dat prof Amie van Wyk gepraat het oor die moontlikheid dat die PU vir CHO op die duur sy Christelike karakter nie kan behou nie. Dit is beskryf in Woord en Daad.Van Wyk verwys na mnr Kader Asmal, minister van onderwys, se voorgestelde vereniging van die PU en die Universiteit van Noordwes wat die volhoubaarheid van so 'n ideaal bemoeilik. Oor die toename in nie-Christenstudente vra Van Wyk of diegene wat in 1951, toe die PUK onafhanklik geword het, hulself in die voet geskiet het toe besluit is dat nie-Christenstudente aanvaar sou word.
Hy vra byvoorbeeld hoe Christelik 'n universiteit kan wees as party van sy lokale op Vrydae vir Moslem-byeenkomste beskikbaar gestel word. Só 'n versoek sou volgens hom kwalik geweier kon word in die lig van die goue reël om aan ander te doen wat jy graag aan jouself gedoen wil hê.
Daarby is die deur oop vir die aanstelling van al hoe meer nie-Christen-dosente.
Van Wyk sien vier opsies om die saak te hanteer: "abdikeer, konfronteer, privatiseer of innoveer". "Om te abdikeer sou lafhartig wees en ook ontrou aan almal wat soveel vir 'n grootse ideaal opgeoffer het. Om net te konfronteer, mag die PU vir CHO groot skade berokken.Om te privatiseer sal (finansieel) nie haalbaar wees nie, tensy natuurlik weer van voor af en op beskeie skaal begin word."