|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 1 Januarie 2003
KERKLIKE JOERNAALSO LYK REGERING SE FINALE PLAN VIR TERSIêRE ONDERWYSDie dagblad BEELD vermeld in sy uitgawe van Dinsdag 10 Desember 2002Noordwes: Die Potchefstroomse Universiteit (PU) en die Universiteit van Noordwes smelt saam. Die Vaaldriehoek-kampus van die PU moet die studente en personeel van die Sebokeng-kampus inkorporeer. Daar sal op lang termyn oorweeg word of die PU sy Vaaldriehoek-kampus behou. Vrystaat:onder andere, die volgende finale besluitneming vir tersiêre onderwys
vir die toekoms wat voorlê.
Die Technikon Vrystaat bly afsonderlik, terwyl die Welkom-kampus van die Vista-universiteit daarby geïnkorporeer word. Die Vrystaatse Universiteit word as afsonderlike instelling behou. Die Bloemfonteinse kampus van die Vista-universiteit en die Qua-Qua-kampus van die Universiteit van die Noorde skakel by hom in.

Gauteng:Die Universiteit van Pretoria (UP) bly 'n afsonderlike instelling. Die Vista-universiteit se Mamelodi-kampus kom by. Die Randse Afrikaanse Universiteit smelt saam met die Technikon Witwatersrand.
Wes-Kaap:Die Universiteit van Wes-Kaapland bly afsonderlik voortbestaan, sowel as die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van Stellenbosch.