Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die glybaan af ... òf die reformasiepad op?

AKTUEEL: Geweldskultuur in SA       

SKRIFOORDENKING:
Die enige ware God (Deut 6:4)

Die wyse manne uit die Ooste

Die vrou in die kerklike ampte?

Wat is 'n Lewenbeskouing?

Die Apostoliese Geloofsbeleidenis teenoor die Nuwe Hervorming

KERKLIKE JOERNAAL: 
Sake op die Agenda Sinode GKSA

Regeringsplan Tersiêre Onderwys

Vroue in die GKSA in ampte?

Beskrywingspunt PS Bosveld oor toekenning PU vir CHO eredoktorsgraad aan biskop Desmond Tutu

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Kommentaar op die manifes oor waardes, opvoeding en demokrasie

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Valse gelykheid

PERSRUBRIEK: 
Nog 'n parafraserende Bybel 

Kerklike besinning oor die persoon van Jesus Christus

Nie verskuilde agendas

Die "Israel-visie" - 'n verwronge Skrifbeskouing

Ewige rus in skadu van Voortrekkermonument

GESPREK MET LESERS: Evolusie en die Bybel

MEDIESE ETIEK: 
Gesondheidsrisiko en mediese fondse

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 1 Januarie 2003

KERKLIKE JOERNAAL

VROUE IN DIE GKSA IN DIE KERKLIKE AMPSBEDIENING?

Een van die brandende kwessies wat tydens die komende Sinode van die GKSA heftig bespreek sal word is ongetwyfeld die saak van vroue in die kerklike ampsbediening.

Prof Fika J van Rensburg van die TSP en dr Wim Vergeer, predikant van die gemeente Potchefstroom-Oos, vra in 'n beswaarskrif teen 'n Sinodebesluit van 1988, dat vroue wel tot die kerklike ampsbediening kan toetree.

Van die deputate wat deur die Sinode 2000 aangestel is om die posisie van die vrou in die kerk te ondersoek en die Sinode 2003 daaroor te adviseer, stem nie saam met die meerderheidsadvies nie en kom met 'n minderheidsvoorstel waarin die Sinode versoek word dat vroue tot aldrie ampte, predikant, ouderling en diaken, toegelaat sal word.