Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die glybaan af ... ňf die reformasiepad op?

AKTUEEL: Geweldskultuur in SA       

SKRIFOORDENKING:
Die enige ware God (Deut 6:4)

Die wyse manne uit die Ooste

Die vrou in die kerklike ampte?

Wat is 'n Lewenbeskouing?

Die Apostoliese Geloofsbeleidenis teenoor die Nuwe Hervorming

KERKLIKE JOERNAAL: 
Sake op die Agenda Sinode GKSA

Regeringsplan Tersięre Onderwys

Vroue in die GKSA in ampte?

Beskrywingspunt PS Bosveld oor toekenning PU vir CHO eredoktorsgraad aan biskop Desmond Tutu

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Kommentaar op die manifes oor waardes, opvoeding en demokrasie

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Valse gelykheid

PERSRUBRIEK: 
Nog 'n parafraserende Bybel 

Kerklike besinning oor die persoon van Jesus Christus

Nie verskuilde agendas

Die "Israel-visie" - 'n verwronge Skrifbeskouing

Ewige rus in skadu van Voortrekkermonument

GESPREK MET LESERS: Evolusie en die Bybel

MEDIESE ETIEK: 
Gesondheidsrisiko en mediese fondse

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 1 Januarie 2003

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY

DIE VALSE GELYKHEID

-  DR PW LIEBENBERG  -  PRETORIA   -

Węreldfokus, Radie Pretoria, Woensdag 5 November 2002

Hou mens met die jongste nuusgebeure tred, is daar sekere dinge wat opval. Een van die ooglopendste kenmerke van die huidige węreldtoneel is die heersende politieke, ekonomiese en maatskaplike onstabiliteit. Dit is asof mens tevergeefs na vaste punte in 'n woelende en krioelende węreld soek. Alles en almal woel om verandering en vir die oningewyde lyk dit na 'n groot deurmekaarspul waarvan nie kop of stert uitgemaak kan word nie.

Vir die Christen-gelowige behoort dit nie vreemd of skrikaanjaend te wees nie. Die Bybel voorspel dit tog in geen onduidelike taal nie. In 2 Timoteüs 3 word onder meer gesę: "Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het."

Is dit nie presies die kenmerke van die samelewing en die węreld van ons dag en ons tyd nie? En dan word nie net op oorsese samelewings en op ander volke gesinspeel nie. Is dit nie ook in 'n groot mate van toepassing op ons eie volk nie? Wie al ooit getwyfel het aan die werklikheid van die sondeval en die verwoesting wat dit op aarde aange-rig het, hoef maar net die węreldtoneel gade te slaan.

Nog nooit in die geskiedenis is daar soveel gepraat oor menseregte, volhoubare ontwikkeling en die bewaring van die omgewing as tans nie. Nog nooit in die geskiedenis is soveel spitsberade, konferensies, kongresse en simposiums oor hierdie onderwerpe gehou as in die afgelope dekade of twee nie en nog nooit is so min resultate behaal nie.

Pas is die grootste byeenkoms van sy soort in die geskiedenis en ook die duurste in die omgewing van Johan-nesburg gehou. Dit het die Suid-Afrikaanse belastingbetaler, volgens inligting wat in die Parlement verstrek is, oor die R 500 miljoen gekos, byna R 200 miljoen meer as waarvoor begroot is.

Die indruk is dat daar min konkrete gevolge vir die omgewing en volhoubare ontwikkeling uit hierdie beraad gaan voortvloei. Dit was eerder 'n uithang-geleentheid vir die ANC-regering en 'n gespog met 'n land wat in elk geval onder die sogenaamde apartheidbedeling opgebou is en wat hulle fluks besig is om te vernietig. Verder het dit aan grootmond-diktators soos Mugabe, geleentheid gebied om hul onwelriekende stoom voor 'n internasionale gehoor te kom afblaas.

Die kern van die probleem van chroniese onrus, konflik, ontwrigting, onstabiliteit en die voortspruitende negatiewe gevolge vir die natuur en omgewing, is nooit aangeraak nie. Dit is naamlik die mens se oersonde om self beskikker oor sy eie lot te wil wees, om self god te wil wees. Trouens, dit is die kenmerk van elke ideologie en heidense religie, naamlik dat dit aan sy volgelinge die paradys belowe, die volmaakte toestand van waarin almal gelyk sal wees en in vermeende geluksaligheid sal lewe. Hierdie ideologieë en valse religieë verwerp God se skeppingsordonansies en stel hulleself in die plek daarvan. Alles word skeefgetrek en uit verband geruk. Die verskille tussen die geslagte moet doelbewus en kunsmatig uitgewis word. Geslagsgelykheid  - 'n goeie ding as dit gelyke geleenthede en bevordering volgens meriete beteken - word verabsoluteer en tot 'n ideologiese slagspreuk verhef. Uiteindelik is dit in verset teen die verskille - liggaamlik en emosioneel - wat God bepaal het. Die gevolg daarvan is 'n samelewing waarin van die huwelik as Goddelike instelling 'n klug en bespotting gemaak word en waarin hierdie basiese bousteen van 'n Christelike volk en samelewing verbrokkel en groter probleme skep as wat dit oplos. Die verskille tussen kinders en volwassenes word op doelbewuste wyse verklein.

Onder die nuwe godsdiens van menseregte word kinders en selfs kleuters nou as "young adults" bestempel en met dieselfde regte as volwassenes toebedeel ongeag of hulle emosioneel of temperementeel daartoe in staat is om sodanige "regte" verantwoordelik te kan hanteer. Ouerlike tug en straf word nou vir ouers 'n toenemend riskante onderneming. Enigiemand, bure of vreemdelinge, kan ouers wat onder sekere omstandighede lyfstraf toepas, bloot op hoorsę van menseregteskendings verkla. Erger nog, die kinders self het ingevolge hierdie ideolgie van menseregte, die reg om hulle ouers te verkla. Dat daar wel teen werklike gevalle van kindermishandeling opgetree moet word, is wis en seker. Dit gaan hier egter om 'n doelbewuste poging om ouerlike gesag af te takel sodat ouers nie meer waardes en beginsels, wat vir die oorheerser met sy valse ideologie 'n bedreiging vorm, aan hul kinders kan oordra nie. Verder is die doel om 'n tipe kind sonder lewensbeskoulike inhoud na die staatskool te stuur waar hy/sy met die ideologiese waardes en denkbeelde van die oorheerser geďndoktrineer kan word.

Om dieselfde rede word die onderwyser as opvoeder en oordraer van Christelike waardes doelbewus aan bande gelę en word hy die werktuig van die staat om die kind met die waardes van die staatsideologie te vul en tot 'n geesfdriftige lid van die "nuwe nasie" te omvorm. Die gesagsverhouding waarin die onderwyser en kind vanuit die Christelike perspektief staan, word soos in die ouer-kindverhouding, afgeskaal tot 'n tipe vennootskap waarin die kind dikwels dikteer.

Dieselfde geld die verhouding tussen werkgewer en werknemer. Of dit nou die fabrieksbestuur en sy werkers, die boer en sy plaaswerkers of die huisvrou en haar huishulp is, tradisionele gesagsverhoudinge moet vernietig en met 'n humanistiese gelykheidsverhouding vervang word. Daar is weinig begrip vir die feit dat die een party die risikos van entrepeneurskap moet loop en in hierdie proses werk en inkomste aan X-aantal mense verskaf. Die werkgewer is per definise in die rol van kapitalis en uitbuiter, en die werkers in die rol van uitgebuitenes wie se regte bo alles beskerm en beveilig moet word. Alles geskied onder 'n demokratiese dekmantel. Aangesien die werkers altyd oor 'n getallemeerderheid bo die bestuur of enkeling-werkgewer beskik, is die bestuur of werkgewer aan hulle giere, grille en eise uitgelewer. Op dieselfde wyse word 'n ganse staat onder die dekmantel van een-mens-een-stem oorgeneem en aan die magswillekeur van 'n ideologies gemanipuleerde gepeupel oorgelaat. Op die internasionale vlak geld 'n soortgelyke slagspreuk van een-land-een-stem ten einde die horde onderontwikkelde state in staat te stel om seggenskap en beheer oor die produksiemiddele en reserwes van die ontwikkelde state te kry.

Die grootste enkele oorsaak van die endemiese rasse-en etniese konflik in die węreld is egter die Humanisme se miskenning van rasse-, etniese- en volkereverskille. Die doelbewuste pogings van magte en owerhede wat met hier-die ideologie besiel is om nie alleen dit te misken nie, maar om dit doelgerig te probeer uitwis, veroorsaak węreldwyd verset en bloedvergieting.

In ons eie land word ongeëwenaarde pogings aangewend om God se skeppingsordonansies omver te werp. Daar word probeer om die Godgewilde verskille te misken en uit te wis en om 'n samelewing gebou op 'n valse gelykheidswaan tot stand te bring. Die taak van elke Christen-gelowige volksgenoot is om grense duideliker as ooit te trek. Dit sluit veral in daardie grense wat ons as 'n volk van alle ander volke en groepe onderskei. Die goeie nuus is dat elke węreldse gelykmakingspoging in die geskiedenis hom teen die grense en verskille wat God in sy skepping ingebou het, te pletter geloop het.