Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die glybaan af ... òf die reformasiepad op?

AKTUEEL: Geweldskultuur in SA       

SKRIFOORDENKING:
Die enige ware God (Deut 6:4)

Die wyse manne uit die Ooste

Die vrou in die kerklike ampte?

Wat is 'n Lewenbeskouing?

Die Apostoliese Geloofsbeleidenis teenoor die Nuwe Hervorming

KERKLIKE JOERNAAL: 
Sake op die Agenda Sinode GKSA

Regeringsplan Tersiêre Onderwys

Vroue in die GKSA in ampte?

Beskrywingspunt PS Bosveld oor toekenning PU vir CHO eredoktorsgraad aan biskop Desmond Tutu

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Kommentaar op die manifes oor waardes, opvoeding en demokrasie

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Valse gelykheid

PERSRUBRIEK: 
Nog 'n parafraserende Bybel 

Kerklike besinning oor die persoon van Jesus Christus

Nie verskuilde agendas

Die "Israel-visie" - 'n verwronge Skrifbeskouing

Ewige rus in skadu van Voortrekkermonument

GESPREK MET LESERS: Evolusie en die Bybel

MEDIESE ETIEK: 
Gesondheidsrisiko en mediese fondse

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 1 Januarie 2003

NOG 'N PARAFRASERENDE AFRIKAANSE VERTALING VAN DIE BYBEL BEKENDGESTEL

Neels Jackson vermeld in BEELD van Vrydag 8 November 2002, dat Afrikaans sy derde volledige vertaling van Die Bybel uit die grondtale gekry het met die bekendstelling van Die Boodskap, wat nou ook die volledige Ou Testament bevat.

Anders as die amptelike vertalings van die Bybelgenootskap wat in 1933 en 1983 verskyn het, is Die Boodskap 'n private initiatief van die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM).

Van die oorspronklike Die Boodskap wat eers net die Nuwe Testament en later ook die Psalms en Spreuke bevat het, is sowat 120 000 eksemplare verkoop, het prof Jan van der Watt, mederedakteur van Die Boodskap gesê.

Met die hulp van Ou Testamentici in die NG Kerk, die Apostoliese Geloofsending en die Hervormde Kerk is die volledige Ou Testament nou bygevoeg. Van der Watt noem dit 'n "kommunikasieteks wat maklik lees".

In dié vertaling is daar nie probeer om woord vir woord te vertaal nie, maar om die betekenis van die oorspronklike tekste in eietydse Afrikaans weer te gee op só 'n manier dat die leser vandag presies dieselfde boodskap daaruit sal kry as die oorspronklike leser uit sy teks. Die klem val op vloeibaarheid. Anders as die Bybels van die Bybel-genootskap is die teks nie in kolomme opgedeel nie. Die gedagte is dat 'n mens dit soos 'n gewone boek in sy geheel moet kan lees, pleks van net versies op hulle eie lees, het prof Van der Watt gesê.

Die aanduidings van individuele teksverse wat in die vorige uitgawes van Die Boodskap weggelaat is, word egter nou teruggebring sodat mense makliker daarin kan naslaan en dit ook in die kerk kan gebruik, het Van der Watt gesê, aldus Neels Jackson, in BEELD.