|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 1 Januarie 2003
Die Hervormer van 1 Desember 2002 rapporteer oor die vergadering van die Tussenkerklike Kommissie (TKK) wat op 5 en 6 November 2002 gehou is, besin is oor die Bybelse boodskap aangaande die persoon van Jesus Christus as deel van die voortgaande besinning oor basiese belydenisaangeleenthede. Dié vergadering is bygewoon deur afgevaardigdes van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika, Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika.KERKE BESIN DIEPGAANDE OOR DIE PERSOON VAN JESUS CHRISTUS
Tydens die bespreking oor die persoon van Jesus is daar aandag gegee aan die basiese sake wat die kerke oor Hom bely, hoe dit in die Bybel begrond word, hoe dit in die belydenisskrifte neerslag gevind het en hoe dit in die huidige teologiese debat na vore kom.
Die Tussenkerklike Kommissie het opnuut die die volgende grondliggende oortuigings aangaande Jesus Christus beklemtoon:
Ons glo dat Jesus Christus deur God na Hierdie wêreld gestuur is en ongeveer 2000 jaar gelede as mens op aarde geleef het.
Ons glo dat Jesus die Christus is in wie die verkondigings en verwagtings van die Ou Testament vervul is.
Ons glo dat Jesus Christus Verlosser is deur sy lewe, boodskap, dood en opstanding. Hy is die volkome en enigste Verlosser en sy kruisdood en opstanding het unieke heilsbetekenis vir almal wat in Hom glo.
Ons glo dat Jesus Christus nie net ware volkome mens is nie, maar tegelyk ook ware en volkome God.
Ons glo dat Jesus Christus die Here is. Hy is die Hoof van die kerk en die hele skepping. Aan Hom is alle mag gegee.
Die Tussenkerklike Kommissie het in die bespreking ook aan die historiese Jesusnavorsing aandag gegee. Die Kommissie is daarvan oortuig dat ons belydenis oor die maagdelike geboorte van Jesus, sy wonders, sy opstanding en hemelvaart, nie afhanklik is van die soort historiese bewysvoering wat in hierdie kringe gebruik word nie. Ons bely die werklikheid van wat in hierdie verkondigings deur die Woord van die lewende God aan ons gekommunikeer word.
Daarom buig ons alleen in geloof voor die onverklaarbaarheid van die voorgeboortelike bestaan van Jesus, die wonder van sy menswording, die misterie van sy aardse lewe, die krag van sy kruisdood en opstanding en die heerlike verwagting van sy wederkoms.
van 1 Desember 2002 rapporteer oor die vergadering van die Tussenkerklike Kommissie (TKK) wat op 5 en 6 November 2002 gehou is, besin is oor die Bybelse boodskap aangaande die persoon van Jesus Christus as deel van die voortgaande besinning oor basiese belydenisaangeleenthede. Dié vergadering is bygewoon deur afgevaardigdes van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika, Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika.Tydens die bespreking oor die persoon van Jesus is daar aandag gegee aan die basiese sake wat die kerke oor Hom bely, hoe dit in die Bybel begrond word, hoe dit in die belydenisskrifte neerslag gevind het en hoe dit in die huidige teologiese debat na vore kom.