Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die glybaan af ... òf die reformasiepad op?

AKTUEEL: Geweldskultuur in SA       

SKRIFOORDENKING:
Die enige ware God (Deut 6:4)

Die wyse manne uit die Ooste

Die vrou in die kerklike ampte?

Wat is 'n Lewenbeskouing?

Die Apostoliese Geloofsbeleidenis teenoor die Nuwe Hervorming

KERKLIKE JOERNAAL: 
Sake op die Agenda Sinode GKSA

Regeringsplan Tersiêre Onderwys

Vroue in die GKSA in ampte?

Beskrywingspunt PS Bosveld oor toekenning PU vir CHO eredoktorsgraad aan biskop Desmond Tutu

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Kommentaar op die manifes oor waardes, opvoeding en demokrasie

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Valse gelykheid

PERSRUBRIEK: 
Nog 'n parafraserende Bybel 

Kerklike besinning oor die persoon van Jesus Christus

Nie verskuilde agendas

Die "Israel-visie" - 'n verwronge Skrifbeskouing

Ewige rus in skadu van Voortrekkermonument

GESPREK MET LESERS: Evolusie en die Bybel

MEDIESE ETIEK: 
Gesondheidsrisiko en mediese fondse

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 1 Januarie 2003

DIE "ISRAEL-VISIE"  -  'N VERWRONGE SKRIFBESKOUING

'n Berig in BEELD, Maandag 2 Desember 2002, verwys na 'n "Boeremag"  wat met politieke "verregses'' verbind is, wat aanhangers van die ''Israel-visie'' is.   Ons beskik oor 'n kommentaar op die Israelvisie wat enkele dekades gelede deur 'n predikant van die AP Kerk, ds André E van den Berg, geskryf is, wat ons na aanleiding van die berig in BEELD en ter inligting van ons lesers hiermee saam publiseer. Die skrywer van dié berig, Jan Taljaard, beskryf die saak van die "Boeremag" onder meer as volg:

'n Verwronge geloof wat verregse geweldsdade reeds langer as 'n dekade met mekaar verbind, het waarskynlik 'n beduidende invloed op die samestelling en oortuigings van die sogenaamde Boeremag.

Die invloed van die Israelvisie-sekte blyk onder meer uit die E-posadres en stellings van 'n vermeende segspersoon van dié ekstremistiese terreurgroep. Die E-pos is die naweek aan verskeie media-instellings gestuur. Die skrywer noem homself Naftali Ben Elohiem, 'n verwysing na die sesde seun van die Bybelse figuur Jakob en volgens oorlewering 'n stamvader van een van die verlore stamme van Israel.

Die geloof dat wit Afrikaners nasate van die verlore stamme is en weer eendag hul beloofde land sal terugneem, is een van die sentrale hoekstene van die Israelvisie.

Sy E-posadres is BM144 000, 'n waarskynlike afkorting van Boeremag en 'n verwysing na die 144 000 uitverkorenes van Openbaring, nóg 'n teksgedeelte wat telkens in die geskrifte van die Israelvisie opduik.

Uit hul fundamentalistiese uitleg van Bybeltekste poog aanhangers om te bewys dat swart mense as 't ware nie mense is nie, maar "wilde diere van die veld" of deel van 'n "addergeslag" wat ontstaan het ná gemeenskap tussen "diere" en die duiwel.

Elohiem (ook Elohim gespel) is die naam wat aanhangers van die geloof gebruik vir die God van Genesis. Die woordvoerder van die Boeremag het die naweek in sy skrywe daarna verwys dat "operasie Elohiem" nou sy tweede, meer gewelddadige fase betree.

In verskeie teksverse word daar na Naftali en sy afstammelinge as vermaarde krygers verwys terwyl die naam volgens die Bybel beteken dit is iemand wat "uit 'n bittere stryd gebore is".

Nog 'n gunstelingvers word in Jesaja aangetref waar gesê word die gebiede van Naftali is in die verlede verneder, maar dat die Here in die toekoms die gebied in ere sal herstel.

Die Israelvisie as ideologiese stut vir verregse geweld het reeds in 1988 te voorskyn gekom toe Barend Strydom swart mense in die middestad van Pretoria doodgeskiet het. In sy hofsaak het hy getuig dat hy 'n aanhanger van dié sekte is en nie glo dat swartes mense is nie.

Tot sover die berig van Jan Taljaard in BEELD.

"Die Israelvisie huldig 'n tipe van Wit Teologie wat net so ver van die Skrif en Gereformeerde Belydenisskrifte verwyderd staan as byvoorbeeld sy teenpool, die Swart Teologie", aldus ds André van den Berg in sy pamflet: "Die Dwaling van die Israel Visie". Hy motiveer dit as volg:

Ten spyte van die talle verskille waarmee daar ook objektief rekening gehou moet word, is alle mense, ongeag hul ras of kleur, as sondaars voor God gelyk. Jesus is die weg, die waarheid en die lewe vir almal. Vir die blanke is daar 'n veel gesonder basis waarop hy sy reg kan grond om in die volkerewêreld homself te wees, te bly en te ontwikkel, as om dit te grond op 'n soort Wit Teologie.Dieselfde kan ook van die nie-blanke gesê word. Nòg die Wit, nòg die Swart Teologie is Skrifgefundeerd en berokken die Christelike geloof en behoudende teologie groot skade.

'n Ander Evangelie

Die Evangelie van Jesus Christus is 'n evangelie van genade. Die Skrif ken geen ander evangelie nie. Wie 'n ander een verkondig, kom met die Skrif in botsing soos die geval met die Israelvisie. Vir hulle gaan dit in die eerste plek nie soseer om genade nie, maar om 'n ras wat deur God uitverkies is - nie "grace" nie maar "race"! Die Israelvisie erken dat hulle met 'n ander veronderstelde blye boodskap besig is en bring dit in verband met Matteüs 24:14: "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom".

Die yweraars vir die Israelvisie sien hul opgelegde taak na aanleiding van 'n profesie in Jeremia 16:16: "Kyk, Ek stuur baie vissers, spreek die H

'n Verwronge geloof wat verregse geweldsdade reeds langer as 'n dekade met mekaar verbind, het waarskynlik 'n beduidende invloed op die samestelling en oortuigings van die sogenaamde Boeremag.

Die invloed van die Israelvisie-sekte blyk onder meer uit die E-posadres en stellings van 'n vermeende segspersoon van dié ekstremistiese terreurgroep. Die E-pos is die naweek aan verskeie media-instellings gestuur. Die skrywer noem homself Naftali Ben Elohiem, 'n verwysing na die sesde seun van die Bybelse figuur Jakob en volgens oorlewering 'n stamvader van een van die verlore stamme van Israel.

Die geloof dat wit Afrikaners nasate van die verlore stamme is en weer eendag hul beloofde land sal terugneem, is een van die sentrale hoekstene van die Israelvisie.

Sy E-posadres is BM144 000, 'n waarskynlike afkorting van Boeremag en 'n verwysing na die 144 000 uitverkorenes van Openbaring, nóg 'n teksgedeelte wat telkens in die geskrifte van die Israelvisie opduik.

Uit hul fundamentalistiese uitleg van Bybeltekste poog aanhangers om te bewys dat swart mense as 't ware nie mense is nie, maar "wilde diere van die veld" of deel van 'n "addergeslag" wat ontstaan het ná gemeenskap tussen "diere" en die duiwel.

Elohiem (ook Elohim gespel) is die naam wat aanhangers van die geloof gebruik vir die God van Genesis. Die woordvoerder van die Boeremag het die naweek in sy skrywe daarna verwys dat "operasie Elohiem" nou sy tweede, meer gewelddadige fase betree.

In verskeie teksverse word daar na Naftali en sy afstammelinge as vermaarde krygers verwys terwyl die naam volgens die Bybel beteken dit is iemand wat "uit 'n bittere stryd gebore is".

Nog 'n gunstelingvers word in Jesaja aangetref waar gesê word die gebiede van Naftali is in die verlede verneder, maar dat die Here in die toekoms die gebied in ere sal herstel.

Die Israelvisie as ideologiese stut vir verregse geweld het reeds in 1988 te voorskyn gekom toe Barend Strydom swart mense in die middestad van Pretoria doodgeskiet het. In sy hofsaak het hy getuig dat hy 'n aanhanger van dié sekte is en nie glo dat swartes mense is nie.

Tot sover die berig van Jan Taljaard in BEELD.

"Die Israelvisie huldig 'n tipe van Wit Teologie wat net so ver van die Skrif en Gereformeerde Belydenisskrifte verwyderd staan as byvoorbeeld sy teenpool, die Swart Teologie", aldus ds André van den Berg in sy pamflet: "Die Dwaling van die Israel Visie". Hy motiveer dit as volg:

Ten spyte van die talle verskille waarmee daar ook objektief rekening gehou moet word, is alle mense, ongeag hul ras of kleur, as sondaars voor God gelyk. Jesus is die weg, die waarheid en die lewe vir almal. Vir die blanke is daar 'n veel gesonder basis waarop hy sy reg kan grond om in die volkerewêreld homself te wees, te bly en te ontwikkel, as om dit te grond op 'n soort Wit Teologie.Dieselfde kan ook van die nie-blanke gesê word. Nòg die Wit, nòg die Swart Teologie is Skrifgefundeerd en berokken die Christelike geloof en behoudende teologie groot skade.

'n Ander Evangelie

Die Evangelie van Jesus Christus is 'n evangelie van genade. Die Skrif ken geen ander evangelie nie. Wie 'n ander een verkondig, kom met die Skrif in botsing soos die geval met die Israelvisie. Vir hulle gaan dit in die eerste plek nie soseer om genade nie, maar om 'n ras wat deur God uitverkies is - nie "grace" nie maar "race"! Die Israelvisie erken dat hulle met 'n ander veronderstelde blye boodskap besig is en bring dit in verband met Matteüs 24:14: "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom".

Die yweraars vir die Israelvisie sien hul opgelegde taak na aanleiding van 'n profesie in Jeremia 16:16: "Kyk, Ek stuur baie vissers, spreek die HERE, wat hulle sal vang, en daarna sal Ek baie jagters stuur wat hulle sal opjaag, van elke berg en van elke heuwel en uit die klipskeure". In die lig hiervan sien hulle dit hul taak om die Westerse Europese Protestantse blankes bewus te maak van hulle eintlike afkoms - die sogenaamde "verlore tien stamme" van Israel. Die "vissers en jagters" van Jeremia 16:16 kan ironies genoeg nie dui op die leraars van die Israelvisie nie, aangesien dit 'n beeldsprakige aanduiding vir die vyande van Juda is.

God se belofte aan Abraham

1. Fisiese nagslag.

Die Israelvisie verwys graag na God se beloftes aan Abraham: "... want Ek maak jou 'n vader van 'n menigte van nasies" (Gen 17:5). Volgens hulle word hierdie belofte vervul wanneer 'n menigte van nasies as gevolg van die verstrooiing van die tien stamme ontstaan. Hulle slaan die bal egter mis. Genesis 17 wil slegs God se grote genademag deur 'n verouderde kinderlose persoon aantoon. Uit Abraham is daar inderdaad fisies baie volke gebore: Israel (met twee ryke en baie konings); Ismael; volke uit sy tweede vrou Ketura (Gen 25:1-4) en dan ook nog die Edomiete.

2. Geestelike nageslag.

Die feit dat Abraham ook 'n geestelike nageslag het, mag nooit uit die oog verloor word nie. Hiervan wil die Israelvisie natuurlik niks weet nie, want dan val die aksent op "grace" en nie op "race" nie. Hoe moet ons hierdie geestelike nageslag dan verstaan? In Genesis 12:3 lees ons: "... en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word". Al die geslagte! Dus nie beperk tot sy eie fisiese nageslag nie, maar oneindig verder. Abraham sou die aartsvader van hierdie seën wees wat in Christus sy volle verwesenliking gevind het."Daarom is dit uit die geloof, sodat dit volgens genade kan wees en die belofte kan vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat uit die wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal - soos geskrywe is: Ek het jou 'n vader van baie nasies gemaak ..." (Rom 4:16,17). Die duidelikste getuienis vir die "geestelike Israel" vind ons in Galasiërs 3:29: "En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename".

3. Ook vir die heidene.

Om die saligheid slegs tot die fisiese Israel te wil beperk, is nie net 'n aanranding van God se genade nie maar dit deurstaan ook nie die toets van die Skrif nie. "En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abra-ham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word" (Gal 3:8). Hieruit blyk duidelik dat al die gelowiges, hetsy fisiese afstammelinge van Abraham of bekeerdes uit die heidene, saam die geestelike Israel vorm. Is dit dan ook nie dat Paulus onder andere in Galasiërs 6:6 sy groete rig: "En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God" nie? In sy kommentaar op Galasiërs gee William Hendriksen die antwoord: "Upon all of God's true Israel, Jew or Gentile, all who truly glory in the cross, the blessing is pronounced".

Spekulasies

Die Israelvisie is oorspronklik Brits-Israelisme genoem as gevolg van die poging in die negentiende eeu om die voorsate van die Britse volk en veral sy vorstehuis terug te voer tot by die troon van Dawid. Die woord British is gesien as 'n afleiding van die Hebreeuse woord "Beïr" = verbond en "ish" = man. "Man van die verbond" is dus sonder twyfel Israel! Dit is maar een van die talle onsinnige en wilde volkekundige en taalkundige spekulasies. Nog meer onsinnig is die aanduiding van die ou Saksers en Skitliërs as die seuns van Isak. Die Dene kom van die stam Dan (Danmark) en die Amerikaners van die ou Assiriërs omdat dié ook 'n uitsonderlik groot nasie was. Geen een van hierdie argumente is egter histories wetenskaplik verantwoord nie.

Skeiding tussen Israel en Juda

Om tot al die detail oor Israel se tien stamme - nageslag te kom, word daar uitgegaan van die skerpe skeiding tussen Israel en Juda. Die Britte en ander Europese volke is dan die afkomslyn van Israel, terwyl die Jode in die afkomslyn van Juda is. Nêrens leer die Bybel so 'n skerpe skeiding nie. Wat eerder waar is, is dat die huis van Juda ná die wegvoering na Babilonië dikwels as Israel aangespreek word (vgl Jer 2:31; 5:15; 10:1; 14:8; 17:13; Eseg 3:4; 11:5; 17:2; 20:27). In Handelinge 2:22 en 23 lees ons dat Petrus op Pinksterdag sy Joodse gehoor aanspreek as Israeliete.

Die Israelvisie is egter daarop gesteld dat Israel en Juda baie skerp van mekaar onderskei moet word en dat dié skeiding vandag nog geld. Volgens hulle was dit nie Israel wat Jesus gekruisig het nie, maar Juda. Hulle leer ook dat Judas die enigste Jood onder die dissipels was en daarom vir Jesus verraai het. Opgesom: Israel is goed en Juda is sleg. En nou blameer hulle die kerk omdat hy Jesus as 'n Jood sien terwyl Hy, volgens hulle, eerder 'n Judeër was.

Hoe moet ons dan oordeel oor Skrifgetuienis wat in die Nuwe Testament dieselfde mense wat 174 keer Jode genoem word 75 keer Israel noem?! Wie is nou reg: Die Israelvisie of die Bybel?

Die sogenaamde "Verlore" Tien Stamme

1. Agtergrond

Die hele teologie van die Israelvisie is op 'n hipotese gegrond. ('n Hipotese is 'n onbewese stelling wat moet dien as grondslag vir redenering.) In sy boek "Die Verlore Tien Stamme van Israel", noem FWC Neser hierdie hipotese egter 'n groot onthulling en verklaar voorts: "Ons glo dat elke eerlike soeker na die waarheid tot die GROOT ONTDEKKING sal kom dat die kern van die Westerse blanke Protestantse nasies van vandag die letterlike afstammelinge van daardie TIEN STAMME van Israel is" (bl 3).

In ons land moet die blanke Suid-Afrikaners ook tot die ontdekking gebring word dat hulle ware Israeliete is. Hulle moet die Bybel vanuit 'n ander oog begin lees - eksklusief hulle s'n! Hiermee skep die Israelvisie 'n gevaarlike vorm van aggressiewe rassegevoel wat weer die voedingsbron vir 'n bedenklike meerderwaardigheidskompleks vorm.

Maar waar kom die Israelvisie aan die gedagte van die sogenaamde "verlore tien stamme" van Israel? In 2 Konings 17 lees ons van die tien stamme (huis van Israel) wat (in 721 vC) na Assirië weggevoer is. Volgens die Israelvisie het hulle nooit weer teruggekeer nie en in Europa verspreid geraak. Die stamme van Juda en Benjamin (huis van Juda) wat (in 604 vC) na Babilon weggevoer is, het egter wel ná ongeveer vyftig jaar teruggekeer.

2.1. Foutiewe aanname

Die aanname dat die tien stamme van Israel nie teruggekeer het nie, is nie korrek nie. Die Skrif bied genoeg bewyse dat die tien stamme wel teruggekeer het. Hiermee verbrokkel nie net die fondament van die Israelvisie nie, maar stort ook dié ganse teologie in duie. Kom ons let op die Skrifbewyse.

Nadat die Persiese magte daarin geslaag het om die eens magtige Babiloniese Ryk te vernietig, het Kores, die Persiese koning, 'n skriftelike oproep dwarsdeur sy nuwe wêreldryk laat gaan wat in 2 Kronieke 36:23 opgeteken staan: "Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort - mag die HERE sy God met hom wees, en laat hom optrek!" Maar hoe weet ons dat die tien verstrooide stamme in Kores se nuwe ryksgebied woonagtig was? Die Skrif bevestig dit in 2 Konings 17:6: "In die negende jaar van Hosea het die koning van Assirië Samaria ingeneem en Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië". Ná die Persiese oorwinning het hierdie gebied deel van Kores se nuwe ryk uitgemaak (vgl Bakers Bible Atlas).

2.2. 'n Grootskaalse hervestiging

Die Skrif bied vir ons talle bewyse dat die tien stamme van Israel inderdaad teruggekeer het. Let veral op Esra 2:70: "So het dan die priesters en Leviete en van die volk en die sangers en die tempelbediendes in hulle stede gaan woon, en die hele Israel in hulle stede". Let wel: die hele Israel! Die oorgrote meerderheid het hulle wel hervestig. Dit is nie te betwyfel dat daar wel sommige was wat uit vrye wil agtergebly het nie, maar dit is geensins ter sake nie. Hulle was egter so 'n klein gedeelte van Israel dat Esra in hoofstuk 3:1 opmerk: "En toe die sewende maand aankom en die kinders van Israel in die stede was, het die volk soos een man in Jerusalem byeengekom". Let wel: soos een man - asof niemand ontbreek het nie.

Die profeet Jeremia vermeld twee profesieë wat die huis van Juda en die huis van Israel uit die destyds heersende ballingskap sien terugkeer. Eerstens hoofstuk 3:18: "In die dae sal die huis van Juda gaan na die huis van Israel, en hulle sal saam uit die Noordland kom in die land wat Ek aan hulle as erfenis gegee het". Tweedens hoofstuk 50:4: "In die dae en in die tyd, spreek die HERE, sal die kinders van Israel kom, hulle met die kinders van Juda saam; onder geween sal hulle voorttrek en die HERE hulle God soek".

Esra is net so duidelik oor die terugkeer van die tien stamme. "Hulle wat uit die gevangenskap gekom het, die seuns van die ballingskap, het brandoffers gebring aan die God van Israel: twaalf bulle vir die hele Israel ... dit alles as brandoffers aan die HERE" (Esra 8:35).

2.3. Getalle spreek!

Esra 2:64 en Nehemia 7:66 stel die getal teruggekeerdes op 42 360 - byna vier keer meer as dié wat ongeveer vyftig jaar tevore Juda in ballingskap verlaat het. Hou ook in gedagte dat al die weggevoerdes nie teruggekeer het nie - dat sommige deur ondertrouery of watter ander rede ookal, onder die Babiloniërs geassimileer geraak het. Die getal van 42 360 is net te hoog dat dit alleen diegene uit die stam van Juda en Benjamin sou bevat het. Daar moes dus van die ander stamme ook by gewees het.

Ná die ballingskap lees ons in 1 Kronieke 9:3: "En in Jerusalem het gewoon van die seuns van Juda en van die seuns van Benjamin en van die seuns van Efraim en Manasse ...". Waar wil ons dit nou duideliker uitgespel hê? Daar was dus lede van die tien stamme ook!

2.4. Nuwe Testamentiese getuienis

Die Nuwe Testament bied ook vir ons kosbare getuienis om die dwaling van die "verlore" tien stamme te bestry. In Lukas 2:36 word vir ons genoem dat Anna, 'n profetes ten tye van Jesus se geboorte uit die stam van Aser was. In Matteüs 4:13 word vermeld dat Jesus gaan woon het in Kapernaüm"in die gebied van Sébulon en Náftali". Genoemde stamme sou nie meer vermeldingswaardig gewees het indien hulle bykans 800 jaar tevore laas daar gewoon het nie. Dié omstreke moes dus die gebied van hulle hervestiging gewees het!

In Matteüs 10:5 en 6, asook 15:24, word daar melding gemaak van die "verlore skape van die huis van Israel". Dit het niks met die mite van die verlore tien stamme te doen nie. Matteüs beklemtoon slegs die volk Israel se verwerpng van Jesus. Dit gaan hier nie oor volkekundige verlorenheid nie maar eerder oor in-sonde-verlorenheid.

2.5 Paulus en die Sendbriefskrywers

Paulus het niks van die mite van die verlore tien stamme geweet nie. In Handelinge 26:7 getuig hy: "...waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom". Paulus praat van die Israeliete van sy tyd - twaalf stamme!

Die Israelvisie leer foutiewelik dat Paulus en die ander apostels presies geweet het waar die "verlore tien stamme" hulle destyds bevind het. Hulle gaan selfs verder en beweer dat Paulus tydens sy sendingsreise die Evangelie uitsluitlik net aan hierdie stamme bedien het en nie aan andersvolkiges nie. Wanneer die sendbriefskrywers hul briewe aan die verstrooides rig, is dit vir die Israelvisie identies met die beweerde verlore tien stamme. Dit is egter nie waar nie.

Die verstrooiing waarvan Petrus en Jakobus praat, het begin net ná Stefanus se marteldood. Groepe het uit vrees vir martelaarskap uitmekaar gespat en oor die destydse bekende wêreld verstrooid geraak. God het daarmee 'n doel gehad: Die evangelie van Jesus Christus moes versprei word. Dat hierdie verstrooiing niks met die Assiriese ballingskap te doen gehad het nie, spreek duidelik uit die pen van Jakobus self: "Jakobus ... aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!" (Jak 1:1) Let wel: twaalf stamme; nie tien nie!

Is die nie-blankes diere?

Die Israelvisie kom met 'n baie interressante dog absurde teorie na vore, naamlik dié van die mens-dier. Op grond van sekere Skrifgedeeltes kom hulle tot die gevolgtrekking dat die Bybel die bestaan van 'n menswaardige dier huldig.

Hy word die wilde dier van die aarde genoem en word onderskei van die vee en viervoetige diere. Gevolglik is dit 'n dier met twee bene wat dieselfde kos as 'n mens eet. God straf hierdie dier met swere wat in blare uitbreek. 'n Man en vrou kan ook geslagtelike omgang met só 'n dier hê. Hierdie dier het hande en voete en woon ook in huise. Hulle dien die mens en ontvang loon vir hulle arbeid. Hulle dra klere en kan met God en mens kommunikeer.

Om sulke afleidings uit die Skrif te wil maak, spreek boekdele van hulle uiters gebrekkige teologie en Skrifkennis. Nie net rand hulle die skepping van God aan nie, maar hulle mislei ook die liggelowiges om hulle op 'n pad te begewe waarin die Here geen welbehae het nie.

Kom ons let op 'n paar van die Skrifgegewens waarop hulle hul vir hierdie mens-dier-teorie beroep."En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde ..." (Gen 1:24). Hierdie "wilde diere" is volgens hulle die mens-dier. Dit is egter onwaar! Die gronddiere word hier in sy basiese drie groepe genoem: behèmah (vee), rêmês (reptiele) en gaijah (wild).

Die Israelvisie verwys graag na Eksodus 23:11 waar ons die reëling vind dat die Israeliete die land elke sewende jaar moes laat rus sodat wat daarop groei deur die armes en die wild benut kan word. Weereens dieselfde Hebreeuse woord "gaija" wat niks met die moontlikheid van die be-weerde mens-dier te doene het nie.

In Levitikus 20:15 en 16 word geslagsgemeenskap met diere verbied. Die Israelvisie gryp hierdie teks aan en beweer dat die mens nie met diere gemeenskap kan/mag hê nie en dat hierdie teks baie duidelik op die mens-dier dui. Vergeet hulle dan dat daar inderdaad so iets soos bestialiteit is - werklike geslagtelike omgang met diere? Die Bybel maak in Eksodus 22:19, Levitikus 18:23; 20: 15, 16 en Deuteronomium 27:21 baie duidelik melding daarvan! Bestialiteit het destyds veral onder die omringende nasies van Israel voorgekom.

Uit Jeremia 7:20 wil die Israelvisie aflei dat die mens- dier 'n stadbewoner is omdat daar staan dat God se toorn oor Jerusalem uitgestort word - oor ál sy mense, sy vee en sy bome. Hierdie uitdrukking van God se omvattende straf laat geen afleiding van so 'n aard toe nie.

Nog 'n teks wat graag deur die Israelvisie aangegryp word ter ondersteuning van hierdie teorie is Jona 8:3: "Maar mens en dier moet 'n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep ...". Nou vra hulle: Hoekom 'n dier 'n rougewaad dra? Dit was algemene praktyk in die Nabye Ooste om ook die diere in sakgewaad te plaas in tye van nasionale rou. Die Perse byvoorbeeld, het hulle eie hare sowel as dié van hulle perde, na 'n vernietigende nederlaag, afgeskeer.

Om die mensheid van die nie-blanke tot die vlak van 'n dier te reduseer is weersinwekkend en uiters onverantwoordelik. Die Skrif leer dit geensins! Hiermee word Gods eer op brutale wyse aangetas deurdat die aanhangers van die Israelvisie die verhewenheid van God se skepping neerhaal. Die kroon van sy skepping (die mens) word as 't ware deur hulle ontkroon, ten minste vir sover dit die swartes as medeskepsele betref. "Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word" (Matt 7:1 en 2).

Slotopmerking

Die Israelvisie bied geen antwoord vir die kerklike sowel as die teologiese probleme van ons land nie. Dit dra by tot 'n verskerpte polarisering tussen blank en nie-blank en vertroebel eerder verhoudinge. Die Israelvisie se Skrifberoep laat veel te wense oor en die huldiging van hipoteses dra by tot 'n totale ontsporing in hul teologie. Lidmate van die APK (en ander Gereformeerde kerke - PvdK) word ernstig vermaan om hulle sterk af te keer van hierdie dwaling en wat ons behoudende volksaak groot skade berokken.