Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Norme vir samebinding en vir verdelingslyne

AKTUEEL: Geloftedag of Versoeningsdag? 

SKRIFOORDENKING:
2 Konings 2 God is heilig....

Die drie formuliere van eenheid

Deformasie? 'Nuwe reformasie?' Reformasie? 

Die stryd rondom die suiwer Psalmboek

26 Oktober 2003: Dag van beslissing in die GKSA

GKSA-Middestadbediening ....

KERKLIKE JOERNAAL: 
Hersiening en herdruk van 1936-Totiusberyming Psalmboek

Skrifhantering in die brandpunt

Mededeling van kerkraad "Die Kandelaar", 30 November 2003

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Onderwys as instrument tot nasiebou

Die PU vir CHO se amalgasie met die UNW

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Lesse uit die onststaansgeskiedenis van die GKSA

'n Brief uit Ierland ....

PERSRUBRIEK: 
Ons enige troos

'n Besinning oor die doleansie van vroeër.... en nou

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van biblisisme.

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 1 Januarie 2004

Aktueel

GELOFTEDAG OF VERSOENINGSDAG?

-  DS ANDREW GERBER (APK) IN: DIE BOODSKAPPER, DESEMBER 2003, BL 9  -

Die magsoorname van die ANC in 1994 het geweldige implikasies vir die Afrikanervolk meegebring. Nie die minste nie was die vervanging van Geloftedag met Versoeningsdag. Geloftedag - en die herdenking daarvan - beklee 'n sentrale plek in ons volk se stryd om voortbestaan. Dit is vir 'n groot deel van ons volk die simbool van ons vryheidstryd - want aan Bloedrivier is daar 'n gelofte verbind.

Geloftedag

Wat beteken Geloftedag vir die Boerevolk? Geloftedag herinner ons aan 'n volk wat in sy nood voor God kom pleit het. Met nederigheid en vertroue het hy gebid dat God hom moet uitred. En uiteindelik is 'n gelofte afgelê waarin daar onder meer aan God belowe is dat, as Hy hulle die oorwinning sou gee, hulle dié dag elke jaar as 'n dankdag, soos 'n sabbat, sou herdenk.

Die Bloedriviergelofte is nie ligtelik afgelê nie. Sarel Cilliers was aanvanklik daarteen gekant omdat hy geoordeel het dat die volk swaar gestraf sou word as hy die Gelofte nie hou nie. Uiteindelik egter, is onder 'n diepe gevoel van verantwoordelikheid en vasberadenheid om dit getrou te onderhou, die Gelofte afgelê.

Die Gelofte kan nie ongedaan gemaak word nie. Ja, daar kan versuim word om dit te onderhou. Daar kan Afrikaners wees wat hulle daarvan distansieer. Maar dit bly staan. 'n Volk kan nie agterna sy ondernemings teenoor God kanselleer nie - net so min as wat enkelinge dit kan doen. Die Afrikanervolk het dit in sy oomblik van nood afgelê en hy is gebind om dit wat hy teenoor God onderneem het, uit te voer. Die feit dat die staat die dag nie meer erken nie, verander niks aan die saak nie. Geloftedag was in elk geval nie altyd 'n vakansiedag nie.

'n Belangrike vraag wat ons volk vir homself moet uitmaak, is of ons op 16 Desember Versoeningsdag kan vier en dit met ons gewete kan rym? Eerstens moet ons vir onsself duidelikheid kry wat Versoeningsdag dan nou sou beteken. Dis glashelder duidelik dat daar deur die huidige bestel geen Christelike inhoud aan die viering van hierdie dag verleen word nie.

Versoeningsdag?

Die gees en gesindheid waarin dié dag gevier word, gaan veeleer om 'n humanisties-geïnspireerde hande vat en brûe bou.

Veral van die Afrikaner word verwag om standpunte prys te gee en skuld oor die verlede te bely ten einde deel van die nuwe nasie in die nuwe SA te word. Nooit word 'n woord van waardering van die ander kant gehoor vir alles wat ons klein volk vir die getalryke swart volke in SA gedoen het nie.

Die Skrif sê duidelik dat daar geen versoening kan bestaan tussen waarheid en leuen, reg en verkeerd, lig en duisternis nie. Die Woord sê duidelik dat die gelowige nie in dieselfde juk mag trek met die ongelowige nie. Die "versoening" wat van ons volk gevra word, beteken in werklikheid dat ons alles moet prysgee wat vir ons reg en goed was en dat ons soos slawe moet inval by 'n bestel wat vir ons slegs vernedering, armoede, vermoording en verknegting gebring het. Dit is te veel gevra.

Wanneer daar nou ook nog daarop aangedring word dat ons, ter wille van "versoening" ons kinders in vreemde godsdienste moet laat onderrig, is die motief duidelik: ons moet in die naam van "versoening" van alles gestroop word wat vir ons wesenlike waarde het.

As Versoeningsdag geskep is met die doel om die Afrikanervolk tot goedgesindheid teenoor ander volke op te roep, was dit misplaas. Gelowige Afrikaners het nooit Bloedrivier aangewend om die Afrikanervolk te verheerlik nie. Dit het nooit pimêr gegaan ook oor die militêre oorwinning wat behaal is nie, maar oor die God van ons vaders wat ons op 16 Desember 1838 wonderbaarlik uit die hand van ons vyand gered het. Die verkondiging van die evangelie aan die swart volke van suidelike Afrika is sprekend van die gesindheid van Afrikaners teenoor sy buurvolke. Daar is, en ons sê dit met nederigheid, weinig ander volke in die wêreld wat soveel vir die swart volke van die wêreld gedoen het as die Afrikanervolk.

Sonder om daaroor skuldig te voel, vier die Afrikanervolk Geloftedag. As hy iets het om op dié dag oor skuldig te voel, is dit juis omdat daar soveel van ons mense is wat dié dag nie meer gedenk nie. Laat dit ons erns wees om ons gelofte teenoor die Here na te kom. En laat ons ons daarvan weerhou om 'n "versoeningsdag" te vier ter wille van politieke korrektheid.