Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Norme vir samebinding en vir verdelingslyne

AKTUEEL: Geloftedag of Versoeningsdag? 

SKRIFOORDENKING:
2 Konings 2 God is heilig....

Die drie formuliere van eenheid

Deformasie? 'Nuwe reformasie?' Reformasie? 

Die stryd rondom die suiwer Psalmboek

26 Oktober 2003: Dag van beslissing in die GKSA

GKSA-Middestadbediening ....

KERKLIKE JOERNAAL: 
Hersiening en herdruk van 1936-Totiusberyming Psalmboek

Skrifhantering in die brandpunt

Mededeling van kerkraad "Die Kandelaar", 30 November 2003

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Onderwys as instrument tot nasiebou

Die PU vir CHO se amalgasie met die UNW

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Lesse uit die onststaansgeskiedenis van die GKSA

'n Brief uit Ierland ....

PERSRUBRIEK: 
Ons enige troos

'n Besinning oor die doleansie van vroeër.... en nou

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van biblisisme.

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 1 Januarie 2004

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY

LESSE UIT DIE ONTSTAANSGESKIEDENIS VAN DIE GKSA

DIE <DOPPERS> IN SUID-AFRIKA 1760 - 1899  -  (Bl 194 vv)

-  DR B SPOELSTRA,  1963 KAAPSTAD: NASIONALE BOEKHANDEL  -

In die jeugjare van die Suid-Afrikaanse Republiek onder leiding van president MW Pretorius en staatsekretaris Proes het politieke onvermoë en chaos herhaaldelik na vore getree. Die "bespottelijke praerogatieven die de Grondwet van 1858 toekende aan de Ned Herv Kerk" het feitlik staats- en kerkregering met mekaar vereenselwig. In hierdie opsig het die Transvaalse staatsinrigting, waarskynlik onder invloed van ds Van der Hoff heeltemal verskil van die buurstate. Enersyds is geprobeer om "geene andere kerk dan de Nederduitse Gereformeerde alhier toe te laten" en het die grondwet bepaal: "Het volk kent geen ander kerkelyk gezag, dan dat, wat door de kerkenraden zyner Nederduitsch Her-vormde gemeenten ... wordt goedgekeurd ..." Hoewel daar groot magte in die hande van die Staatskerk saamgetrek was, was die Volksraad nogtans "het hoogste gezag des lands". Nie-lede van die Hervormde Staatskerk kon ná 1858 wel stem, maar was van die publieke ampte uitgesluit.

Die Uitvoerende Raad het gelyktydig met die Algemene Kerkvergadering in Januarie 1859 te Pretoria vergader en was ooggetuie van die kerklike afskeiding wat skynbaar in baie goeie gees verloop het en deur die Algemene Kerkvergadering as 'n onvermydelike konsekwensie aanvaar is. Die President het egter die onverbiddelike eensydige besluit van die Kerkvergadering oor die Gesangevraagstuk as oorsaak van die skeiding betreur.

Onmiddellik ná sy stigting het die Gereformeerde Kerk hom by die owerheid bekendgestel en erkenning, beskerming asook finansiële steun gevra. Die Uitvoerende Raad behoort op grond van die ooreenkoms met die Krugers en Snyman van Rustenburg in September 1858 daaraan te voldoen het, maar die President het gevrees dat verswakking van die staatskerk sy verenigingsdrome met Lydenburg en die OVS sou verydel. Gevolglik het die Uitvoerende Raad 'n volstruispolitiek teenoor die Gereformeerde Kerk gevolg en die onus vir die erkenning op die Ned Herv kerkraad van Rustenburg gewerp. Laasgenoemde het geantwoord dat hy alleen 'n Hervormde Kerk ken. Derhalwe het die Uitvoerende Raad in belang van die politieke eenheidstrewe 'n verdere Algemene Kerkvergadering vir April 1859 opgeroep om die breuke met die Ned Ger gemeente van Lydenburg en die Gereformeerde Kerk te probeer heel. Hierdie onrealistiese en kortsigtige indringing van die politieke owerheid in kerklike gebeurde het 'n toestand van chroniese verwarring ten opsigte van die erkenning van die Gereformeerde Kerk veroorsaak.

Van der Hoff het dadelik die Gereformeerdes en Lydenburgers laat verstaan dat hulle volgens die grondwet alleen 'n betrekking in die Republiek by grasie van die Hervormde Kerkvergadering kon beklee. Die Gereformeerdes het aanspraak gemaak dat hulle volgens die grondwet aan die "grondbeginselen" van die Dordtse Sinode voldoen. Die Ned Herv kerkraad het die Gereformeerdes beskuldig dat hulle die beginsels "slaafsch volgen", terwyl eersgenoemde alleen "in den geest naar de grondbeginselen" handel. Van der Hoff verklaar nou dat die Gereformeerdes streef "om menschen meer te behagen dan Gode" en slegs die "christelijke gezangen uit onze bedehuizen" wil verban, terwyl dit vir hom geïn-spireerd is en hulle "aan onze geest als de geest der waarheid" openbaar. Dan reduseer hy weer die verskil tot iets "niets noemenswaardig" en vertolk die aanspraak van die Gereformeerdes op die grondwet as 'n belediging vir die staatskerk. "Blymoedig gehoorzamen wij dus dien geest, en laten het anderen vrij om den letter van Dordt te volgen". Hy ken hulle dus met geen ander naam nie as die "afgescheidenen, zoo als in Holland". Binne 'n paar jaar sou Van der Hoff sy simpatie met die liberale rigting in die Hervormde Kerk nog duideliker bely. Ten spyte van hulle aanspraak op verdraagsaamheid, het liberale kringe met kenmerkende onverdraagsaamheid teen die Gereformeerde ortodoksie losgebars, terwyl die Gereformeerdes volgehou het: "Wij waren nimmer aanvallenderwijze te werk gegaan, maar altijd verdedigend". Tussen die Gereformeerdes en Her-vormdes sou 'n verskil in rigting, naamlik "van Dordt af of naar Dordt toe" geheers het, omdat die Hervormde Kerk nooit 'n "belydeniskerk" nie, maar 'n "belydende kerk" wou wees ...

 

Ten spyte van die drukte oor Postma en die Gesange, is die dieperliggende motief duidelik. Die predikante van die Ned Geref en Ned Hervormde Kerke het op Potchefstroom om dood en lewe geveg om die invloed van die Christelike Afgeskeie Gereformeerde Kerk (CAG Kerk) van Nederland uit Suid-Afrika te weer. Albei kerke het in intieme korrespondensie met die Nederlands Hervormde Staatskerk gestaan. Voor die gemeenskaplike gevaar van die ortodokse gees uit die CAG Kerk het die twee Kerke feitlik tot vereniging gekom, hoewel die Kaapse predikante onoffisieel teenwoordig was. Daar is, in afwesigheid van 'n offisiële Gereformeerde deputasie en selfs ná die vertrek van ds Postma, besluit om in die buitengewone omstandighede ds Postma te duld as predikant van Rustenburg, dog sy Gereformeerde gemeente sou van tyd geïnspekteer moes word deur die Ned Herv en Ned Ger predikante van Potchefstroom en Lydenburg. "Door ... deze bepalingen vervalt de oprichting eener afzonderlijke kerk ... en worden allen, die zich hebben afgescheiden met liefde in haren boezem weder opgenomen." Sou die notule dit opreg kon bedoel dat die besluit geneem is "in den geest en naar den zin ook van de afgescheidenen, zoo men meende?"

Dit is aan die owerheid opgedra met die bede dat dit "eendragt, vrede en liefde" in kerk en staat sou bevorder. Dit het egter die teenoorgestelde uitwerking gehad en verseker dat die Transvaalse afskeiding sou uitbrei na die Vrystaat en die Kaapkolonie. Waar die ontstaan van die CAG Kerk in Nederland in 1834 as 'n direkte reaksie teen die liberalisme beoordeel word, het die vergadering dieselfde reaksie in Suid-Afrika bestendig. ...