|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 8 No 1 Januarie 2004
OPVOEDING EN ONDERWYSDIE PU VIR CHO SE AMALGASIE MET DIE UNW 'N "WARE AFRIKAANSE REëNBOOG-INSTELLING" !
Natasha Pamplin beskryf dit as volg:BEELD berig in sy uitgawe van Maandag 8 Desember dat PUK sy eerste kantoor in die buiteland in Londen, geopen het.
Londen. - Die amalgasie van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en die Universiteit van Noordwes word as 'n ware Suid-Afrikaanse "reënboog-instelling" gesien.
Dit was die boodskap van dr Theuns Eloff, rektor en vise-kanselier van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, verlede week in die Britse hoofstad.
Eloff het Woensdag (3 Desember) 'n internasionale gehoor by die Institute of Directors (IOD) in Londen toege-spreek en terselfdertyd die universiteit se eerste internasionale kantoor in Brittanje geopen.
Die amalgasie, wat van 1 Januarie 'n werklikheid is, is 'n regeringsbesluit. Die twee universiteite sal kragte saamspan en voortaan uit vier kampusse in Potchefstroom (hoofkantoor), Mafikeng, Vanderbylpark en Mankwe bestaan.
Eloff het gesê dit sal die kenmerk dra van 'n balans tussen eenheid en diversiteit, sowel as effektiwiteit en gelykheid. Die rektor het daarop gewys dat die personeel en die raad van die twee universiteite die konsep van die nuwe universiteit as 'n ware Suid-Afrikaanse reënboog-universiteit geesdriftig aanvaar.
Die breë internasionale visie is dat die universiteit ferm geanker is in Suid-Afrika en Afrika terwyl dit terselfdertyd uitreik na die res van die wêreld.
Die internasionale kantoor sal voortaan alle internasionale belange, insluitend bestaande en nuwe internasionale verhoudings van die universiteit in die buiteland, behartig, uitbrei, koördineer en bestuur.
Mnr Johan Govea is die hoof van die internasionale kantoor.