Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Norme vir samebinding en vir verdelingslyne

AKTUEEL: Geloftedag of Versoeningsdag? 

SKRIFOORDENKING:
2 Konings 2 God is heilig....

Die drie formuliere van eenheid

Deformasie? 'Nuwe reformasie?' Reformasie? 

Die stryd rondom die suiwer Psalmboek

26 Oktober 2003: Dag van beslissing in die GKSA

GKSA-Middestadbediening ....

KERKLIKE JOERNAAL: 
Hersiening en herdruk van 1936-Totiusberyming Psalmboek

Skrifhantering in die brandpunt

Mededeling van kerkraad "Die Kandelaar", 30 November 2003

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Onderwys as instrument tot nasiebou

Die PU vir CHO se amalgasie met die UNW

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Lesse uit die onststaansgeskiedenis van die GKSA

'n Brief uit Ierland ....

PERSRUBRIEK: 
Ons enige troos

'n Besinning oor die doleansie van vroeër.... en nou

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van biblisisme.

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 8  No 1 Januarie 2004

REDAKSIONEEL

Die jaar van ons Here Jesus Christus, 2004, is al weer enkele weke oud. As Christen-gelowiges het ons die ou jaar in sy Naam afgesluit en hierdie jaar begin. Aan Hom behoort alle mag in die hemel en op aarde en Hy is met ons al die dae tot aan die voleinding van die wêreld (Mat 28: 18, 20). Daarom vrees ons nie vir die toekoms nie maar gaan dit met vertroue tegemoet. Hoe dit ook al sal gaan, in voorspoed bly ons dankbaar en in teenspoed geduldig.

In dié gees kyk ons na die toekoms wat sorge baar. Daar is allereers die kerklike verval en verdeeldheid wat voortduur en krisisse wat dalk op breekpunte afstuur. Dit betref veral die GKSA, maar ook die ander Afrikaanse kerkverbande waar dit ook nie rustig is nie. Die AP Kerk gaan vanjaar 'n sinode tegemoet waar onder andere oor die aanvaarding of verwerping van die nuwe Liedboek besluit sal word. Sal dit die oë oopmaak vir die beswaar teen die evangeliese gesange wat in die verlede tot afskeiding uit die Hervormde en NG Kerke en die stigting van die Gereformeerde Kerk gelei het? Dit is 'n opmerkbare feit dat die gesangedeel van die Liedboek in die eredienste van die NG en NH Kerke meer intensief ten koste van die vermindering van die Psalms gesing word en dat die Cloete-omdigting nie so populêr is as wat verwag is nie.

Op die sekulêre terreine van die bestaan heers daar onsekerheid en onrus. Allerlei soorte van geweld wat voortduur, ekonomiese onbestendigheid, droogtes en oesverliese, losbandigheid en sedeloosheid, politieke onrus en swak landsbestuur. Dit alles en wat nie hierby vermeld is nie, maak die toekoms donker. Tog sal ons as Christen-gelowiges dit in die Naam van ons Here Jesus Christus en van ons hemelse Vader tegemoet gaan en in hulle krag en vertroosting trotseer.