Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 4 No 4 Julie 2000
AKTUEELMOSLEMS WęRELDWYD IN OPSTAND
RADIO PRETORIA SE NUUSKOMMENTAAR OP DINSDAG 23 MEI 2000
Daar is seker min mense in Suid-Afrika vir wie so-veel gebede opgaan soos vir die Johannesburgse egpaar Callie en Monique Strydom wat deur n klein Islamitiese rebellegroep as gyselaars aangehou word. Dit wil voorkom asof daar tog hoop op vrylating vir hulle is.
Die rebellegroep is na hulle eerste leier, Abu Sayyaf vernoem, vandaar die akroniem ASG, oftewel dan die Abu Sayyaf-groep. Hulle eis onafhanklikheid.
Die oplewing van etniese nasionalisme en gevolglike stryd om selfbeskikking en selfs onafhanklikheid is n universele verskynsel van ons tyd. Terselfdertyd is dit egter ook opmerklik hoe baie van hierdie opstandsgroepe tot die Islamitiese geloof behoort. Daar kan met reg van n węreldwye Islamitiese beweging gepraat word. In sommige fundamentalistiese Moslemkringe word selfs die gedagte van n węreldwye Jiha, oftewel heilige oorlog, gekoester.
Die inwoners van die provinsie Tsjetnjnja wat hulle so fanatiek en bloedig teen Russiese oorheersing verset, is Moslems. So ook die Palestyne, die militantste Libanese terreurgroepe, die Kosoware wat onafhanklikheid van Serwië eis, die Sumatragroep in Indonesië en die Bengali-Moslems, om maar enkeles te noem.
In sy boek Religion and Nationalism in South East Asia wys Fred von der Mehlen op die ingrypende verskille in die Westerse en nie-Westerse religieuse beskouings. Die moderne Westerling beskou godsdiens as n vrywillige geloofsaak.
Elke mens se reg om die geloof van sy eie keuse aan te hang, word erken. Nie so buite die Weste nie. Von der Mehlen skryf: "Buite die Weste word godsdiens as n voorgeskrewe affiliasie beskou. Vir baie groepe is godsdiens nie n saak van geloof nie, maar n gegewe, n integrale deel van hulle identiteit en n onlosmaakbare komponent van hulle menswees." Dit geld ongetwyfeld vir die ASG wat die Strydoms gyselaar hou en ook vir ander Islamitiese groepe in die Filippyne. Dit geld ook vir die Islamgroepe in die algemeen.
Soos n spinnekop in sy nes sit die formidabele terroristeleier, Osama bin Laden, in sy Afghaanse bergvesting en spin sy web van Islamitiese terrorisme met n gesofistikeerde rekenaarkompleks dwarsoor die węreld.
Die ASG wat ook die Strydom-egpaar gyselaar hou, is die kleinste maar mees radikale van die Islamitiese afskeidingsbeweging in die Filippyne. Daar word selfs geraam dat hulle nie meer as twee honderd lede het nie. Hulle stryd om selfbeskikking dateer egter al uit die tyd van die Spaanse besetting van die sestiende eeu.
Die ASG is nie die enigste Islamitiese afskeidings-beweging in die Filippyne nie. Daar is ook die Maro Islamic National Liberation Front, oftewel die MINLF, wat sowat 40 000 lede het. Hulle is verreweg die grootste groep. Albei het noue verbintenis met Bin Laden.
Die ASG se bedrywighede word deur bomontploffings, sluipmoorde en ontvoerings gekenmerk. Hulle eis gewoonlik lospryse vir die gyselaars. In 1995 het hulle die Christendorpie Ipil op Mindamao-eiland aangeval en 52 mense vermoor.
Die Islamitiese geloof is n samebindende faktor wat sy aanhangers dwarsoor die węreld saamsnoer. Soos in die geval van die ASG is hulle dikwels n klein minderheidsgroepie wat egter deur hulle optrede invloed buite verhouding tot hulle getalle uitoefen.
Dit is ook die geval in Suid-Afrika, waar die klein minderheid Moslems sedert 1994 veel meer erkenning en publisiteit as in die verlede kry, onder meer op die SABC-kanale en in die ANC/SAKP-bewind waar etlike kabinetslede tot dié geloof behoort. Trouens, in Christelike onderwyskringe heers kommer oor die Islamitiese invloed op die daarstelling van n nuwe godsdiensbeleid vir skole.