Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die sosialistiese bedeling

AKTUEEL:
Moslems wêreldwyd in opstand

SKRIFOORDENKING:
Ek en my huis, ons sal die HERE dien
Josua 24 : 1 - 15

BOEKBESPREKING:
DIE BYBELLENNIUM
Skrifkritiese verklaring van teks in die boek Genesis

Lotery en dobbelspel geoorloof?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

"Die aarde is slegs een land en die mensdom sy inwoners"

Die Pous en die 1983 vertaling

"Are you a 'Dopper' "?

Kan ons nog praat van 'n Gereformeerde identiteit?

Reformasie van die Volkskultuur - Nodig of Noodwendig?

Die Massamens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Is dit reg, Prof Tjaart?

Die gevolge van (kerklike) tugloosheid

Bedenklike metodes vir die insameling van Kerkfondse

Besluit Nasionale Sinode GKSA 1955, Art 247

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Beteken "Staatsakkreditering" 'n totale oorgawe aan die "wense" van die staat? Is die betekenis van "Volkseie" noodwendig "Die verafgoding van Afrikanerskap" en daarom "uit die Bose"?

Volkseie onderwys en Christelikheid

Stigting van Hans Rooseboom-Studie leningstrust

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (6)

PERSRUBRIEK: 
Dr Yolanda Dreyer se moraal oor seksuele eksklusiwiteit


'n Tiperende openbaring  van 'n Nederlandse "susterkerk" se liturgie en amptelike dienste

KOMMENTAAR: 
Word polemisering tussen gelowiges afgewys?

Evolusionisme sonder voorbehoud!?

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Is die strafreg deel van die geneeskunde?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 4  Julie 2000

IS BEROEPSPORT 'N BEROEP WAARAAN CHRISTENE VRYLIK KAN DEELNEEM?

'n Etiese besinnning
DS BC SMIT - BRITS-WES -

1. PROBLEEMSTELLING

In ‘n sportbehepte samelewing en wêreld, het besinning oor die rol van sport en die perke van beroepsport dringend noodsaaklik geword.

Prof JH van Wyk wys daarop dat die vroeë kerk nog onderskeid tussen ongeoorloofde beroepe soos prostitusie, toneelspel en stiervegtery en twyfelagtige beroepe soos beroepsport, boks, stoei en beroepsgrapmakers getref het, waarby hy ook tabakboerdery wil voeg. Hierdie negatiewe beoordeling oor ongeoorloofde werk kom egter in ‘n krisis omdat "meer en meer Christene hulle in hierdie ‘beroep’ (bevind) en streef hulle ook daarna om hulle Christenskap daar uit te leef." Hierdie nuwe stand van sake sou die Christelike etiek dan krities moet aanvaar en uit die evangelie moet begelei (In die Skriflig 30(2) 1996:170).

Vir die moderne wêreld is die onderskeid tussen ongeoorloofde en twyfelagtige beroepe ongeldig. Die gesekulariseerde mens onderskei tussen reg en ver-keerd nie meer op grond van God se wil nie. Etiek word bepaal alleen deur die vraag of jy ander deur jou optrede te na kom of nie. Prostitusie as ‘n beroep kry daarom wye erkenning, beroepsportlui word verafgod en vermaaklikheidsterre ontvang astronomiese salarisse in ons tyd.

Dis om hierdie rede dat ons onsself bevind in krisisse soos wat dr DJS Steyn beleef as hy skryf: "Wat sê mens nou aan ons broeders en susters wat vanweë die eis van omstandighede moet werk, wat vanweë die aard van sy beroep op Sondag sy beroepsport moet beoefen? Ons kan sê: Verander jou beroep! Dit is nie so maklik nie. Iewers moet ‘n alternatiewe heenkome gevind word in ‘n baie kompeterende mark. Ons kan sê: Weier om te speel! Dit beteken effektief die einde van die bepaalde loopbaan"  (Die Kerkblad, 22 Maart 2000, bl 33, 34).

Hierdie is geen poging om ‘n volledige beoordeling te gee vir beroepsport nie. Daar word eerder gepoog om enkele probleemarias te identifiseer en dit dan in die loop van een of twee artikels onder die lig van God se Woord te plaas.

2. VRAE RONDOM BEROEPSPORT

In sy artikel oor arbeidsetiek, noem Van Wyk ‘n aantal sentrale perspektiewe van ‘n Christelike arbeidsetiek naamlik die teologiese, individuele, sosiale, kosmologiese, harmatologiese, soteriologiese en eskatologiese perspektiewe (In die Skriflig 30(2)1996 bl 161, 168).

Hierdie perspektiewe laat talle vrae ontstaan oor beroepsport. Vrae soos: Is beroepsport ‘n roeping van God? Is dit diens aan Hom in sy koninkryk? Ontsnap beroepsport ooit aan die gevaar van egoïsme? Is beroepsport beheersing en ontplooiing van die skepping? Is sport wel werk wat ewigheidsbetekenis het? Daarby moet ook kwessies in berekening gebring word soos die (vir die man op die straat) buitensporige vergoeding gekoppel aan beroepsport (tot R 800 000 per jaar), die praktyk dat beroepsport al meer juis op die Sondag beoefen word en die heldeverering daaraan gekoppel, wat veroorsaak dat ‘n ganse volk amper in rou gedompel word as ‘n nasionale span sou verloor of ‘n sportfiguur tot struikeling kom. Hierdie vrae word DV in ‘n volgende aflewering bespreek.

Ten slotte ‘n aanhaling uit die pen van dr. AP Treurnicht oor sport: "Laat my dadelik beklemtoon dat spel en ontspanning in hulle verskeidenheid van vorme ‘n deel van ons lewe is. In hulle aard en doel staan hulle onderskeie van ons daaglikse beroepswerk. Dis bedoel om herademing en nuwe stukrag aan ons lewe en ons pligsvervulling te gee. Wanneer ons dit dus met die erns van beroepswerk benader, moet ons dit in sy wese aantas en is dit nie meer suiwer spel en ontspanning nie"
(WAAR DIE SOEKLIG VAL. NG Kerkuitgewers Kaapstad 1974. bl 24).