Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die sosialistiese bedeling

AKTUEEL:
Moslems węreldwyd in opstand

SKRIFOORDENKING:
Ek en my huis, ons sal die HERE dien
Josua 24 : 1 - 15

BOEKBESPREKING:
DIE BYBELLENNIUM
Skrifkritiese verklaring van teks in die boek Genesis

Lotery en dobbelspel geoorloof?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

"Die aarde is slegs een land en die mensdom sy inwoners"

Die Pous en die 1983 vertaling

"Are you a 'Dopper' "?

Kan ons nog praat van 'n Gereformeerde identiteit?

Reformasie van die Volkskultuur - Nodig of Noodwendig?

Die Massamens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Is dit reg, Prof Tjaart?

Die gevolge van (kerklike) tugloosheid

Bedenklike metodes vir die insameling van Kerkfondse

Besluit Nasionale Sinode GKSA 1955, Art 247

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Beteken "Staatsakkreditering" 'n totale oorgawe aan die "wense" van die staat? Is die betekenis van "Volkseie" noodwendig "Die verafgoding van Afrikanerskap" en daarom "uit die Bose"?

Volkseie onderwys en Christelikheid

Stigting van Hans Rooseboom-Studie leningstrust

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (6)

PERSRUBRIEK: 
Dr Yolanda Dreyer se moraal oor seksuele eksklusiwiteit


'n Tiperende openbaring  van 'n Nederlandse "susterkerk" se liturgie en amptelike dienste

KOMMENTAAR: 
Word polemisering tussen gelowiges afgewys?

Evolusionisme sonder voorbehoud!?

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Is die strafreg deel van die geneeskunde?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 4  Julie 2000

"ARE YOU A 'DOPPER' "?

SLABBERT LE CORNU  -  CALVYN E-POSLYS, JUNIE 2000

Vandag was ek bevoorreg om as ‘n ‘dopper’ geëtiketteer te word. Ek het by die skool waar ek aangestel is, ‘n Engelse onderwyseres ligtelik gekonfronteer omdat hulle ‘Harry Potter’-boeke gebruik in hul Engelse klasse. Vir die wat nie weet nie, hierdie boeke - wat al 30 miljoen węreldwyd verkoop het, gaan oor ‘n jong seuntjie wat agterkom dat hy eintlik ‘n klein towenaartjie is en opleiding wil ontvang by die ‘hekse en towery’- skool. Sy ‘ouderwetse’ oom is natuurlik daarteen, asook sy ‘simpel’ nefie. Alles word baie komies en avontuurlustig vertel, so asof dit ‘onskuldige’ dinge betref, wat nie skade veroorsaak nie. Ek het die juffrou daarop gewys dat om ‘towery’ en ‘heksery’ so ‘onskuldig’ te probeer voorhou heeltemal in stryd is met ‘n bybelse beskouing van die lewe, veral as dit so grappenderwys gedoen word. Die juffrou het my op ‘n mooi manier vertel dat dit alles net ‘verbeelding’ is, ek dit nie ‘so ernstig’ moet opneem nie, en dat ek meer ‘broadminded’ moet wees, waarna ek geantwoord het dat ‘liewe heksie’ is in elke geval nie so ‘lief’ nie, omdat daar nie so iets soos ‘liewe’ hekse bestaan nie [net soos ‘n prostituut nie ‘n maagd is nie!], en dat ons nie geroep is om ‘broadminded’ te wees nie, maar ‘biblically minded’ (Matt.4:4; Rom.12:1,2; 2 Kor.10:5,6; Kol.3:1].

Dit was natuurlik die kersie op die koek. Die juffrou - vir wie ek andersins baie respek het en goed mee oor die weg kom - het stil geraak, my so een of twee keer op en af gekyk en met ‘n groot frons op haar voorhoof gesę/vra: "Are you a dopper?", waarop ek met ‘n skuldige uitdrukking op my gesig [en met groot vrymoedigheid] kon bely het: "Ja, met my hele hart!", en dit natuurlik as ‘n groot kompliment van haar kant af beskou het.

Die juffrou en ek het vriendelik afskeid geneem, albei met die wedersydse verklarings dat sy my gaan probeer meer ‘broadminded’ maak, en ek gaan probeer om haar te ‘indoktroneer’ om meer ‘doppers’ te wees!

Die rede waarom ek hierdie gebeurtenis met u deel, is om 'n vorige opmerking oor die ‘dopper vatikaan’ [oor Potch] in die regte perspektief te plaas.

Ek kan my heeltemal assosieer met die historiese naam ‘dopper’, as daarmee bedoel word die gereformeerde geloof en lewensbeskouing van die Bybel, soos bely in die gereformeerde belydenisskrifte en kerklik sy raamwerk vind in die Dordtse Kerkorde van 1618/19.

Dr. O’Kulis [ds. W. Postma?] het ‘n boekie geskryf in die begin van die 20ste eeu, waarin hy gewys het dat die naam ‘Dopper’ eerstens ontstaan het as ‘n benaming [skeldnaam?] vir baie Afrikaners wat ‘n gereformeerde lewensbeskouing aangehang het in die begin van die 19de eeu, en dat dit eers later ‘n naam geword het wat eksklusief met die GKSA kerklede verbind is.

Dus, alhoewel ek nie self lidmaat van die GKSA is nie, maar wel van ‘n kerk wat dieselfde grondslag het, kan ek my vereenselwig met die dopperse lewensbeskouing, soos ons voorvaders dit bely en uitgeleef het in die gestaltes van godvresende manne soos Paul Kruger, Totius en (prof) HG Stoker.

Die naam ‘Dopper’ is in ‘n sekere sin die ekwivilent van die Skotse ‘Covenanters’, die Nederlandse ‘Geuse’, die Franse ‘Hugenote’ en die Engelse ‘Puriteine’, wat almal, dink ek, dié name eers as skeldname ontvang het van hul vyande, maar dit later as erename gedra het. Daarom pleit ek die naam ‘Dopper’ nie alleen net vir kerklike bepaling nie, maar ook as ‘n naam vir ons spesifieke Boere Calvinisties-gereformeerde lewens- en węreldbeskouing [wat natuurlik ‘verlore’ geraak het, en opnuut deur God se genade verder gereformeer en herstel moet word].

Mag ons opnuut terugkeer na die fondamente van ‘n ware dopperlewe: die Skrif, belydenis en die Dordtste Kerkorde, en vandaaruit ons lewens- en węreldbeskouing opnuut vorm en toepas, vir ons en ons kinders in die 21ste eeu!