Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die sosialistiese bedeling

AKTUEEL:
Moslems wêreldwyd in opstand

SKRIFOORDENKING:
Ek en my huis, ons sal die HERE dien
Josua 24 : 1 - 15

BOEKBESPREKING:
DIE BYBELLENNIUM
Skrifkritiese verklaring van teks in die boek Genesis

Lotery en dobbelspel geoorloof?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

"Die aarde is slegs een land en die mensdom sy inwoners"

Die Pous en die 1983 vertaling

"Are you a 'Dopper' "?

Kan ons nog praat van 'n Gereformeerde identiteit?

Reformasie van die Volkskultuur - Nodig of Noodwendig?

Die Massamens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Is dit reg, Prof Tjaart?

Die gevolge van (kerklike) tugloosheid

Bedenklike metodes vir die insameling van Kerkfondse

Besluit Nasionale Sinode GKSA 1955, Art 247

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Beteken "Staatsakkreditering" 'n totale oorgawe aan die "wense" van die staat? Is die betekenis van "Volkseie" noodwendig "Die verafgoding van Afrikanerskap" en daarom "uit die Bose"?

Volkseie onderwys en Christelikheid

Stigting van Hans Rooseboom-Studie leningstrust

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (6)

PERSRUBRIEK: 
Dr Yolanda Dreyer se moraal oor seksuele eksklusiwiteit


'n Tiperende openbaring  van 'n Nederlandse "susterkerk" se liturgie en amptelike dienste

KOMMENTAAR: 
Word polemisering tussen gelowiges afgewys?

Evolusionisme sonder voorbehoud!?

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Is die strafreg deel van die geneeskunde?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 4  Julie 2000

KAN ONS NOG PRAAT VAN
'N GEREFORMEERDE IDENTITEIT?

JAN KRUGER  -  AMATIKULU

In hierdie dae wat gekenmerk word deur onsekerheid, onrustigheid en onveiligheid op byna elke lewensterrein is dit miskien nodig om te besin oor die onlangse geskiedenis ten einde die rede vir die onsekerheid te verstaan.

Ek sal probeer aantoon hoedat ons hele waardestelsel (identiteit) veral op politieke gebied so geleidelik verander en ondergrawe is, dat baie mense dit kwalik agtergekom het. Dit is myns insiens die grootste enkele rede vir die toestand van vertwyfeling wat ons lewe vandag oorheers en dit kan as ‘n identiteitskrisis in die oortreffende trap beskou word. Hoewel ons Gereformeerde identiteit verskillende fasette het, staan die verbond tog baie sentraal as vaste waarheid. Verder bely ons dat God drieënig algenoegsaam en absoluut selfgenoegsaam is. Alles wat was, is en sal wees, is uit Hom deur Hom en tot Hom. Die formele grondbeginsel van die Calvinisme is die goddelike onfeilbare gesag van die heilige Skrif. Hierdie grondwaardes geld ook vir alle menslike bedrywighede, ook vir die politieke orde wat die mens op aarde wil ver-wesenlik.

Vanuit hierdie vaste oortuiging en lewensbeskouing het ons voorgeslagte gelewe en was die begrip Christelik-nasionaal op politieke gebied vanselfsprekend. Hoewel daar naas die Christelik-nasionale en liberale beginselbasis ander basisse of ordes bestaan, was dit tog maar deurentyd ‘n stryd tussen bogenoemde ordes wat die Suid-Afrikaanse geskiedenis oorheers het. In die liberale kring vind ons name soos Phillips, Van der Kemp, Beyers Naude, en Tutu. In die Christelik-nasionale kring vind ons name soos Postma, Cachet, Totius, WJ Snyman, om maar ‘n paar te noem. Aan beide kante van die spektrum sal ‘n paar kontemporêre teoloë van die Gereformeerde Kerk bygevoeg kan word. Indien ons nou die twee beginselbasisse aan die Calvinistiese waardes toets is dit voor die handliggend waarom ons voorouers hulle op die Christelik-nasionale beginselbasis gestel het.

Christelik-nasionaal Liberaal
Verbondsgesin, familie, volk individu
Gesag van Gods Woord: onfeilbaar menslike fabels
Vryheid - binne Gods wet onbeperk losbandig

God soewerein en selfgenoegsaam

menslike soewereiniteit van die rede

Roeping in diens van God en die naaste - Voogdyskap

elkeen vir homself

Dit verg min insig om in te sien dat ons die Christelik-nasionale beginselbasis vir die liberale verruil het. Tog wil ek, om geen twyfel te laat in verband met ons voorouers se waardes nie, enkele aanhalings weergee.

Kom ons stel Prof Cachet aan die woord :"de leuz onzer school is: Gereformeerd en nationaal." - 1889 tydens die twintigste verjaardag van die teologiese skool .

Prof F Postma met die onthulling van die Gloria victis monument. "De Gereformeerde Kerk met hare school heeft steeds, sedert de stichting en oprigting een levendig aandeel genomen aan het politieke, aan het volksleven, sich scharen, zooals van zelf spreekt, aan de zijde van het volk, waaruit wij geworden zijn. Die aan de school waren schroomden nooit en zullen nu nog minder schromen, steeds in alle opzichten te bevorderen onze Afrikaansche nationaliteit. Zij handhaafde en hield steeds wakker bij hare leerlingen de liefde tot ons volk. Indien iemand in de toekomst in twijfel willen trekken de nationaliteit onzer school, wij zullen, zonder een woord te zeggen, hem brengen naar deze steen, naar dit monument. hier is getuigenis onuitwischbaar in marmer gegraveerd ."

Totius in Die Kerkblad, no. 682, 4 November 1930: "Op die terrein van partypolitiek wil ek my nie begewe nie . Dit is ook hier nie nodig nie. Net in die algemeen wil ek aandui dat daar op maatskaplike en politieke terrein gewigtige beginsels is waar die vrou, wat haar huisgesin se toekoms op die hart dra, nie onverskillig oor kan staan nie. Met name hoef ek hier net te noem die allergewigtigste kwessie van die verhouding van wit en swart. Die groot beginsel van geen ‘gelykstelling’ wat alreeds deur die Voortrekkers geproklameer is, mag nie deur die aankoms van ‘n nuwe en ander kieserskorps in gevaar gebring word nie. Deur te gaan stilsit, deur nie te gaan stem nie, gaan die vrou tog iets doen. Sy gaan toelaat dat ‘n gevaarlike beginsel moontlik sal triomfeer." Die Kerkblad, no. 791, 21 Augustus 1935: "Laat ons dan nie ons eie graf grawe nie! Engeland het Suid- Afrika rooi geverf. Laat ons dit nie swart gaan verf nie!" Of lees Die Kerkblad, no. 1131, 9 Junie 1950: "Die eerste gevaar wat die Afrikanervolk bedreig, is die on-Afrikaanse naturellepolitiek . Ons voorvaders het nie teorieë gaan uitdink nie en dan gesê: Nou moet dit so en so wees. Hulle het van Van Riebeeck se dae af al, met die naturel in dieselfde land saamgewoon. En gaandeweg het ‘n sekere praktyk hom gevorm. In die praktyk was die Christelike beginsel die wegwyser. Fyn was die intuïsie van die manne wat die regte koers aangevoel het. So het dan spontaan die apartheids-beginsel in die volkslewe uitgegroei, en dit nie om te onderdruk nie maar juis om gaandeweg vir die naturel die regte lewe te verskaf en hom op te hef. Hierdie magtige lewensformule, uit die eeue gebore en met smart en wee in aansyn geroep, het egter in gedrang gekom. Daarteen is allerlei liberalistiese gedagtespinsels gestel. Jammer ook, baie jammer dat die Afrikaners self nou verdeeld geraak het op hierdie kardinale punt ."

Prof. W J Snyman skryf: "Vir die bestryders van die Calvinisme is dit ook goed om goed op hoogte te kom van die Calvinisme wat hulle bestry, om sodoende daarvan gespaar te word om ‘n spook van eie maaksel te beveg in plaas van die Calvinisme . Dit was dikwels die geval met Calvyn. Ons dink veral aan die bestryding van die Calvinistiese beginsel van ‘Christelik-nasionale’ onderwys . Wat gewoonlik bestry word, is gewoonlik ‘n karikatuur daarvan. Dit word bestry as seksioneel en eng. In werklikheid is niks so ruim as die Calvinisme in sy rotsvastheid (1 Kor 15:58) nie, omdat dit nooit, soos die liberalisme, botsende elemente wil saamdwing binne dieselfde ruimte (skool, universiteit) nie. Dit is ook allermins seksioneel (of sektaries), want dit val met die Afrikaner saam. Dit is sy tradisie. Voeg by bostaande (skool, universiteit) ook ‘gebied’. Dan is dit duidelik hoe dieselfde beginsel ook geld op die politieke gebied, eweneens op die kerklike gebied." Verder: " Sien ons die probleem reg, dan is die roeping van die kerke ook duidelik. Die roeping van die kerke wat die gemeenskap van die heiliges met mekaar bely en hul belydenis ook ongehinderd wil belewe en wat nie onverskillig teenoor hul eie volk staan nie, bestaan daarin, om op grond van hierdie belydenis wat hulle gemeenskaplik het, saam te staan en die volke in Suid-Afrika te roep, elk tot sy eie gebied, en tot die bereidheid om te offer wat hiervoor nodig is, ter wille van selfbehoud en om alle halfslagtigheid en sleurgang te bestraf. Immers die bestaan van ‘n verskei-denheid van volke in politieke geskeidenheid (afsonderlikheid ) is op sigself geen verhindering van die belewing van die gemeenskap nie .

Dit gaan vir die Kerk hier nie net om ‘n politieke beleid nie, maar om sy kerklike belydenis en die ongehinderde uitlewing daarvan. Val kerklike en volksbelang hier saam, dan is dit omdat vir hulle wat die koninkryk van God soek, al hierdie dinge bygevoeg sal word; ook ‘n beveiligde volksbestaan. Die uitvoerbaarheid van gebiedskeiding is ‘n ander saak, solank die beginsel vasstaan.

Vir die uitvoerbaarheid geld die Woord van Christus aangaande die geloof, soos ‘n mosterdsaad, wat berge versit." Verder: "As ons maar wil luister, sê die Bybel vir ons: Moenie van julle nasionale vraagstuk ‘n rasse- en sodoende, ‘n wêreldvraagstuk maak nie, maar hou dit binne julle grense deur dit te sien as ‘n nasionale vraagstuk. ‘n Vraagstuk van verskillende volks- en taalgroepe binne die grense van die Republiek, wat die beste opgelos word met die beginsel: Vir elke volk sy land. Dit is ‘n Bybelse beginsel, en die beginsel is in alle opsigte baie prakties, behalwe natuurlik dat dit ook van ons ‘n groot offer vra."

By nugter beoordeling van ons geskiedenis sal mens moeilik van die feit wegkom dat Christelike-nasionalisme deel van ons Afrikaner maar in besonder ook van ons Gereformeerde identiteit uitmaak. Solank ons huiwer om die naelstring wat ons aan die geskiedenis bind af te knip of te versterk, sal ons soos ‘n skip sonder roer dryf, totaal rigtingloos . Solank ons beide Christelik-nasionalisme en liberalisme akkomodeer sal die identiteitskrisis voortduur en sal ons vir die stryd terugdeins. Is die uitvloei van lidmate na die Charismatiese kerke nie juis ‘n simptoom van die ontvlugtingsindroom as maklike uitweg weg van ons verlede nie. Dit verg geen besinning in verband met die strydvrae nie, slegs maar jou hart vir Christus.

Indien ons ingebreke bly om standpunt in te neem sal nie net die Afrikanervolk skade ly nie, maar ook ons kinders en die Gereformeerde Kerke. Hoewel ons nie die oë vir ons ouers en voorouers se foute moet sluit nie, moet erkenning vir insig en beginselvastheid nie misken word nie. Die offers waarvan Prof W J Snyman gepraat het, het ons nie gesystap toe die Liberalisme in April 1994 ‘n veldslag gewen het nie, ons het dit hoogstens uitgestel .

Prof Snyman wys egter daarop dat die Kerk in ons geskiedenis veel bygedra het om ons volk van ondergang te bewaar. " ... nie alleen teen verswelging deur heidenvolke nie maar ook teen die oormag van die Britse Ryk. Die Kerk het as ‘n bolwerk gestaan teen die denasiona-liseringsproses wat ons volk veral in sy taal aangegryp het. Die Kerk en kerkmanne het in die middelpunt gestaan van die Eerste en Tweede Taalbeweging."

Alleen indien ons weer die gesin en volkslewe in diens van Gods koninkryk stel, getrou aan ons Gereformeerde identiteit, sal die Afrikaner in die algemeen en die Gereformeerde in die besonder, sy roeping hier kan volbring, naamlik om waarlik lig vir die volke te wees. Dan word ons volkskap nie verabsoluteer nie maar word dit instrument in Gods hand. Maar dit sal moed, durf en bowenal geloof verg van lidmate en ampsdraers. Laat ons in geloof stry in die eerste plek vir Gods eer en koninkryk in die wete dat slegs Gods raadsplan en wil onomkeerbaar is.