Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die sosialistiese bedeling

AKTUEEL:
Moslems wêreldwyd in opstand

SKRIFOORDENKING:
Ek en my huis, ons sal die HERE dien
Josua 24 : 1 - 15

BOEKBESPREKING:
DIE BYBELLENNIUM
Skrifkritiese verklaring van teks in die boek Genesis

Lotery en dobbelspel geoorloof?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

"Die aarde is slegs een land en die mensdom sy inwoners"

Die Pous en die 1983 vertaling

"Are you a 'Dopper' "?

Kan ons nog praat van 'n Gereformeerde identiteit?

Reformasie van die Volkskultuur - Nodig of Noodwendig?

Die Massamens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Is dit reg, Prof Tjaart?

Die gevolge van (kerklike) tugloosheid

Bedenklike metodes vir die insameling van Kerkfondse

Besluit Nasionale Sinode GKSA 1955, Art 247

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Beteken "Staatsakkreditering" 'n totale oorgawe aan die "wense" van die staat? Is die betekenis van "Volkseie" noodwendig "Die verafgoding van Afrikanerskap" en daarom "uit die Bose"?

Volkseie onderwys en Christelikheid

Stigting van Hans Rooseboom-Studie leningstrust

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (6)

PERSRUBRIEK: 
Dr Yolanda Dreyer se moraal oor seksuele eksklusiwiteit


'n Tiperende openbaring  van 'n Nederlandse "susterkerk" se liturgie en amptelike dienste

KOMMENTAAR: 
Word polemisering tussen gelowiges afgewys?

Evolusionisme sonder voorbehoud!?

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Is die strafreg deel van die geneeskunde?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 4  Julie 2000

BOEKBESPREKING

DIE BYBELLENNIUM

Skrifkritiese verklaring van teks in die boek Genesis

Die dialektiese inslag van die verklaring van die Bybel kom tot uitdrukking in twee voorbeelde, twee argumente rakende Kain (Gen 4 : 15 en 17), soos prof Wil Vosloo dit in Die Bybellennium opdis. Dit staan teenoor die tradisioneel Gereformeerde eksegese, wat hy betwyfel.

"Dis nie duidelik wat die Kainsteken was en waar dit aangebring is nie. Kain word verbind met die Keniete. Dit is 'n stam wat ook die Here geken het (Rig 1 : 16). maar wat as nomades op die suidgrens van Kanaän gewoon het. Sommige kenners meen dat die Keniete die een of ander teken soos 'n tatoeëermerk gedra het en dat dit verband kan hou met die Kainsteken."

Kain se vrou

"Bybellesers wat die Oertydvertellings as 'n streng historiese weergawe beskou, vind dit moeilik om te verklaar waar Kain se vrou vandaan sou kom. Meestal word gesê dat hy met sy suster getrou het. Sulke verklarings is nóg getrou aan die Bybelteks, nóg aan 'n historiese hantering daarvan, omdat dit nêrens gesê word nie. 'n Verklaring wat meer teksgetrou is, is dat die Bybel nie bedoel om 'n geskiedenis weer te gee nie, maar ander oogmerke het. Daarom word net inligting gegee wat nodig is om die doel van die bepaalde Skrifdeel te verstaan."
Prof Wil Vosloo. In: DIE BYBELLENNIUM (bl 24 en 25)

Kommentaar Dr GCh Aalders in Genesis
(Korte Verklaring van de Heilige Schrift)
1949 Kampen: Kok (bl 160/1)

De HEERE gaf ook aan Kain een teken ... Meestal vertaalt men: " de HEERE zette een teken op Kain, opdat hem niet zou doodslaan wie hem ook aantrof"; dan gaat het dus om een teken dat Kain zelf droeg. Over de vraag wat voor een teken dat zou geweest zijn, lopen de meningen weer zeer uiteen. Reeds een oude Joodse voorstelling is, dat hij melaats zou geworden zijn; een ander, veel verbreide opvatting denkt aan een woest en verwilderd uiterlijk; nog weer anderen vermoeden: een brandmerk in het gezicht, of een speciaal moordenaarsteken. Tegenwoordig is een zeer geliefkoosde beskouing, dat het 't stamkenteken van de Kenieten zou geweest zijn. De Kenieten zouden reeds vóór de Israëlieten vereerders van Jahveh geweest zijn, en zich als zodanig door een bepaald Jahveh-teken (dat men zich denkt als een soort van tatoeëring op het voorhoofd) onderscheiden hebben. We zouden dan hier te doen hebben met een "sage" die den oorsprong van dit teken poogde te verklaren. Wat deze beschouwing aangaat, daartegen zijn onderscheidene argumenten in te brengen; ... Trouens er is gegronde reden om helemaal niet te denken aan een teken dat Kain zelf droeg. zulk een teken zou onder alle omstandigheden voor den drager veeleer 'n gevaar hebben opgeleverd, dan dat het hem ter beveiliging strekte. De woorden kunnen ook worden vertaald, zoals wij hebben gedaan: "De HEERE gaf een teken aan Kain, dat hem niet zou doodslaan wie hem ook aantrof "; en dit is die meest natuurlijke opvatting. Het teken is dan een onderpand, een waarborg van Godswege, dat Hy zorg zal dragen, dat Kain niet word gedood.

Wanneer hier op eenmaal sprake is van Kain's vrouw kan men natuurlijk weer vragen: waar kwam die vrouw vandaan? Het antwoord kan niet anders luiden dan: zij moet een zuster van hem zijn geweest, zoals we reeds opmerkten bij vers 14. Dat er niet eerst van de geboorte van die zuster melding is gemaakt, betekent niets. Een goed verstaander begrijpt het vanzelf; de geopenbaarde historie is geen notariële akte waarin niet de kleinste kleinigheid mag worden overgeslagen. Trouens in Gen 5 : 4 wordt ook uitdruklijk gezegd dat Adam behalve drie kinderen, wier namen ons worden genoemd, nog "zonen en dochters" verwekte.

Het feit van het huwelijk tussen broer en zuster behoeft ons in dit geval geen aanstoot te geven, maar het mag evenmin als een argument worden gebruikt om iets dergelijks ook thans nog als niet-ongeoorloofd te bestempelen. Indien uit énen bloede het ganse geslacht der mensen zou voortkomen (Hand 17 : 26), was het noodzakelijk, dat in den beginne broer en zuster huwden. Maar toen in later tijd die noodzaak niet meer bestond, werd zo iets door het uitdrukkelijk gebod Gods verboden en door het menselijk gevoel als "bloedschande" verafschuwd.

VRAE AAN PROF VOSLOO:
- 1 -

Deur Kain eksplisiet met die Keniete te verbind, wat op buiten-Bybelse gegewens berus, kan ons daaruit aflei dat die bybelse openbaring van die sondvloed waardeur God alle lewende wesens wat op die aarde was, die mens sowel as die vee ... verdelg het, waartydens net Noag en wat by hom in die ark was oorgebly het (Gen 7 : 23), deur prof Vosloo nie as 'n konkrete ingrype van God op die geskiedenis van die mensheid, aanvaar word nie? Hoe verklaar hy andersins die verbintenis van Kain met die Keniete wat in Rigters 1 : 16 genoem word?

'n Bekende Bybelverklaarder uit die 19de eeu, Karl August Dächsel, verklaar die teks van Numeri 24 : 22, waarin vir die eerste keer na Kain met betrekking tot die Keniete verwys word, aldus:

"Ewenwel zal Kain (niet de bekende broedermoorder, Gen 4, maar de niet nader bekende stamvader der Kenieten) met zijn volk verteerd worden, totdat u Assur, die wereldmacht, die zich eerst in het Assyrirische, dan in het Babelonische rijk tegen Israël verheft, gevankelijk wegvoeren zal."

Die teks van Rigters 1 : 16 verwys Dächsel terug na die bogenoemde verklaring van Num 24 : 22.

- 2 -

Stel prof Vosloo hom met die betwyfeling van Kain se voor die hand liggende huwelik met 'n suster van hom, bloot aan die aanvaarding van die evolusionistiese teorie van die pre-Adamiete? Dit is die benaming van mense wat reeds vóór die (simboliese) skepping van Adam en Eva sou geleef het. Dit is 'n buiten-Bybelse gedagte wat ná die Renaissance ontstaan het en verband hou met die verklaring van die verskillende oorsprong van die mensheid. So het die mening posgevat dat die wilde en donkerkleurige volke se afstamming terugverwys kan word na 'n stamvader vóór Adam, sodat Adam slegs as die stamvader van die Jode asook die blanke mensheid beskou moet word. Hierdie gedagte is geponeer deur 'n Fransman, Is de la Peyrére (1655).

Hoe rym prof Vosloo dit met 'n betroubare eksegese van die Skrif? Is dit nie die bevestiging van 'n evolusionistiese ontstaan van die mensheid, waarmee die historiese betroubaarheid van die Skrif in die gedrang is nie? Hoe vertolk hy, in hierdie verband, die geskiedenis van die sondeval en die gevolglike aanklewende erfsonde waarvan ons slegs deur die verlossingswerk van Christus en die wederbarende werk van die Heilige Gees verlos kan word? (vgl HK, Sondag 3, V/A 6, 7 en 8).