Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die sosialistiese bedeling

AKTUEEL:
Moslems wêreldwyd in opstand

SKRIFOORDENKING:
Ek en my huis, ons sal die HERE dien
Josua 24 : 1 - 15

BOEKBESPREKING:
DIE BYBELLENNIUM
Skrifkritiese verklaring van teks in die boek Genesis

Lotery en dobbelspel geoorloof?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

"Die aarde is slegs een land en die mensdom sy inwoners"

Die Pous en die 1983 vertaling

"Are you a 'Dopper' "?

Kan ons nog praat van 'n Gereformeerde identiteit?

Reformasie van die Volkskultuur - Nodig of Noodwendig?

Die Massamens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Is dit reg, Prof Tjaart?

Die gevolge van (kerklike) tugloosheid

Bedenklike metodes vir die insameling van Kerkfondse

Besluit Nasionale Sinode GKSA 1955, Art 247

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Beteken "Staatsakkreditering" 'n totale oorgawe aan die "wense" van die staat? Is die betekenis van "Volkseie" noodwendig "Die verafgoding van Afrikanerskap" en daarom "uit die Bose"?

Volkseie onderwys en Christelikheid

Stigting van Hans Rooseboom-Studie leningstrust

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (6)

PERSRUBRIEK: 
Dr Yolanda Dreyer se moraal oor seksuele eksklusiwiteit


'n Tiperende openbaring  van 'n Nederlandse "susterkerk" se liturgie en amptelike dienste

KOMMENTAAR: 
Word polemisering tussen gelowiges afgewys?

Evolusionisme sonder voorbehoud!?

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Is die strafreg deel van die geneeskunde?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 4  Julie 2000

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY

WARE BETEKENIS VAN DIE CALVINISME

P VAN DER KOOI

CALVINISME IS SINONIEM AAN GEREFORMEERD-WEES VIR DIE WETENSKAP EN DIE PRAKTYK VAN DIE LEWE

(Vorige aflewering)

ABRAHAM KUYPER (6)

In die vorige aflewerings is dr Abraham Kuyper se standpunte en optrede in die Nederlandse politiek behandel. As geesgenoot van Groen van Prinsterer het hy die gevierde leier van die Anti-Revolutionaire Partij geword. Tot nou toe het ons hom in positiewe sin bespreek. Daar is helaas ook negatiewe aspekte wat onder aandag gebring moet word.

Een van Abraham Kuyper se mees bekende standaardwerke is die uitgawe van "De Gemene Gratie", wat deur homself as 'n "eerste proewe" getipeer is. Hierin probeer hy die omstandighede te verklaar dat buite die verlossingswerk deur Christus tog nog veel goeds op die aarde gevind word. Daar is, ondanks die vervloeking van die aarde vanweë die sonde van ons eerste voorouers in die Paradys, nogtans groot dinge tot stand gebring, en nie net deur gelowiges nie. In baie opsigte het juis ongelowiges die meeste bygedra tot die ontwikkeling van tegniek en wetenskap. Daar is ook ondanks die sonde wat heersend is. nog 'n strewe na deugd en skoonheid wat wêreldwyd aanwesig is.

Hoe kan 'n mens dit begryp en verklaar?

Volgens Kuyper is dit moontlik deurdat God 'n soort van genade skenk aan die mensheid in die algemeen. Hierdie algemene genade, of met ander woorde, gemene grasie, werk temperend op tweërlei wyses: dit stuit die sonde in die mens en dit belemmer die gevolge van die vloek in die skepping. Sodoende is daar nog 'n normale samelewing moontlik.

Hierdie gemene grasie het bo en behalwe die konstante, stuitende werking ook 'n voortdurende progressiewe aksie. Dit lei die wêreld en die lewe tot ontwikkeling en bloei. Dit maak die mens, of hy dit wil weet of nie, tot 'n medewerker van God - ook die nie-wedergeborene! - en beheers as soda-nig die lewe in sy totaliteit. Dit verskaf die draagvlak en werkvloer waarop die saligmakende werking van die partikuliere of besondere genade gerealiseer kan word. Alhoewel dié gemene grasie self geen mens wederbaar of red nie, oefen dit wel 'n bepaalde krag ten aansien van die besondere genade uit, selfs positief aldus Kuyper, want "de middelen der gemene gratie kunnen zeer wel bij de bekering invloeien".

Dit betref dus twee hoofterreine: dié van die gemene grasie en dié van die besondere genade. Deur die inwerking van beide op mekaar, ontstaan daar neweterreine van meer of minder gemengde karakter.

Dit bring ons by die saak van hierdie artikelreeks. Die spesiale orgaan of voertuig vir die gemene grasie (algemene genade) sien Kuyper in die staat, wat uitsluitend daar is as gevolg van die sonde en dit vind sy wortel dus nie in Christus nie. Dit dien tot weerhouding van die andersins allesverwoestende omvang van die kwaad in die samelewing.Daarenteen is die spesiale orgaan of instelling vir die besondere genade die Kerk, wat in Christus gewortel is.

Altwee. die Kerk en die staat, het beslis wel iets met mekaar te doen, maar vanweë hulle verskillende oorsprong en taak, en ten spyte van 'n sekere verbinding, gaap 'n groot kloof daartussen. Hulle bly tot die einde toe "met de rug naar elkaar toe staan", aldus Kuyper.

As mens daaroor nadink dan ontdek jy al dadelik dat hy die wêreld as 't ware met 'n gemene-grasie-lig oorstroom sien. Daarteenoor het die predikant Jacobus Trigland, in die tyd van die remonstrantse twiste (Dordtse Sinode 1918/19) sy tydgenote gewaarsku dat hulle die klein vonkjies natuurlike lig wat ná die sondeval en die Goddelike vervloeking van die aardbodem in die mens oorgebly het, tog nie in hulle fantasie tot 'n groot vuur moet aanblaas nie. Kuyper het juis in daardie strik getrap.

Volgens die Roomse teologiese opvattings is deur die sondeval slegs die hoëre vermoëns om God te ken en te dien, deur die sondeval verwoes, terwyl sy "natuur" onaangetas gebly het. Vandaar die skeiding van "natuur en genade". In die Rooms-Katolieke Kerk dien die aanwesigheid van die kerklike ampte en die toediening van die sakramente om die aardse dinge met die hemelse te versoen.

Kuyper kom gevaarlik digby hierdie beskouing, as hy stel, soos alle gereformeerdes, dat die mens deur die sonde "radicaal verdorven" geword het, maar tegelykertyd die krag van dié belydenis relativeer, met die stelling dat daar 'n soort genade uitgaan tot alle mense, wat dan wel geen skuldvergevende krag het nie, maar wat tog wel die werking van die sondeval vir 'n groot deel belemmer en beperk.

Hieruit spruit voort dat in Kuyper se denke daar twee terreine bestaan waarby die staat die orgaan van die gemene grasie is. Op hierdie terrein funksioneer die "natuurlike" godskennis, die vonkjie waarvoor (hierbo) Trigland gewaarsku het. Kuyper erken egter volmondig dat die staatslewe wel sterk verryk en veredel word as dit beskyn word deur die kandelaar van die besondere genade. Sodoende kon hy op die paaie van die politiek die boodskappe in 'n skriftuurlike perspektief aanbied, soos wat hy dit gedoen het.

Maar die fatale gevolge van sy gestelde oortuiging het al hoe meer veld gewen in die relativering van die Kerk van Christus en sy prediking van die Woord van die Here as normatief vir die staatslewe. Al hoe meer word die saak van die staatkunde en politiek oorgelaat aan die common sense, die "gesonde verstand" met sy "ingeskape kennis van goed en kwaad".

Dié Kuyperiaanse gedagtekonstruksie kom tot uitdrukking in artikel 3 van die Anti Revolutionaire Partij se beginselprogram, soos dit deur hom geformuleer is. Paul Kruger het, as geesverwant hom maklik daarmee vereenselwig. Dié artikel lui as volg: "Ook op staatkundig terrein belijdt zij (die AR Partij) de eeuwige beginselen van Gods Woord; zo evenwel, dat het staatsgezag noch rechtstreeks, noch door de uitspraak van enige kerk, maar alleen in de consciëntie der overheidspersonen, aan de ordinantiën Gods gebonden zijn."

Hoe is die owerheid aan hierdie "ewige beginsels" gebind? Is dit deurdat God dit regstreeks in sy Woord aan hulle openbaar? Is dit deurdat die prediking van die ware Kerk die evangeliese boodskap en rigsnoer verskaf?

Nee! Die binding bestaan slegs in die gemene grasie konsep van die "natuurlike lig" van die gewete.

Dit het die deur oopgelaat en oopgemaak vir die verskynsel dat getroue lidmate van die kerk en selfs Gereformeerde teoloë en politici nie die Bybel as grondslag en vertrekpunt neem vir hulle oortuigings, doelstellings en strewe op die terreine van die staat en samelewing nie.

Waar Kuyper aan die een kant die leidinggewende figuur van die skriftuurlike antitese was, het hy andersins 'n kompromie gesoek vir samewerking op die terreine van die nasionale en internasionale politiek. Daarmee het hy skade berokken aan die skriftuurlik, calvinistiese benadering van sake wat nie net in Nederland nie, maar wêreldwye navolging gevind het.

So het hy byvoorbeeld oor die politieke samewerking met die Roomses beweer: "dat wij met Rome stoelen op dezelfde wortel des geloofs". Die taal van die Heidelbergse Kategismus wat die Paapse mis as 'n vervloekte afgodery tipeer, het vir Kuyper slegs betrekking op die dogmaties-kerklike teenstelling, wat op die terrein van die besondere genade tuishoort, daarenteen teiken sy bewering op die basis vir politieke samewerking waarby, in dié omstandighede, 'n mens regstreeks te doen het met die lig van die gemene grasie, die "gesonde verstand met die ingeskape godskennis" en die menslike gewete aangaande die besondere openbaring van God se Woord.

So het Kuyper ook gedink in wêreldverband. In die eerste hoofstuk van sy interessante werk "Om de Oude Wereldzee" wys hy op die Asiatiese gevaar. Hy verwys na die groeiende opkoms van die Oosterse volkere, wat dalk in die toekoms 'n gevaar vir Europa gaan word. En dan, meen hy, dat die bedreigde Christen-nasies juis dan 'n moontlike bondgenoot in die Islam kan vind! Want die Islam is, so sê hy, net soos die Christendom en die Jodendom, monoteïsties, dit wil sê, hulle aldrie erken maar één God, in teenstelling met die politeïstiese heidendom. Die antitetiese skeidingslyn loop hier vir Kuyper's besef nie tussen die leer van die saligheid teenoor elke dwaalleer wat die waarheid van die Bybel betwis en ontken nie, maar tussen die veelgodendom en die ééngodendom. "Het semietisch-monotheïstische verband, waarin Joden, Christenen en Mohammedanen principieel met elkander staan, kan ook in de Islam de aloude geloofsactie tegen alle polytheïsme weer doen opleven, en hierdoor het optreden van een verenigd Azië beletten. De tijd kan komen, dat de Islam ons als monotheïstische bondgenoot goud waard zou zijn ...", aldus Abraham Kuyper.

Dit is veral prof dr K Schilder wat Kuyper se mistastings aangaande die "proewe" van die gemene grasie raakgesien en gekritiseer het. Hy verwys na die Dordtse Leerreëls (III/IV, 3 en 4) en stel daarenteen dat "die klein oorblyfsels" en die lig van die natuur staan in 'n konteks, wat daarop gerig is om te verduidelik dat die mens nie te verontschuldigen is, omdat hy het licht ten onderhoudt. Met ander woorde: alle optimisme, uit die belydenisuitsprake geput, is ongeregverdig. Die Dordtse vaders het immers "een rem aangelegd aan elke vurige geest, die het licht der natuur wil laten zien als ondergrond, waarop te bouwen zou zijn, als basis, waarop trotsche gebouwen van wetenschap en kunst zijn op te trekken, enzovoort" (K Schilder).