Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die sosialistiese bedeling

AKTUEEL:
Moslems wêreldwyd in opstand

SKRIFOORDENKING:
Ek en my huis, ons sal die HERE dien
Josua 24 : 1 - 15

BOEKBESPREKING:
DIE BYBELLENNIUM
Skrifkritiese verklaring van teks in die boek Genesis

Lotery en dobbelspel geoorloof?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

"Die aarde is slegs een land en die mensdom sy inwoners"

Die Pous en die 1983 vertaling

"Are you a 'Dopper' "?

Kan ons nog praat van 'n Gereformeerde identiteit?

Reformasie van die Volkskultuur - Nodig of Noodwendig?

Die Massamens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Is dit reg, Prof Tjaart?

Die gevolge van (kerklike) tugloosheid

Bedenklike metodes vir die insameling van Kerkfondse

Besluit Nasionale Sinode GKSA 1955, Art 247

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Beteken "Staatsakkreditering" 'n totale oorgawe aan die "wense" van die staat? Is die betekenis van "Volkseie" noodwendig "Die verafgoding van Afrikanerskap" en daarom "uit die Bose"?

Volkseie onderwys en Christelikheid

Stigting van Hans Rooseboom-Studie leningstrust

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (6)

PERSRUBRIEK: 
Dr Yolanda Dreyer se moraal oor seksuele eksklusiwiteit


'n Tiperende openbaring  van 'n Nederlandse "susterkerk" se liturgie en amptelike dienste

KOMMENTAAR: 
Word polemisering tussen gelowiges afgewys?

Evolusionisme sonder voorbehoud!?

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Is die strafreg deel van die geneeskunde?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 4  Julie 2000

GESPREK MET DIE LESERS

REDAKSIONEEL

Hierdie uitgawe is aktueel toegespits op die omstandighede van ons bestaan, sowel in die persoonlike, kerklike as maatskaplike. Veral op die platteland heers daar kommer met die oog op die toekoms, die ontwikkelinge in ons noordelike buurstaat, Zimbabwe, voor oë. Toenemende belastingdruk en inflasie, verwarring in die politiek, die nimmereindigende vlaag van moorddadige geweld op die platteland en in stedelike gebiede, motordiefstal en -kapings, ensovoorts, dit is almal omstandighede buite ons beheer. Tegelykertyd word in die Parlement gestoei oor die nuwe wapenwetgewing, wat daartoe mag lei dat 'n groot deel van ons blanke bevolking prakties ontwapen en weerloos gemaak word teen misdadigers en terroriste. Hoe staan ons teenoor al hierdie verontrustende verskynsels en omstandighede?

Die redaksie van Die Kerkpad wil sy lesers nie onnodig op hol jaag nie, maar hy wil wel die sake in skriftuurlike konteks plaas. Dit is nie uitsluitlik die privilegie van die politici om hieroor te praat en te skryf nie.

Die lewe is een. Daarom het óns ook 'n boodskap aan die lesers/intekenare van ons blad. Dit betref in die eerste plek om die sake van die dag te stel in die perspektief van die koninkryk van God en die stryd van die Satan om die mag van die Here te weerstaan.

Wat nou gebeur, staan nie los van die stryd wat in die Paradys begin het nie (Gen 3:15). Daarom bestaan daar 'n antitese tussen die almagtige God van hemel en aarde en die Satan wat 'n groot mag ontvang het om die kinders van die Here te verlei om van die Christelike geloof afvallig te raak.

Daarom moet die aandrywende prinsipiële motiverings en strewe van die politiek en stryd wat gevoer word, raakgesien en onderskei word. En daarom kan ons nie swyg oor wat rondom ons aangaan nie. Daarom kan ons dan ook nie die terreine van die staat en dié van die kerk skei nie. Dit staan almal onder die heerskappy van ons hemelse Vader, wat alle dinge beskik en bestuur volgens sy wil.

Daar is bondgenote waarmee ons kan saamwerk. Die koninkryk van die Here betref nie slegs die kerk en lidmate van die GKSA nie. So is daar ook teenstanders, waarmee ons nie kán of mág saamwerk nie. Daar is teenstanders wat ons (hier staan ons, ons kan nie anders nie!) in die Naam van die Here moet beveg. Dit betref dié wat in die stryd om die handhawing van die "ewige beginsels van God se Woord" en die praktiese toepassing daarvan, die saak van die Here teenstaan.

Dit tipeer die aard van die redaksie van ons blad. Ons vat die hande van diegene wat saam met ons wil vasstaan in die stryd vir reformasie van die Here se kerk. Dit raak die konfessioneel behoudendes in die NG Kerk, die APK, die NH Kerk, asook dié in die GKSA en VGKSA. Dit betref ook die volkstryd waarin ons gewikkel is. Dit gaan oor die voortbestaan van ons volk en die toekoms van ons nageslag. Maar bó alles gaan dit oor die hóe van dié voortbestaan. Sal ons vir altyd onderwerp wees aan die sekulêre gesag van 'n swart kommunistiese sataniese bewind, òf mag ons gelowig bid, werk en stry vir uitkoms en 'n beter toekoms? Moet ons sogenaamd "vroom" ons skik en lydsaam onderwerp aan die owerheid van die dag, wat ons geestelike en materiële voortbestaan prinsipieel en sistematies bedreig?

Ons wil die dank uitspreek aan al die lesers/intekenare wat ons met raad en daad bystaan. Al die meelewende boodskappe wat ons ontvang, asook donasies en 'n gereelde toesending van herintekening op ons blad.

Tog is daar nog 'n aantal lesers/intekenare van ons blad wat blykbaar nie besef dat hulle hul finansiële bydrae vir die (derde/vierde jaargang) nog nie oorbetaal het nie. Ons wil hulle vriendelik daartoe versoek.®