Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die sosialistiese bedeling

AKTUEEL:
Moslems węreldwyd in opstand

SKRIFOORDENKING:
Ek en my huis, ons sal die HERE dien
Josua 24 : 1 - 15

BOEKBESPREKING:
DIE BYBELLENNIUM
Skrifkritiese verklaring van teks in die boek Genesis

Lotery en dobbelspel geoorloof?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

"Die aarde is slegs een land en die mensdom sy inwoners"

Die Pous en die 1983 vertaling

"Are you a 'Dopper' "?

Kan ons nog praat van 'n Gereformeerde identiteit?

Reformasie van die Volkskultuur - Nodig of Noodwendig?

Die Massamens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Is dit reg, Prof Tjaart?

Die gevolge van (kerklike) tugloosheid

Bedenklike metodes vir die insameling van Kerkfondse

Besluit Nasionale Sinode GKSA 1955, Art 247

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Beteken "Staatsakkreditering" 'n totale oorgawe aan die "wense" van die staat? Is die betekenis van "Volkseie" noodwendig "Die verafgoding van Afrikanerskap" en daarom "uit die Bose"?

Volkseie onderwys en Christelikheid

Stigting van Hans Rooseboom-Studie leningstrust

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (6)

PERSRUBRIEK: 
Dr Yolanda Dreyer se moraal oor seksuele eksklusiwiteit


'n Tiperende openbaring  van 'n Nederlandse "susterkerk" se liturgie en amptelike dienste

KOMMENTAAR: 
Word polemisering tussen gelowiges afgewys?

Evolusionisme sonder voorbehoud!?

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Is die strafreg deel van die geneeskunde?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 4  Julie 2000

KERKLIKE JOERNAAL

BESLUIT NASIONALE SINODE GKSA 1955, ART 247

Artikel 247 handel oor die "insameling van fondse deur verkopings, konserte en kollektelyste". Die kernvraag is: Waar moet 'n kerkraad sy inkomste vandaan kry? Die antwoord is duidelik. Hy kry sy inkomste uit "tiendes". Dis wat ons in die Skrif vind. Daarmee word nie noodwendig bedoel 10% van die bruto of netto inkomste van 'n belydende lidmaat nie. Dit kan skenkings en boedeltoevallings ook insluit. Die saak is dat die kerkraad se fondse moet kom van die bydraes van sy lidmate.

Die Sinodebesluit van 1955, artikel 247 lui soos volg:

'' Aangesien:

(a) dit deur die Heilige Skrif uitdruklik geleer word dat die kerklike diens deur die lidmate van die kerk self onderhou moet word (Matt 10:10; Luk 10:7; Kor 9:7-14; Gal 6:6) en art 11 KO so neergelę is in ooreenstemming met die Skrif.

(b) die Heilige Skrif verder leer dat daar die nouste verband moet bestaan tussen die bediening van die Evangelie en die onderhoud daarvan;

(c) ons in die Heilige Skrif die voorbeeld het van die oudste kerk, wat die verkoping van goedere nie self ter hand geneem het nie (Hand 4:34,37) en ook 'n heenwyse na die gevare aan sodanige praktyke verbonde (Joh 2:13-16; Matt 21:12,13);

(d) die geskiedenis leer dat die selfstandigheid en tewens die geestelike welstand van die kerk met hierdie beginsel gemoeid is, en verder

(e) daar teen die hou van verkopings tussen die insameling van gelde vir kerklike doeleindes en dié vir doelstellings wat val op die terrein van Christelik-nasionale en -maatskaplike lewe en

(f) daar teen die hou van verkopings en konserte as sodanig nie beswaar ingebring kan word nie, besluit die eerwaarde Sinode:

(1) dat die insameling van gelde vir kerklike doeleindes deur die hou van verkopings en konserte nie behoort te geskied nie en dat waar dit in gebruik is, daarmee nie voortgegaan behoort te word nie; maar dat die lidmate van die gemeentes volgens 'n bepaalde (persentasie-)stelsel, wat voldoen aan die vereistes van die Heilige Skrif, moet bydra;

(2) dat vir die insameling van gelde vir doeleindes wat val op die gebied van die Christelik-nasionale en -maatskaplike lewe, daar geen beswaar bestaan teen die hou van verkopings nie, mits die Christelike beginsels vir bedryf en vermaak hierby in ag geneem word. Hierby kan dan ook van kollektelyste gebruik gemaak word.''