Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die sosialistiese bedeling

AKTUEEL:
Moslems wêreldwyd in opstand

SKRIFOORDENKING:
Ek en my huis, ons sal die HERE dien
Josua 24 : 1 - 15

BOEKBESPREKING:
DIE BYBELLENNIUM
Skrifkritiese verklaring van teks in die boek Genesis

Lotery en dobbelspel geoorloof?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

"Die aarde is slegs een land en die mensdom sy inwoners"

Die Pous en die 1983 vertaling

"Are you a 'Dopper' "?

Kan ons nog praat van 'n Gereformeerde identiteit?

Reformasie van die Volkskultuur - Nodig of Noodwendig?

Die Massamens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Is dit reg, Prof Tjaart?

Die gevolge van (kerklike) tugloosheid

Bedenklike metodes vir die insameling van Kerkfondse

Besluit Nasionale Sinode GKSA 1955, Art 247

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Beteken "Staatsakkreditering" 'n totale oorgawe aan die "wense" van die staat? Is die betekenis van "Volkseie" noodwendig "Die verafgoding van Afrikanerskap" en daarom "uit die Bose"?

Volkseie onderwys en Christelikheid

Stigting van Hans Rooseboom-Studie leningstrust

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (6)

PERSRUBRIEK: 
Dr Yolanda Dreyer se moraal oor seksuele eksklusiwiteit


'n Tiperende openbaring  van 'n Nederlandse "susterkerk" se liturgie en amptelike dienste

KOMMENTAAR: 
Word polemisering tussen gelowiges afgewys?

Evolusionisme sonder voorbehoud!?

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Is die strafreg deel van die geneeskunde?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 4  Julie 2000

OPVOEDING EN ONDERWYS

VOLKSEIE ONDERWYS EN CHRISTELIKHEID

-  DR PE VAN DER DUSSEN  -   REGISTRATEUR VAN DIE ACVHO  -

Iemand het geskryf: "Dit is belangriker Godgegewe 'ding' om Christelik gelowig te wees as om aan 'n spesifieke volk te behoort en daar tuis te voel. Ek meen dus dat Christelike onderwys noodsaaklik is, maar dat volkseie onderwys dalk as 'n luukse gesien kan word. Daar is ook mense (insluitend stoere gereformeerdes) wat meen dat 'n ongesonde volkseie klem 'n struikelblok kan wees, nie net vir die onderwys nie, maar ook vir die Christelikheid daarvan."

Niemand - veral (ek durf te sê juis ) die BCVO nie - verskil daarvan dat die grond van alle dinge die Woord van God is nie. Daarom Christelik-koppelteken-volkseie (Christelik met ‘n hoofletter en volkseie met ‘n kleinletter) - nie Christelike Volkseie of Christelike en Volkseie nie. Dat daar ‘n hoofletter-V in die afkorting staan, is bloot esteties-tipografies te verantwoord.

Maar ek gee dit aan mense present as hulle meen dat die aardse en materiële niks of weinig werd is nie - die ou Griekse filosowe het al so gedink en daarom die liggaam teenoor die gees verkleineer. Daarteenoor leer die Skrif die teenoorgestelde. Kyk maar net na Sondag 1, Vraag 1 van die Heidelbergse Kategismus: "met liggaam en siel, in lewe en in sterwe".

My argument gaan egter nie hierom nie, maar daarom dat die BCVO en ander onafhanklike skole wèl en ondubbelsinnig Christelike en selfs gereformeerd-Christelike onderwys verskaf, terwyl die staatskole dit nie doen nie en ook nie màg doen nie. Inteendeel is ‘n sinkretistiese benadering SELFS IN GODSDIENSONDERRIG ‘n verpligting. En as sinkretisme nie anti-Christelikheid of minstens die voorportaal daarvan is nie, dan weet ek nie wat anti-Christelik is nie. Nou kry jy ouers en selfs kerke en kerkverbande wat sê: Die BCVO oorbeklemtoon die volkseie; hulle is dus per definisie rassiste en per sé onchristelik of soos ‘n lidmaat van ‘n oer-gereformeerde kerk (nie binne GKSA-verband nie) my toegevoeg het, anti-Christelik. Dus stuur ek my kind nie na daardie aaklige BCVO-skool toe nie, maar wél na die humanistiese sinkretistiese staatskool, waar hy tog nie aan die gruwel van volkseie blootgestel word nie en ek vergeet maar van sinkretisme en ewolusie en ophemeling van die rewolusie en al sulke dinge - solank my kind tog net nie tot ‘n aaklige Afrikaner opgevoed word nie. En moenie vir my sê dit gebeur nie. Ons wat dag vir dag in die saak betrokke is, kry dag vir dag met dié soort redenasie te doen. Ek kan u na predikante toe neem wat so praat, laat staan nog lidmate. Vir hulle is dit veel erger as die kind dalk aan sy "rainbow"-beeld skade ly as aan sy ewige sieleheil.

As dit nie die geval was nie, sou die CVO-skole en ander onafhanklike Christelike skole nie ‘n sukkelbestaan gevoer het nie. Neem nou maar Pretoria waar daar vier BCVO-skole en twee skole onder die vaandel van ARSO bedryf word. Gesamentlike leerlingtal miskien 800 van graad een tot matriek. Net in die GKSA-kerke in Pretoria is daar 5500 dooplidmate - op sigself verskriklik dat dit maar ‘n derde van die 17000 belydende lidmate is ... Dus ‘n sterwende kerk. Dan praat ons nie van die gereformeerdes in die APK, die Hervormde Kerk en ook nog in die NG Kerk nie. Niemand hoef meer te sê die afstande is te groot of die skoolgeld is te hoog nie. Meer as een staatskool se skoolgeld is reeds baie na aan die BCVO-skole se skoolgeld. En buitendien, wat is belangriker - my kind se ewige sieleheil of my motor wat nood-wendig elke soveel jaar vervang moet word, of my oorsese reis? En dan vergeet ons so maklik van al die bykomstige uitgawes wat by die staatskole te pas kom soos sportheffings en kultuurheffings en dies meer - dinge wat Goddank, vanweë die geldelike armoede van die CVO-skole, nog nie of maar net baie beperk daar van toepassing is nie. Ek weet van ‘n predikant wie se kerkraad sy skoolgeld by ‘n staatskool betaal: R600 per maand meer as wat dit by die CVO-skool sou gekos het ...! Ek weet van nog ‘n predikant wie se vrou by ‘n staatskool skoolhou en wie se klein kindertjies in ‘n staatskool is - maar sy het nie eers die moeite gedoen om te vra of daar nie dalk ‘n pos by die CVO-skool is nie. Dit bloot omdat hy benewens sy kerklike broederskap ook ‘n wêreldlike broederskap in stand hou.

Twee vrae: Wat het van die Doopsbelofte geword? En wat van die tugopdrag aan die gelowiges en hulle kerkrade? Wat myself betref: Ek is dankbaar dat daar vir my kleinkinders ‘n Christelike skool is. Ek is ook dankbaar dat dit ‘n Christelik- volkseie skool is. ‘n Afrikaner gebore is ek ‘n Afrikaner geroepene en dus geroepe tot Afrikanerskap - tot Christelike Afrikanerskap - tot Christelik-Afrikanerskap. Net soos die Nederlander tot Christelik- Nederlanderskap geroep is ("Voor God, Nederland en Oranje" is die slagspreuk waaronder juis die Gereformeerde Nederlanders lank gevaar het) en die Zoeloe tot Christelik-Zoeloeskap en die Boesman tot Christelik-Boesmanskap.