Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die sosialistiese bedeling

AKTUEEL:
Moslems wêreldwyd in opstand

SKRIFOORDENKING:
Ek en my huis, ons sal die HERE dien
Josua 24 : 1 - 15

BOEKBESPREKING:
DIE BYBELLENNIUM
Skrifkritiese verklaring van teks in die boek Genesis

Lotery en dobbelspel geoorloof?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

"Die aarde is slegs een land en die mensdom sy inwoners"

Die Pous en die 1983 vertaling

"Are you a 'Dopper' "?

Kan ons nog praat van 'n Gereformeerde identiteit?

Reformasie van die Volkskultuur - Nodig of Noodwendig?

Die Massamens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Is dit reg, Prof Tjaart?

Die gevolge van (kerklike) tugloosheid

Bedenklike metodes vir die insameling van Kerkfondse

Besluit Nasionale Sinode GKSA 1955, Art 247

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Beteken "Staatsakkreditering" 'n totale oorgawe aan die "wense" van die staat? Is die betekenis van "Volkseie" noodwendig "Die verafgoding van Afrikanerskap" en daarom "uit die Bose"?

Volkseie onderwys en Christelikheid

Stigting van Hans Rooseboom-Studie leningstrust

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (6)

PERSRUBRIEK: 
Dr Yolanda Dreyer se moraal oor seksuele eksklusiwiteit


'n Tiperende openbaring  van 'n Nederlandse "susterkerk" se liturgie en amptelike dienste

KOMMENTAAR: 
Word polemisering tussen gelowiges afgewys?

Evolusionisme sonder voorbehoud!?

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Is die strafreg deel van die geneeskunde?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 4  Julie 2000

Persrubriek

'n Tiperende openbaring  van 'n Nederlandse "susterkerk" se liturgie en amptelike dienste

Die GKSA handhaaf (engere) korrespondensie met die kerkverband van die Nederlandse Gereformeerde Kerken (NGK). Dié kerke was aanvanklik deel van die (vrygemaakte) Gereformeerde Kerken in Nederland. Ná hulle afstigting het hulle die Dordtse Kerkorde, wat hoof-saaklik ooreenkom met die kerkorde wat in die GKSA bindingskrag geniet, afgeskaf en vervang met 'n "Akkoord van Kerkelijk Samenleven". Daarvolgens beskik plaas-like gemeentes oor 'n groot vryheid om af te wyk van 'n algemeen geldende liturgie en amptelike dienste, wat tiperend is in 'n advertensie, wat net soos van toepassing in die Suid-Afrikaanse NG kerke, met die oog op die beroeping van 'n predikant geplaas is. Dié advertensie lui as volg:

''Per 1 januarie 2000 is die Nederlands Gereformeerde kerk van Dordrecht vacant.''

De kerkenraad wil op de gebruikelijke wijze proberen een nieuwe predikant te zoeken. Daarnaast willen wij de mogelijk-heid scheppen om in contact te komen met een predikant, die in de gemeente niet bekend is, maar wellicht belangstelling heeft voor de gemeente van Dordrecht.

We zijn een actieve gemeente met een evangelische inslag en hebben veel jonge leden. We vormen een veelkleurige gemeente met leden van uiteenlopende achtergronden. Wij hebben een wat aparte positie in het kerkverband. Zo vieren wij elke zondag de tafel des Heren, waarbij ook onze kinderen aangaan en hebben één eredienst per zondag. Ook kennen wij vrouwelijke oudsten en diakenen. Wij werken samen met het interkerkelijk Dovenpastoraat. ...

(Kursivering van redaksie, P vd K)

(OPBOUW, 29 Oktober 1999)

Redaksionele Kommentaar:

Hierdie oorsese 'susterkerk" aanvaar openlik talle afwykings waaroor binne die verband van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika gedisputeer word en/of afwysende sinodebesluite van krag is.

1. 'n Evangeliese inslag.

2. 'n Aparte posisie in die kerkverband.

3. Nagmaalviering elke Sondag.

4. Kinderkommunie.

5. Geen tweede eredienste nie.

6. Vroulike ouderlinge en diakens.