Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die sosialistiese bedeling

AKTUEEL:
Moslems węreldwyd in opstand

SKRIFOORDENKING:
Ek en my huis, ons sal die HERE dien
Josua 24 : 1 - 15

BOEKBESPREKING:
DIE BYBELLENNIUM
Skrifkritiese verklaring van teks in die boek Genesis

Lotery en dobbelspel geoorloof?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

"Die aarde is slegs een land en die mensdom sy inwoners"

Die Pous en die 1983 vertaling

"Are you a 'Dopper' "?

Kan ons nog praat van 'n Gereformeerde identiteit?

Reformasie van die Volkskultuur - Nodig of Noodwendig?

Die Massamens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Is dit reg, Prof Tjaart?

Die gevolge van (kerklike) tugloosheid

Bedenklike metodes vir die insameling van Kerkfondse

Besluit Nasionale Sinode GKSA 1955, Art 247

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Beteken "Staatsakkreditering" 'n totale oorgawe aan die "wense" van die staat? Is die betekenis van "Volkseie" noodwendig "Die verafgoding van Afrikanerskap" en daarom "uit die Bose"?

Volkseie onderwys en Christelikheid

Stigting van Hans Rooseboom-Studie leningstrust

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (6)

PERSRUBRIEK: 
Dr Yolanda Dreyer se moraal oor seksuele eksklusiwiteit


'n Tiperende openbaring  van 'n Nederlandse "susterkerk" se liturgie en amptelike dienste

KOMMENTAAR: 
Word polemisering tussen gelowiges afgewys?

Evolusionisme sonder voorbehoud!?

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Is die strafreg deel van die geneeskunde?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 4  Julie 2000

REDAKSIONEEL

Die verskyning van hierdie uitgawe val saam met die begin van die laaste helft van die jaar. Die opslag van die "nuwe millennium" het al begin te verflou. Die sogenaamde "kerklike jaar", die jaarlikse siklus van Kersfees, Goeie Vrydag, Paasfees, Hemelvaart en Pinkster, is weer eens verby. Die komende Kersfees kom al weer naderby. Word dit nie tyd om te besin oor die gewoonte om dit jaar op jaar te herhaal nie? Dien dit tesame met kommersiële skeppings, soos Valentynsdag, Moedersdag, Vadersdag en wat meer nog, nie veral as stimulanse vir koopkrag en die florering van die vakansiebedrywighede nie?

Die afgelope paar maande was die aandag sterk bepaal op die politieke stryd in ons noordelike buurlande, in die besonder Zimbabwe. Dit het spanning laat oplaai dat van dié gewelddadige en revolusionęre simptome na ons land kan gaan oorwaai. Plaasmoorde en ander gewelddadige misdade vind onafgebroke haas sistematies, dan hier, dan daar, in ons land plaas.

Die afgod sport vier hoogty onder die bevolking, blank en swart, in ons land. Dit gaan gepaard met 'n groeiende neiging tot verduistering van geld. Korrupsie word byna daagliks oopgevlek. Die sonde van egoďstiese hebsug floreer as gevolg van die onkeerbare mag van die Satan en die aangebore sonde in die lewe van die mense.

Deur middel van die redaksie van ons blad poog ons om te wys op die onderliggende faktore van die verderf en dwalings in die samelewingsverbande van die kerk en staat. Dit raak ook die kerke van gereformeerde grondslag, wat ons in die besonder benader. "Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God" (1 Petrus 4 : 17) . ®