Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Koninkryk van God

SKRIFOORDENKING:
Die groeikrag van die Koninkryk

AKTUEEL
"Homoseksueel" Moet uit Afrikaanse Bybelvertaling verwyder word.

Die Psalmbundel van Petrus Datheen

Sabat (=rusdag) en Sondag as opstandingsdag in die lig van God se ewige genadeverbond

Heilshistorie of "Oergeskiedenis"

Deputate of Deputaatskappe? 'n Nuwe aktualiteit in die GKSA

Kleredrag in die Kerk

Die mitte van gelykheid

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe rektor vir die PU vir CHO

Sal NG Kerk luister na van sy jong mense?

Wat doen die SA owerheid?

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Toespraak: Begrotingspos onderwys

Ewolusieteorieë onbetwisbaar en wetenskaplik?

Onderwys in Kaapland 1910

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhuiding tussen die Kerk en die  Staat volgens die Skrif

PERSRUBRIEK: 
'n Groeiende verlange na 'n vrye NG Kerk


Bitter gevolge van loteryverslawing

Onverkwiklike debat oor homoseksueles

Gedagtes oor die passiespel in Oberammergau

Uitleef van Godsdienstige en kulturele oortuigings ondergeskik aan die handves van menseregte

Handves kom oor seksuele regte

Werkswinkel te Potchefstroom 2 - 4 Mei 2001

Ds Hennie Momberg : Besluit van voordrag tydens die werkswinkel te Potchefstroom

Dienaars te perd en lasgevers te voet?

MEDIESE ETIEK: 
Gee ons vandag ons daaglikse brood

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 4 Julie 2001

Aktueel

"HOMOSEKSUEEL" MOET UIT AFRIKAANSE BYBELVERTALING VERWYDER WORD

- RADIO PRETORIA SE NUUSKOMMENTAAR OP DONDERDAG 26 APRIL 2001  -

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is deur die Reformerende Kerk versoek dat die woord "homoseksueel" uit die Afrikaanse Bybel verwyder word. Dit moet só hervertaal word dat dit duidelik is dat dit nie in die Bybel gaan oor wat vandag as homoseksueel bekend is nie.

So ‘n versoek kom nie as ‘n verrassing nie. Die invloed van die humanistiese menseregte-ideologie stel immers die mens, sy belange en regte as verhewe bo Goddelike waarhede en gebooie. Ateïstiese humaniste ontken selfs die bestaan van God en beskou die mens as die hoogste en edelste wese in ‘n skepping van toevalligheid.

Pogings om die Bybel sogenaamd te ontmitologiseer en by die humanistiese siening van die wetenskap en ook by omstandighede en kultuur van die tyd aan te pas, kom al uit die agtiende eeuse Verligting.

Trouens, die 1983-vertaling van die Afrikaanse Bybel, asook verskeie Amerikaanse vertalings, behoort tot die genre van wat genoem word vertolkende vertalings. Baie tekste is herformuleer en baie ander weggelaat om dit aanvaarbaarder vir die mens van vandag te maak. Die 83-vertaling is onder invloed van die Amerikaanse Bybelvertaler, Eugene Nida voorafgegaan deur ‘n besluit in Julie 1968 dat –– en ons haal aan –– "die tyd het nou aangebreek dat daar gewerk word aan ‘n vernude vertaling, wat rekening hou met die ontwikkeling van Afrikaans in die afgelope tydvak en die resultate van wetenskaplike ondersoek."

Nida is die voorste en uiters invloedryke eksponent van die Dinamies-Ekwivalente vertaalwerkwyse. Dit vra dat die boodskap van die Bybel aangepas moet word by die mens se situasie en kulturele milieu van die tyd.

Die boodskap moet dus verander word sodat die luisteraar of leser dit kan verstaan –– al sou dit kos dat die Bybel self verander word. Die gevolg hiervan is dat die vertaler se eie vertolking van ‘n Bybeluitspraak die geskrewe Bybelwoord verdring.

Die Reformerende Kerk se versoek staan dus ten volle in die teken van hierdie vertaalbeskouing. Dit sluit ook aan by ander huidige beskouinge dat die Bybel in die dampkring van vandag se mens gelees, vertolk en uitein-delik ook vertaal moet word, soos byvoorbeeld of sekere Ou Testamentiese verhale geglo kan word en of Christus dan werklik die enigste weg tot saligheid is.

Ds André Muller, moderator van die Reformerende Kerk, voer aan dat God die mens liefhet net soos hy is en dat die Afrikaanse Bybelvertaling die grootste enkele oorsaak vir die geestelike leegheid en kerkloosheid van Afrikaanse homoseksuele is.

Wat hieruit spreek is inderdaad ‘n rewolusionêre religieuse beskouing in soverre dit die Christen aangaan. Dit gee te kenne dat daar nie ‘n geestelike wedergeboorte by die Christen hoef plaas te vind nie. Dit ontken dus ook die werking van die Heilige Gees in die herskep-pingsproses van die mens. As dit vir homoseksueles geld, waarom kan dronkaards, owerspeliges, hoereerders, geweldenaars, leuenaars, en dies meer dan nie ook maar voortgaan net soos hulle is nie? ‘n Mens sou wel kon vra waarom dit dat dan hoegenaamd nodig was vir Christus om te gesterf het as God die mens liefhet, en ons haal aan "net soos hy is".

Dit gaan ook nie om die vertaalde teks nie, maar om die teks, om die Bybel self. Die Bybel self moet, soos Nida dit ook bepleit, verander word om by die mens aan te pas. Daardeur word die ganse Christelike etiek wat op die Bybeluitsprake gegrond is, in gedrang gebring.

Wat verbaas is nie die versoek van die Reformerende Kerk nie, maar wel dat die Bybelgenootskap dit so hoog aanslaan dat dit na akademici wat met Bybelvertaling werk, verwys is om, so word gesê, die meriete daarvan te bepaal. Dit staan ook in die teken van ‘n tendens om liewer ‘n aanvaarbaarder kompromis deur rasionalisasie te vind as om die Bybelse gebod te handhaaf.

Hierdie humanistiese atmosfeer waarin sommige teoloë hulle bevind, is ‘n gevaarlike glybaan na uiteindelike agnostisisme, soos ons reeds onder baie Europeërs aantref. Dis die nagevolge van die Verligting en die humanisme. Want uiteindelik bly daar niks van die geloof in die Bybel as die betroubare en ware Woord van God oor nie. Die mens sal die Bybel aanpas soos dit hom pas totdat die wil van God deur die voorkeure van die mens vervang is.

Op 'n vraag of die naam ''Reformerende Kerk'' tereg is, het prof Pieter van der Dussen van die ACVHO, geantwoord dat dit ''volgens 'n koerantberig (BEELD) 'n kerk met veertien gemeentes is, wat goedgesind staan teenoor homoseksueles ''. Wat my betref is dit ''geen kerk in die sin wat die Bybel ons leer nie, aangesien hulle nie die Woord van God suiwer bring nie en dit ook na hulle smaak aangepas wil sien. In elk geval is dit duidelik 'n onbenullige groepie wat nou as 'n skaars sigbare stertjie die hond wil swaai'', aldus prof Van der Dussen.