Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Koninkryk van God

SKRIFOORDENKING:
Die groeikrag van die Koninkryk

AKTUEEL
"Homoseksueel" Moet uit Afrikaanse Bybelvertaling verwyder word.

Die Psalmbundel van Petrus Datheen

Sabat (=rusdag) en Sondag as opstandingsdag in die lig van God se ewige genadeverbond

Heilshistorie of "Oergeskiedenis"

Deputate of Deputaatskappe? 'n Nuwe aktualiteit in die GKSA

Kleredrag in die Kerk

Die mitte van gelykheid

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe rektor vir die PU vir CHO

Sal NG Kerk luister na van sy jong mense?

Wat doen die SA owerheid?

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Toespraak: Begrotingspos onderwys

Ewolusieteorieë onbetwisbaar en wetenskaplik?

Onderwys in Kaapland 1910

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhuiding tussen die Kerk en die  Staat volgens die Skrif

PERSRUBRIEK: 
'n Groeiende verlange na 'n vrye NG Kerk


Bitter gevolge van loteryverslawing

Onverkwiklike debat oor homoseksueles

Gedagtes oor die passiespel in Oberammergau

Uitleef van Godsdienstige en kulturele oortuigings ondergeskik aan die handves van menseregte

Handves kom oor seksuele regte

Werkswinkel te Potchefstroom 2 - 4 Mei 2001

Ds Hennie Momberg : Besluit van voordrag tydens die werkswinkel te Potchefstroom

Dienaars te perd en lasgevers te voet?

MEDIESE ETIEK: 
Gee ons vandag ons daaglikse brood

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 4 Julie 2001

KERKLIKE JOERNAAL

 

NUWE REKTOR VIR DIE PU VIR CHO

Dr Theuns Eloff Dr Theuns Eloff is deur die Raad van die PU vir CHO (PUK) op jongslede 21 Junie aangewys as hul sewende Rektor en Visekanselier.

Die dagblad BEELD vermeld (22 Junie) dat die ses-en- veertig jarige dr Eloff dié nuus in New York ontvang het, waar hy in sy hoedanigheid as uitvoerende hoof van die Nasionale Besigheidsinisiatief 'n vergadering bygewoon het. Hy sien blykbaar uit na dié nuwe pos, want hy "is baie dankbaar en opgewonde", aldus die berig in BEELD.

Dr Eloff het 'n lang verbintenis met die PUK. Allereers het hy sy studies hier op PhD-vlak voltooi. Hy het vir 'n periode van vyf jaar op die Studenteraad van die PUK gedien, waarvan drie jaar as voorsitter. Tydens sy studiejare het hy reeds in die moeilikheid beland oor die Koinoniaverklaring, waarvan hy 'n mede-samesteller was.

Hy was vanaf 1983 tot 1989 mede-leraar in die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn. Dié gemeente huisves 'n groot aantal studente wat aan die Pretoriase Universiteit studeer. In die tydvak van sy amptelike bediening het hy homself omstrede gemaak deur in te meng in die praktiese politiek. Hy was in 1987 deel van 'n afvaardiging Afrikaners, onder leiding van die voormalige leier van die Progressiewe Federale Party, dr F van Zyl Slabbert, na Dakar, Senegal, om met die ANC te onderhandel. Hierteen het besware op die tafel van sy kerkraad beland. Aangesien sy belangstelling gerig was op die staatkundige veranderinge in ons land, het hy uit sy amp bedank en "tot 'n andere staat van lewe" oorgegaan. Sedertdien was hy aktief betrokke aan die omkering van ons staatsbestel . In Skotland is hy vereer as "een van die wêreld se tien voortreflike jong mense vir 1995". Dit is aan hom toegeken vir sy rol in die totstandkoming van die Vredesverdrag in Suid-Afrika en die Kemptonpark-onderhandeling vir 'n nuwe grondwet vir die land.

Dr Eloff het nie net 'n besondere kennis van die PUK nie, maar beskik ook oor 'n breë ervaring in die sakewêreld - binne en buite Suid-Afrika. Weens sy destydse betrokkenheid by KODESA is hy bekend by regeringslui onder alle vlakke. Eerder is in ons blad berig dat enkele professore van die PUK by die ANC aangesluit het. Sodoende, en ook om ander redes, bestaan in die geledere van die "behoudendes" reeds groeiende kommer oor die rigting waarheen die PUK beweeg. Die aanstelling van dr Eloff as die nuwe rektor versterk hierdie besorgdheid.

Dr Eloff volg prof Carools Reinecke op wie se termyn op 31 Desember vanjaar verstryk. Daar sal 'n oorgangstydperk wees, waartydens hy saam met Prof Reinecke sal werk "om 'n soepel oorgang" te bewerkstellig. Dr Theuns Eloff is getroud met Suzette, 'n nooi Van der Westhuizen. Sy is 'n voormalige TV-aanbieder en 'n bekende in musiekkringe. Sy het ook in haar studentetyd in die Alabamakoor gesing. Hulle het twee dogters, Tania en Cecile.

 

Sê my wie jou vriende is ...

Die uitgawe van BEELD, Maandag 25 Junie, is uiters positief oor die keuse van

die nuwe Puk-rektor.

Die boonste hoofkommentaar op die middelblad beskryf dit as volg:

Puk-rektor

Die Potchefstroomse Universiteit verdien applous vir hul keuse van 'n nuwe rektor.

Die wiel het beslis gedraai, nie net vir dr Theuns Eloff, die pas aangestelde rektor nie, maar ook vir die universiteit en die gemeenskap van Potchefstroom.

Die einste Eloff is in sy tokkelokjare in die jare sewentig ernstig voor stok gekry omdat hy op 'n partytjie "gedans" het. Hy is onder sensuur geplaas.

Eloff was ook in sy studiejare in die pekel oor die Koinonia-verklaring waarvan hy 'n mede-samesteller was.

Die huidige geslag ringkoppe van die universiteit het blykbaar reeds tot ander, ryper insigte gekom as hul voorgangers. Hulle besef klaarblyklik dat Eloff se aanstelling 'n teken is van hoe ingrypend die Puk reeds verander het.

Die owerhede met wie Eloff in sy studentedae gebots het, moes toe al besef het dat sy optrede nie dié van 'n verlore rebel was nie, maar wel dié van 'n leier wat kan onderskei tussen tradisie en beginsel, iemand wat verder sien as die meeste van sy tydgenote.

Eloff is veral bekend vir sy rol in die oorgang na 'n nuwe politieke bedeling in Suid-Afrika. Eers was hy lid van die groep Afrikaners wat in 1987 opslae gemaak het toe hulle in Dakar met die ANC gepraat het.

Later was hy aan die hoof van die sekretariaat van Kodesa in Kempton Park. Ná Kodesa was hy ook hoof van die oorgangsregering se sekretariaat. Die afgelope jare het hy 'n leidende rol in die transformasieproses gespeel as hoof van die Nasionale Besigheidsinisiatief (NBI).

Van Kodesa tot by die NBI het hy respek verdien met sy werkywer en die kalm manier waarop hy dinge in moeilike omstandighede gedoen gekry het.

Daar lê groot uitdagings voor vir die Puk en die ander histories Afrikaanse universiteite. Onder Eloff se leiding is die Puk uitstekend geplaas om daardie uitdaging te aanvaar.

Nou toe! Wat wil jy nog meer ... ?