Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Koninkryk van God

SKRIFOORDENKING:
Die groeikrag van die Koninkryk

AKTUEEL
"Homoseksueel" Moet uit Afrikaanse Bybelvertaling verwyder word.

Die Psalmbundel van Petrus Datheen

Sabat (=rusdag) en Sondag as opstandingsdag in die lig van God se ewige genadeverbond

Heilshistorie of "Oergeskiedenis"

Deputate of Deputaatskappe? 'n Nuwe aktualiteit in die GKSA

Kleredrag in die Kerk

Die mitte van gelykheid

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe rektor vir die PU vir CHO

Sal NG Kerk luister na van sy jong mense?

Wat doen die SA owerheid?

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Toespraak: Begrotingspos onderwys

Ewolusieteorieë onbetwisbaar en wetenskaplik?

Onderwys in Kaapland 1910

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhuiding tussen die Kerk en die  Staat volgens die Skrif

PERSRUBRIEK: 
'n Groeiende verlange na 'n vrye NG Kerk


Bitter gevolge van loteryverslawing

Onverkwiklike debat oor homoseksueles

Gedagtes oor die passiespel in Oberammergau

Uitleef van Godsdienstige en kulturele oortuigings ondergeskik aan die handves van menseregte

Handves kom oor seksuele regte

Werkswinkel te Potchefstroom 2 - 4 Mei 2001

Ds Hennie Momberg : Besluit van voordrag tydens die werkswinkel te Potchefstroom

Dienaars te perd en lasgevers te voet?

MEDIESE ETIEK: 
Gee ons vandag ons daaglikse brood

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 4 Julie 2001

OPVOEDING EN ONDERWYS

TOESPRAAK: BEGROTINGSPOS ONDERWYS

MNR CASSIE AUCAMP (AEB) OP 24 MEI 2001

IN DIE PARLEMENT

Sonder om onsself te betrek in die praktyk van die partypolitiek, wil ons graag die aandag vestig op 'n boodskap in die Parlement wat die versugtinge en bekommernis van Christen-Afrikaners onder die publieke aandag gebring het.

Madam Speaker,

... Let me state it very clearly right at the beginning. We are aware of the fact that education in South Africa is a mammoth task. The AEB supports every step to improve the quality of education to each and every rank and community in South Africa. We also support the relatively large proportion of the budget, which is earmarked for education. Education money well spent is an investment in the future.

Die kwessie van die Hoër Onderwysplan is onlangs breedvoerig in hierdie huis bespreek. Ek wil dit nie herhaal nie. ‘n Saak wat in die verband ernstige kommer wek, is die handhawing van die eie karakter van Hoër Onderwysinstellings, en dan by uitstek die taalkwessie, in ons geval die staanplek van Afrikaans. Die AEB ondersteun die bevin-dings waartoe 26 Afrikaanse Kultuurorganisasies onder leiding van die FAK eenparig gekom het, naamlik.

Die primêre belang van moedertaalonderrig;

Die nie-afskaling van die plek en waarde van Afrikaans, en

Die uitbou van Afrikaans as akademiese taal en taal vir Hoër funksies.

Dieselfde geld vir die ander inheemse tale van Suid-Afrika.

Beginselriglyne moet egter ook tot praktiese implimentering kom. In this regard I refer the honorable minister to the promise by the Deputy President yesterday in this house that concrete and active steps will be taken to strengthen the position of these languages. I ask the minister: Which active steps does he intend in the field of tertiary education? A laizzes faire approach will not be enough. The law of the bush, of the survival of the strongest, will not serve the cause of multi lingualism as prescribed by the Constitution.

Geagte speaker, ek wil verder stilstaan by ‘n saak wat van kritieke belang is. Die minister het in sy toespraak verwys na die vorige onderwysbedeling as ‘n proses van "mind control". Ek wil ernstig en dringend waarsku: dit is juis die vrees by talle Suid-Afrikaners, veral onder minderheidsgroepe. In sy toe-spraak verlede jaar in die debat het die minister die moeder van die agbare Pallo Jordan aangehaal, wat gesê het: Soos die hoenderhen haar kuikens teen die valk beskerm, so sal ouers hul kinders beskerm teen gevare en aanslae.

Ons is bevrees, geagte minister, vir ‘n proses van "mind control" wat bots teen die beginsels van baie ouerhuise. Ons moet onthou, opvoeding is die primêre taak van die ouer. Die staat het gedelegeerde bevoegdheid in dié verband. Ons kinders behoort nie aan die staat nie, maar is deur God aan die ouers toevertrou. Ons as ouers moet eendag rekenskap gee oor die vraag wat oor Johannes die Doper gevra is: Wat sal tog van hierdie kindjie word?".

Ja, daar is sekere algemene beginsels wat almal moet onderskryf, grootliks ook vervat in die Grondwet. Maar meneer, as ons Suid-Afrika erken as ‘n land met ‘n verskeidenheid van volke, tale, kulture en godsdienste, dan mag ons nie toelaat dat ons kinders ongekwalifiseerd deur die worsmasjien van ‘n algemene New Age-georiënteerde "mind control" gejaag word nie. Dan is ons beswaard oor die invloed wat ingevoerde Kubaanse onderwysers op ons opvoedingsproses gaan hê.

Ek gee u vandag die versekering, geagte minister, al moet ons ten duurste vir privaatonderwys betaal: daar is talle en talle Christenouers wat hul kinders nie sal blootstel aan sekulêre "mind control" nie. Daarom dat die Grondwet ook die reg van ouers erken om privaatinstelling daar te stel wat onderrig bied binne ‘n bepaalde eie etos, karakter en lewens-beskouing.

In die verband verwelkom die AEB die sterk standpunt wat die minister ingeneem het teen COSAS wat hierdie reg met geweld wou aantas. Die minister het selfs gesê: "The state has an obligation to support these schools because they supply in an educational need". Maar meneer, ek wil vandag u aandag by herhaling daarop vestig dat hierdie verpligting waarvan u praat, volgens huidige regeringsbeleid totaal ontoereikend nagekom word.  Die formule waarkragtens regeringsubsidies aan privaatskole gegee word, penaliseer hierdie skole in so ‘n ernstige mate dat daar van ondersteuning waarvan u praat, prakties geen sprake is nie.

Die matriekuitslae van verlede jaar onderstreep die feit dat privaatskole ‘n kosbare bate vir die land is. Die slaagsyfer van matrieks aan privaatskole was oor die 95%, teenoor die ongeveer 50% van staatskole.

Die AEB onderskryf die reg van elke kind tot sy pro-rata aandeel van die onderwysbegroting, ongeag of  hy/sy aan ‘n staatskool of ‘n privaatskool onderrig ontvang. Die enigste voorbehoud is dat onderwys aan so ‘n skool op standaard moet wees.

‘n Laaste maar belangrike punt: Die minister het in die onlangse verlede met ‘n breë kwas kwistig met die begrip "onkonstitusioneel" omgegaan. Die PUK se nie-toelating van Pieter Dirk Uys op sy kampus, sy geloofskarakter wat deur wetgewing vasgelê is, ja selfs Christene op Nuweland se gebed vir homoseksueles is deur die minister as "unconstitutional" beskryf.

In this regard I want to refer the honorable minister to the "differentiation clause" in the Equality Bill, stipulating that conduct according to objectively determined criteria, inherent to the relevant activity, does not constitute unfair discrimination.

Meneer, dit is wat ons vra: Billike differensiasie, in ooreenstemming met die plurale samestelling van Suid-Afrika se diverse bevolking. Gee elke kind die reg op dit wat vir ons kosbaar is. As dit nie gebeur nie, sal ons ons kinders beskerm soos die hen haar kleintjies teen die valk.

Ek dank u.