Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Koninkryk van God

SKRIFOORDENKING:
Die groeikrag van die Koninkryk

AKTUEEL
"Homoseksueel" Moet uit Afrikaanse Bybelvertaling verwyder word.

Die Psalmbundel van Petrus Datheen

Sabat (=rusdag) en Sondag as opstandingsdag in die lig van God se ewige genadeverbond

Heilshistorie of "Oergeskiedenis"

Deputate of Deputaatskappe? 'n Nuwe aktualiteit in die GKSA

Kleredrag in die Kerk

Die mitte van gelykheid

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe rektor vir die PU vir CHO

Sal NG Kerk luister na van sy jong mense?

Wat doen die SA owerheid?

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Toespraak: Begrotingspos onderwys

Ewolusieteorieë onbetwisbaar en wetenskaplik?

Onderwys in Kaapland 1910

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhuiding tussen die Kerk en die  Staat volgens die Skrif

PERSRUBRIEK: 
'n Groeiende verlange na 'n vrye NG Kerk


Bitter gevolge van loteryverslawing

Onverkwiklike debat oor homoseksueles

Gedagtes oor die passiespel in Oberammergau

Uitleef van Godsdienstige en kulturele oortuigings ondergeskik aan die handves van menseregte

Handves kom oor seksuele regte

Werkswinkel te Potchefstroom 2 - 4 Mei 2001

Ds Hennie Momberg : Besluit van voordrag tydens die werkswinkel te Potchefstroom

Dienaars te perd en lasgevers te voet?

MEDIESE ETIEK: 
Gee ons vandag ons daaglikse brood

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 4 Julie 2001

GLAD NIKS NUUTS ONDER DIE SON NIE!

ONDERWYS IN KAAPLAND, 1910

In 1910 het dr PC Snyman die volgende opsomming gegee van die stand van Gereformeerde onderwys in Kaapland nadat die Gereformeerde Kerk 50 jaar bestaan het. Vir egte Gereformeerde onderwys op skool, sê hy, is daar maar min kans, omdat ons skoolwet soiets nie ken nie, omdat dit beteken vrye skole sonder staatsteun waarvoor daar om finansiële redes min geesdrif is, en omdat daar 'n groot tekort is aan die regte onder-wysers en handboeke. Wat die godsdiens op skool betref, is daar drie standpunte. Party wil geen godsdiens hoegenaamd op die staatskool hê nie, omdat dit tot dogmatisme en rusie lei, of omdat so 'n heilige saak net daar sal verknoei word, of omdat hulle glad nie aan soiets glo nie, of omdat hulle meen die godsdienstige en die sekulêre hoort nie bymekaar nie. 'n Tweede groep wil wel godsdiens op skool, maar 'n kleurlose, neutrale, een bo geloofsverskille. 'n Derde groep erken dat daar leerstellige verskille is en wil dit tegemoetkom deur aan die verskillende leraars geleentheid te gee om op bepaalde tye aan die afsonderlike klasse kinders self godsdiensonderwys te gee. Geeneen van dié drie oplossings deug egter nie. Die gemengde skool is verkeerd en moet deur aparte skole vervang word.

"Die bedoeling is, dat die omvang van ons onderwyssstelsel so wyd moet wees, dat nie al die skole een lewensbeskouing moet verteenwoordig, maar dat die lewensbeskouing van iedere belydenis in 'n eie skool beliggaam moet word ". Dit sal beteken aparte Gereformeerde, Roomse en ander skole, almal met gelyke regte, byvoorbeeld: òf almal òf geeneen met staatsubsidie. In so 'n Gereformeerde skool word die kind as 'n organiese eenheid beskou en kom die godsdienstige sy ook tot sy reg. Nie alleen is godsdiensonderwys daar die hoofsaak nie; nee, maar 'n godsdienstige gees moet die hele vyf uur lesgewing deurtrek en deursuur, aldus dr Snyman.

Net soos in die geval van dr DF Malan se verklaring op die NG Kerk-sinode van 1906 is ook hierdie uiteensetting van dr PC Snyman van geskiedkundige betekenis, aangesien dit miskien die eerste breedvoerig gemotiveerde pleidooi vir aparte enkelmediumskole by die Gereformeerde Kerke is. Albei voorstelle het gevolg net kort na die Tweede Vryheidsoorlog. Eersgenoemde het meer klem gelê op die taalaspek, laasgenoemde op die godsdienstige.

Aanhaling uit: "Gouden Jubileum van het Vyftig-jarig Bestaan van de Gereformeerde Gemeente Burgersdorp. 1860 - 1910.

Gepubliseer in: Gepubliseer in: CILLIERS DH. 1953 Kaapstad: Balkema

"DIE STRYD VAN DIE AFRIKAANSSPREKENDE IN KAAPLAND OM SY EIE SKOOL (1652 - 1939)"