Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die Koninkryk van God

SKRIFOORDENKING:
Die groeikrag van die Koninkryk

AKTUEEL
"Homoseksueel" Moet uit Afrikaanse Bybelvertaling verwyder word.

Die Psalmbundel van Petrus Datheen

Sabat (=rusdag) en Sondag as opstandingsdag in die lig van God se ewige genadeverbond

Heilshistorie of "Oergeskiedenis"

Deputate of Deputaatskappe? 'n Nuwe aktualiteit in die GKSA

Kleredrag in die Kerk

Die mitte van gelykheid

KERKLIKE JOERNAAL: 
Nuwe rektor vir die PU vir CHO

Sal NG Kerk luister na van sy jong mense?

Wat doen die SA owerheid?

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Toespraak: Begrotingspos onderwys

Ewolusieteorieë onbetwisbaar en wetenskaplik?

Onderwys in Kaapland 1910

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhuiding tussen die Kerk en die  Staat volgens die Skrif

PERSRUBRIEK: 
'n Groeiende verlange na 'n vrye NG Kerk


Bitter gevolge van loteryverslawing

Onverkwiklike debat oor homoseksueles

Gedagtes oor die passiespel in Oberammergau

Uitleef van Godsdienstige en kulturele oortuigings ondergeskik aan die handves van menseregte

Handves kom oor seksuele regte

Werkswinkel te Potchefstroom 2 - 4 Mei 2001

Ds Hennie Momberg : Besluit van voordrag tydens die werkswinkel te Potchefstroom

Dienaars te perd en lasgevers te voet?

MEDIESE ETIEK: 
Gee ons vandag ons daaglikse brood

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 4 Julie 2001

REDAKSIONEEL

As ons terugkyk op die tydperk sedert die verskyning van die Mei-uitgawe van ons blad, dan is dit veral Potchefstroom, oftewel die sogenaamde "Dopperhemel", wat opskudding binne die kringe van ons lesers verwek het. In die eerste plek met die aanbieding van 'n werkswinkel, hoofsaaklik in Engels en gepubliseer as: "Women in Church and Society, May Workshop 2001, Project 2. The socio-historic context of the Bible and its implications for the development of South African Society". Hierdie werkswinkel het plaasgevind op 2, 3 en 4 Mei in die Klein-Teater Cachetpark te Potchefstroom. Die PU vir CHO se Fakulteit Teologie was die inisiatiefnemers hiervan. Prof Dries du Plooy van die TSP het die aanwesiges verwelkom. Dit was nie net lidmate van die Gereformeerde Kerke wat as sprekers opgetree het nie, maar ook teoloë, wat bekend staan vir hulle bedenklike Skrifkritiese uitlatings, van UNISA, waaronder die ekstreme Frances Klopper (Ou-Testamentikus).

Volgens haar siening het die manlike beelde van God al hoe meer problematies vir vroue geraak omdat dit die ondergeskikte posisie van vroue in kerk en samelewing regverdig. Prof Fika van Rensburg van die TSP het gesê dat "die GKSA die enigste van die drie Afrikaanse susterkerke is wat nie vroue tot enige van die kerkllike ampte toelaat nie. ... Dit maak die GKSA in die oë van die wêreld belaglik." Meer hieroor op bl 22 vv.

Nog 'n saak wat behoudendes geskok het, is die verkiesing van dr Theuns Eloff as nuwe rektor van die PU vir CHO.Dit is nie heeltemal onverwags nie, omdat sy naam reeds as 'n kandidaat vir dié pos bekendgestel was. Hier-die benoeming kan nie as neutraal beskou word nie. 'n Linkse politieke verbintenis is nie slegs denkbeeldig nie.