Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
PUK se grondslag ingedrang

AKTUEEL: 1902 en 2002 - Waar staan ons?

SKRIFOORDENKING:
Die gesuis van 'n sagte koelte

Messianisme in die Psalms...

Toe dr Malan (NP) die PU vir CHO in 1928 wou sluit

CNO - Die wat en hoe

Individualisme en Menseregte

Onrus en Origenes

Kommunisme en sedelikheid

Geloof en Wetenskap

"Pukke kry 'gekontroleerd' kondome op kampus"

KERKLIKE JOERNAAL: 
Landswye gereformeerde konferensie 11 tot 13 September

Verklaring van Vrystaatse teologiedosente

Ring van kerk se getuienis

VGK se verhoudinge met die GKSA

Sinode VGK en gesange vir eredienste

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Afgrond (Totius)

Homoseksualisme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die vrede van Vereeniging, 31 Mei 1902

PERSRUBRIEK: 
Jesus - seminaar

Aanval op kerk 'niks nuuts'

Die kookpot Israel

Posisie van die vrou in die kerk

Evolusionisme versoenbaar...?

KOMMENTAAR: 
Kommunistiese strategie

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Kan selfmoord iets anders as moord wees?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 4 Julie 2002

Aktueel

1902 EN 2002  -  WAAR STAAN ONS?

-  RADIO PRETORIA SE NUUSKOMMENTAAR, WOENSDAG 5 JUNIE 2002  -

Ons het pas die bittere Vrede van Vereeniging van honderd jaar gelede herdenk en wel onder vergelykbare omstandighede. Dit stem tot nadenke oor die ooreenkomste en verskille van toe en nou.

Soos destyds is ons weer ‘n verowerde volk wat ons vryheid verloor en deur ‘n vreemde nasie met ‘n vreemde kultuur regeer word. Die verskil is dat ons voorvaders na 1902 dadelik begin het met heropbou en herowering van dit wat hulle verloor het, terwyl ons volksgenote na die neerlaag van Kemptonpark 1994, traag aan die gang kom met die versetstryd. Terwyl die Boererepubliek dadelik na hulle neerlaag begin het met ‘n geslaagde stryd om minstens selfregering, het ons in die amper agt jaar na Kemptonpark net nog meer verloor aan selfbeskikking. Waarom ?

Die rede is tweërlei: dit waarvoor ons geveg het en die wyse waarop ons die stryd verloor het. Elke neerlaag kan die vader van ‘n daaropvolgende oorwinning word, elke verlore stryd die aanleiding tot ‘n hernieude opstaan, afhangende daarvan of die volk sy eer, selfrespek en sy wil tot oorlewing behou het.

In die Engelse Oorlog het ons voorgeslagte geveg vir vryheid. Hy wat vir sy vryheid veg, is bereid om daarvoor te sterf, maar ook om die stryd solank hy leef nooit gewonne te gee nie. Dit waarvoor hy veg is belangriker as sy eie lewe. Op Kemptonpark het dit vir ons leiers om ekonomiese belange gegaan. En hy wat om brood veg, is nie bereid om daarvoor te sterf nie omdat sterwe alle rede vir die stryd om brood verydel.

Belangriker is egter dat ons voorgeslagte hulle oorlog met eer verloor het. Hulle het tot die bittereinde geveg en daardeur die respek van alle ander volke, die vyand inkluis, verwerf. Hulle het ook hulle eie selfrespek en wil tot verset en voortbestaan van die volk behou. Daarom kon hulle elke nuwe poging van die vyand om hulle verder te onderdruk met goeie gevolg weerstaan. Op Kemptonpark het ons leiers ‘n eerlose nederlaag gely. Hulle het in die onderhandelinge maar keer op keer voor die eise van die vyand geswig. Daardeur het hulle ‘n gees van toegewing geskep wat hom ook in die geledere van die volk laat geld. Die gevolg is dat ons daarna ook maar voor elke nuwe aanslag op ons selfbeskikking geswig het. Ons het ‘n gees ontwikkel wat bang is vir konfrontasie, bang vir verset, bang vir wat die vyand ons kan aandoen as ons in opstand kom.

Ons het ons selfrespek en daarmee saam ons wil tot weer opstaan verloor. Keer op keer probeer ons maar om met ‘n redelikheid, wat nie van paaitaktiek verskil nie, met die vreemde oorheerser te skik. En keer op keer is dit sy wil wat seëvier. Maar die Boerevolk laat hom nie vir altyd intimideer nie, hy laat hom ook nie onbepaald deur Jan Salie-leiers tot vernederende inskiklikheid oorreed nie.

Die Afrikaner se wil tot weerstand, verset en selfhandhawing is aan die ontwaak, en nie net op die terrein van die taal nie. Want geloof is sterker as realiteite en die volkswil oorwin die skynbaar onoorwinlike. Want ons veg nie vir brood en botter nie, maar vir vryheid!