|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 6 No 4 Julie 2002
REDAKSIONEELHierdie uitgawe is in verskeie opsigte toegespits op die onderwys. Die verwikkelinge by die PU vir CHO staan nog steeds in die brandpunt. Maar behalwe dit is die sekondêre onderwys besonder in die gedrang as gevolg van die evolusionisme wat op die vakgebiede van die wetenskap koning kraai. Albei probleme is aangespreek en op verskeie wyses beskryf. Dit is maar 'n onbetwisbare feit dat die Satan poog om die gedagtes van God se kinders te verwar en op sy spoor te sit.
Dan is daar sake rakende die aanstaande sinode van die GKSA, DV Januarie 2003. Ons noem maar weer eens die strydpunte: Vroue in die kerklike ampsbediening? Vrye liedere in die eredienste? Die aanvaarding van die Cloete-omdigting van die Psalms? Kelkies vir die gebruik by die viering van die Heilige Nagmaal? Kortom: Aanpassing en verandering van die liturgie in die kerkdienste. Dan is daar die knaende saak van die NAV (1983) en die wyse waarop dit vertaal en aan die kerke opgedwing is.
Dis jammer dat die beswaardes in die NG Kerk en ander kerkverbande nie, wat dit betref, een lyn trek met die beswaardes in die GKSA nie. Nie dat laasgenoemde noodwendig die juiste en enigste antwoord op reformasie van die Kerk van Jesus Christus is nie. Tog moet ernstig besin word oor die vraagstukke van reformasie op alle vlakke van die kerklike samelewing. En dan is die al te maklike aanvaarding van "Die nuwe Liedboek" 'n voorbeeld en nuwe struikelblok vir samebinding oor die grense van die kerklike verdelingslyne heen.
Soos in hierdie uitgawe bekendgestel hoop die beswaardes in die NG Kerk van 11 tot 13 September 'n landswye gereformeerde konferensie te belê met die oog op bespreking van probleme en besware wat binne die NG Kerk ontstaan het. Hulle oogmerk strek verder, naamlik om ook die probleme en besware in die ander kerkverbande te betrek. Daarom is dit 'n noodsaaklike vereiste om die geloofsoortuigings wat die Afrikaanse gereformeerdes onderling verdeel, in ag te neem. Dit betref, onder andere, die jongste verskille oor die al dan nie aanvaarding van die "Nuwe Liedboek"
Hierdie uitgawe is in verskeie opsigte toegespits op die onderwys. Die verwikkelinge by die PU vir CHO staan nog steeds in die brandpunt. Maar behalwe dit is die sekondêre onderwys besonder in die gedrang as gevolg van die evolusionisme wat op die vakgebiede van die wetenskap koning kraai. Albei probleme is aangespreek en op verskeie wyses beskryf. Dit is maar 'n onbetwisbare feit dat die Satan poog om die gedagtes van God se kinders te verwar en op sy spoor te sit.