Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
PUK se grondslag ingedrang

AKTUEEL: 1902 en 2002 - Waar staan ons?

SKRIFOORDENKING:
Die gesuis van 'n sagte koelte

Messianisme in die Psalms...

Toe dr Malan (NP) die PU vir CHO in 1928 wou sluit

CNO - Die wat en hoe

Individualisme en Menseregte

Onrus en Origenes

Kommunisme en sedelikheid

Geloof en Wetenskap

"Pukke kry 'gekontroleerd' kondome op kampus"

KERKLIKE JOERNAAL: 
Landswye gereformeerde konferensie 11 tot 13 September

Verklaring van Vrystaatse teologiedosente

Ring van kerk se getuienis

VGK se verhoudinge met die GKSA

Sinode VGK en gesange vir eredienste

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Afgrond (Totius)

Homoseksualisme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die vrede van Vereeniging, 31 Mei 1902

PERSRUBRIEK: 
Jesus - seminaar

Aanval op kerk 'niks nuuts'

Die kookpot Israel

Posisie van die vrou in die kerk

Evolusionisme versoenbaar...?

KOMMENTAAR: 
Kommunistiese strategie

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Kan selfmoord iets anders as moord wees?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 4 Julie 2002

KERKLIKE JOERNAAL

LANDSWYE GEREFORMEERDE KONFERENSIE 11 TOT 13 SEPTEMBER IN BLOEMFONTEIN

Daar was reeds groot opgewondenheid in Stellenbosch waar 'n reëlingskomitee vergader het met die oog op 'n beplande landswye gereformeerde konferensie vanaf 11 tot 13 September vanjaar in Bloemfontein. Die byeenkoms in Stellenbosch is bygewoon deur persone vanuit die Kaap, Wes-Kaap, Vrystaat, Namibië en Transvaal.

Ons leef in 'n tyd waarin mense in ons land daagliks gebombardeer word met lasterlike uitsprake oor die Bybel en oor Jesus Christus. As teoloë en kerkvergaderings wat voorgee dat hulle nog gereformeerd is, in die praktyk uitsprake maak en besluite neem wat direk in stryd is met ons gereformeerde belydenisse, kom die geloofwaardigheid van ons belydenis in die gedrang. Sake waaroor daar groot verwarring heers, is byvoorbeeld die debat rondom die historiese Jesus, die gesag van die Bybel, die skeppingsleer en evolusie, die belydenis van Belhar, die kindernagmaal, homoseksualisme, verwaarlosing van kerklike tug, die gebondenheid aan ons belydenisskrifte, die charismatisering van die kerk, ensovoorts.

Almal was dit eens dat nou, veral na die oorweldigende reaksie wat gevolg het op die Ope Brief aan lidmate (Kerkbode 1 Maart 2002), dringend noodsaaklik geword het om 'n duidelike boodskap uit te dra dat daar nog baie lidmate en gemeentes in ons land is wat onvoorwaardelik alles glo wat die Woord van God ons leer en wat trots is op die wonderlike ryke inhoud van ons gereformeerde belydenisse.

Dié konferensie sal DV by die NG gemeente Hospitaalpark gehou word wat as gasheer en as roepende gemeente sal optree. Verdere besonderhede sal binnekort in die media bekend gestel word.

Vir bykomende inligting is die volgende persone en hulle telefoonnommers beskikbaar:

Ds Theo Danzfuss           011 -  826 1394

Ds Hendrik Hefer             011 -  742 2371

Mnr Pieter Pelser             021 -  887 0100   (k)

                                          021 -  887 8424  (h)