Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
PUK se grondslag ingedrang

AKTUEEL: 1902 en 2002 - Waar staan ons?

SKRIFOORDENKING:
Die gesuis van 'n sagte koelte

Messianisme in die Psalms...

Toe dr Malan (NP) die PU vir CHO in 1928 wou sluit

CNO - Die wat en hoe

Individualisme en Menseregte

Onrus en Origenes

Kommunisme en sedelikheid

Geloof en Wetenskap

"Pukke kry 'gekontroleerd' kondome op kampus"

KERKLIKE JOERNAAL: 
Landswye gereformeerde konferensie 11 tot 13 September

Verklaring van Vrystaatse teologiedosente

Ring van kerk se getuienis

VGK se verhoudinge met die GKSA

Sinode VGK en gesange vir eredienste

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Afgrond (Totius)

Homoseksualisme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die vrede van Vereeniging, 31 Mei 1902

PERSRUBRIEK: 
Jesus - seminaar

Aanval op kerk 'niks nuuts'

Die kookpot Israel

Posisie van die vrou in die kerk

Evolusionisme versoenbaar...?

KOMMENTAAR: 
Kommunistiese strategie

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Kan selfmoord iets anders as moord wees?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 4 Julie 2002

KOMMUNISTIESE STRATEGIE

In die vroeë sewentiger jare het daar ‘n beskeie boekie van slegs 35 bladsye met die titel Sluipmoord op Suid-Afrika deur Francis Grim verskyn. Dit is deur die destydse Vereniging vir die behoud van Sedelike Norme uitgegee en het verskeie herdrukke beleef.

Die waarskuwing in die titel vervat het intussen werklikheid geword. In hoe ‘n mate Suid-Afrika reeds die slagoffer van kommunistiese strategie geword het, kan gesien word as ons dit wat vandag gebeur en reeds gebeur het, meet aan die volgende kommunistiese mikpunte soos destyds in die boekie aangehaal:

1. Vernietig alle sedelike norme deur die bevordering van pornografie en sedeloosheid in boeke, tydskrifte, rolprente, radio, televisie en die vrye pers.

2. Doen weg met alle wette wat onsedelikheid veroordeel deur dit die benaming "sensuur" te gee en dit ‘n skending van die vryheid van die pers en die indiwidu te noem.

3. Verkry beheer oor sleutelposisies in die radio, televisie en rolprente.

4. Verkleineer die huisgesin as instelling. Moedig vrye liefde aan en vergemaklik egskeidings.

5. Beklemtoon die noodsaaklikheid om kinders weg van die negatiewe invloed van hul ouers op te voed.

6. Beskou homoseksualiteit en vrye liefde as "normaal, natuurlik en gesond".

7. Verkleineer kulturele standaarde deur alle vorme van kunsuitdrukking te verlaag.

8. Infiltreer die kerke en vervang geopenbaarde godsdiens met "sosiale" godsdiens. Trek die Bybel in twyfel en dring aan op intellektuele volwassenheid wat nie ‘n "godsdienstige stut" nodig het nie.

9. Skakel gebed en enige ander godsdienstige beoefening by skole uit.

10. Dra sommige van die polisie se regte van inhegtenisname oor aan sosiale instansies. Beskou alle gedragsprobleme as sielkundige afwykings wat slegs deur psigiaters verstaan en behandel kan word.

11. Skep die indruk dat geweldpleging en oproep wettige aspekte van die land se tradisie is en dat studente en simpatieke instansies in opstand moet kom om ekonomiese, politieke en sosiale probleme met geweld op te los.

12. Werp alle koloniale regerings omver voordat die bevolking vir selfregering gereed is.

U kan wel vir uself oordeel in hoe ‘n mate hierdie kommunistiese strategie reeds in Suid-Afrika volvoer word.

U kan wel vra waarom daar dan nog mee volhard word, gesien die feit dat die ANC reeds die regering oorgeneem het. Die antwoord is dat die rewolusie nog nie afgehandel is nie. Die SA kommuniste Party is wel deel van die regerende alliansie, maar die kommunisme is steeds besig om die rewolusie verder te voer, om daardie chaos te skep wat hy nodig het om oor te neem en die land en sy mense aan sy eie dwingelandy te onderwerp. Die werklike en meer gematigde ANC-lede is maar pionne van die kommuniste, op hulle beste lastighede wat uitgeskakel sal word sodra die tyd aanbreek.

(Nuuskommentaar op Radio Pretoria, Woensdag 19 Junie 2002)