Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
PUK se grondslag ingedrang

AKTUEEL: 1902 en 2002 - Waar staan ons?

SKRIFOORDENKING:
Die gesuis van 'n sagte koelte

Messianisme in die Psalms...

Toe dr Malan (NP) die PU vir CHO in 1928 wou sluit

CNO - Die wat en hoe

Individualisme en Menseregte

Onrus en Origenes

Kommunisme en sedelikheid

Geloof en Wetenskap

"Pukke kry 'gekontroleerd' kondome op kampus"

KERKLIKE JOERNAAL: 
Landswye gereformeerde konferensie 11 tot 13 September

Verklaring van Vrystaatse teologiedosente

Ring van kerk se getuienis

VGK se verhoudinge met die GKSA

Sinode VGK en gesange vir eredienste

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Afgrond (Totius)

Homoseksualisme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die vrede van Vereeniging, 31 Mei 1902

PERSRUBRIEK: 
Jesus - seminaar

Aanval op kerk 'niks nuuts'

Die kookpot Israel

Posisie van die vrou in die kerk

Evolusionisme versoenbaar...?

KOMMENTAAR: 
Kommunistiese strategie

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Kan selfmoord iets anders as moord wees?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 4 Julie 2002

EVOLUSIONISME VERSOENBAAR MET DIE BYBELSE SKEPPINGSOPENBARING?

Pieter J Pelser het daarin geslaag om op 'n oortuigende wyse die hipotetiese evolusionisme te betwis met wetenskaplike argumente wat hy nagevors en daarteenoor gestel het. EVOLUSIE EN DIE BYBEL: KAN HULLE VERSOEN WORD? is die titel van 'n boek wat hy gepubliseer het. Hieronder volg 'n bylae wat aan die einde van die boek toegevoeg is. Dit is bygedra deur dr Jim Allan met erkenning aan Francis Schaeffer. Ons beveel hierdie boek graag aan by van ons lesers wat antwoord soek op die vraagstukke van die wetenskap. Dit is 'n goeie geskenk vir skoliere en studente wat aan die geloofsondermyning deur evolusionisme in skole en universiteite blootgestel is.

"IMPLIKASIES VAN DIE EVOLUSIELEER"

Die evolusieleer sê:

Dat die heelal per toeval deur middel van die oerknal ontstaan het;

Dat lewe per toeval uit nie-organiese chemikalieë ontstaan het;

Dat alle lewensvorme toevallig uit bogenoemde geëvolueer het - oor miljarde jare en deur middel van verdere mutasie en deur natuurlike seleksie uit beter aangepaste lewensvorme.

Die gevolgtrekking uit bogenoemde is dat alle lewensvorme 'n gemeenskaplike oorsprong het, sodat Adam en 'n amoeba "geneties" familie van mekaar is - ook die aap, volstruis, dinosourus en walvis.

In kontras hiermee gee God deur middel van die Bybel te kenne dat Hy die hemel en die aarde gemaak het, sowel as die see en alles daarin - alles in die bestek van ses (gewone) dae. Daar bestaan geen wetenskaplike teorie wat die teendeel bewys nie. Alles wat buite dit as waarheid aangebied word, is pure spekulasie en wensdenkery.

Die evolusieleer is 'n pseudo-wetenskaplike filosofie en het geen wetenskaplike bewyse nie, en die fossielrekord, anders as wat voorgegee word, bly steeds 'n verleentheid.

Ten spyte van die klaaglike rekord van die teorie, word evolusie as feit in skole en universiteite aangebied. Waarom? Omdat die enigste alternatief is om in God as Skepper te glo - en dit wil die mens nie hê nie.

Professor George Wald van die Harvard Universiteit en Nobelpryswenner sê: ''Daar is slegs twee antwoorde (op die vraag na die ontstaan van lewe), naamlik spontane generasie of bonatuurlike skepping. Daar is geen derde moontlikheid nie. Spontane generasie is honderd jaar gelede as onmoontlik bewys, en dit laat 'n mens met bonatuurlike skepping. Ons kan nie bonatuurlike skepping aanvaar nie, daarom glo ons in spontane generasie.''

Die implikasie van sy stelling is duidelik: Dit is óf skepping óf evolusie. Die gevolge van sy keuse is die volgende:

Indien die mens die produk van onpersoonlike toeval is, plus materie, plus tyd, is die logiese gevolg dat die mens slegs 'n dier is met 'n onbekende toekoms.

Gevolglik het die mens geen ewigheidswaarde nie, en is sy lewe sonder betekenis. Die dood is dan per-soonlike uitwissing en geen hiernamaals nie. Ons het slegs hierdie lewe. Daar is ''niemand tuis'' in die heelal nie, en geen hoop op 'n toekoms nie.

Daar is geen absolute standaarde buite die mens om nie, want daar is geen God nie. Sonde bestaan dan ook nie, want daar is niemand wie se wet oortree word nie en dus geen oordeelsdag nie. Verder, geen Verlosser is meer nodig nie. Christus se sterwe is nutteloos! Elke mens is vry om te maak soos hy/sy wil en elkeen besluit self wat reg en wat verkeerd is.

'n Beswaar kan gemaak word: ''Ek is 'n morele mens, en ek lewer 'n bydrae tot die goeie in die samelewing. Ek strewe daarna om van die wêreld 'n beter plek te maak.'' So 'n strewe is lofwaardig en goed, maar wetend of onwetend, bewustelik of onbewustelik, is ons aan die kant van George Wald, óf ons erken en aanvaar God se Woord wat sê: ''Hy wat nie vir My is nie, is teen My.'' Die uiteinde van 'n lewe wat die teiken mis - of dit nou met 'n sentimeter is of met 'n kilometer - bly dieselfde: sonder God of toekoms.

Elkeen wat 'n skepping deur God en sy gesag verwerp, en die naturalistiese ontstaan deur toeval ondersteun, het geen basis vir standaarde van reg en verkeerd nie. So iemand mag wetteloosheid betreur, maar in wese, en omdat hy sonder God as absolute standaard is, het hy geen reg waarvolgens hy so kan oordeel nie.

Nog 'n beswaar: ''Ek glo in evolusie en ook in Jesus Christus as my Verlosser.'' Die vraag is: Is 'n geloof soos in hierdie kombinasie moontlik? Dit hoort nie so nie. Want as ek sê dat ek in Jesus Christus glo, dan moet ek seker ook glo wat die Bybel van Hom sê. Lees wat sê Johannes 1:1-3, Kolossense 1:15-17 en Hebreërs 1:1-3.

Bogenoemde Skrifgedeeltes sê dat Jesus Christus beide Skepper en Onderhouer is van die skepping wat Hy in ses dae geskep het. Dit is lynreg in stryd met evolusie.

Tweedens, as ek sê dat ek in Christus glo, dan moet ek ook glo wat Hy geglo het! Wat het Hy geglo? Hy het geglo dat ''In die begin het God die hemel en die aarde gemaak'' (Deur Christus se bemiddeling).

Hy het in Adam en Eva as ware eerste mense geglo, in Abel, in Abraham, in Noag en in Jona! Dit alles het Hy as ware geskiedenis beskou en verkondig. Hoe kan ek dan sê ek glo in Christus en ek glo nie wat Hy glo nie, maar wel in evolusie - die teendeel van Christus se wesens-aktiwiteit. Dié twee uitgangspunte is dus nie met mekaar te rym of te versoen nie. Geloof in Christus sluit geloof in evolusie uit.

.

Neem die eerste drie hoofstukke van Genesis weg; dan is jy besig om die ware Bybels-Christelike posisie te weerspreek.

                                                 ~~~~~~~

"óf die Bybel is waar betreffende óók die ontstaansgeskiedenis van die heelal, óf evolusie is waar. Die vraag is: Watter gesag gaan aanvaar word: God se onfeilbare Woord of dié van wetenskaplikes wat steeds van dag tot dag verander? Maar die keuse strek verder: Byna daagliks verskyn daar 'n artikel in die Afrikaanse koerante en tydskrifte wat blatant daarop gemik is om die gevestigde geloof te ondermyn - alles in die naam van die sogenaamde "post-modernisme" waar niks, maar niks onaangetas bly nie. En wat is die onsigbare, ongeïdentifiseerde grondslag van hierdie denkrigtings en valse leerstellings? Die godsdiens van evolusionionisme wat hom soos 'n verkleur-mannetjie in sy verskillende gewade versteek.

Diesulkes vir wie die Geloof nog kosbaar is: Wees gewaarsku!"

Pieter J Pelser , Mei 2002: Evolusie en die Bybel, bl 322