Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
PUK se grondslag ingedrang

AKTUEEL: 1902 en 2002 - Waar staan ons?

SKRIFOORDENKING:
Die gesuis van 'n sagte koelte

Messianisme in die Psalms...

Toe dr Malan (NP) die PU vir CHO in 1928 wou sluit

CNO - Die wat en hoe

Individualisme en Menseregte

Onrus en Origenes

Kommunisme en sedelikheid

Geloof en Wetenskap

"Pukke kry 'gekontroleerd' kondome op kampus"

KERKLIKE JOERNAAL: 
Landswye gereformeerde konferensie 11 tot 13 September

Verklaring van Vrystaatse teologiedosente

Ring van kerk se getuienis

VGK se verhoudinge met die GKSA

Sinode VGK en gesange vir eredienste

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Afgrond (Totius)

Homoseksualisme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die vrede van Vereeniging, 31 Mei 1902

PERSRUBRIEK: 
Jesus - seminaar

Aanval op kerk 'niks nuuts'

Die kookpot Israel

Posisie van die vrou in die kerk

Evolusionisme versoenbaar...?

KOMMENTAAR: 
Kommunistiese strategie

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Kan selfmoord iets anders as moord wees?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 4 Julie 2002

REDAKSIONEEL

Hierdie uitgawe van ons blad is besonder toegespits op die verwikkelinge by die Potchefstroomse Universiteit. Dit is nie sonder belangrike redes nie. Die PU vir CHO lê diep veranker in die harte van behoudende Gereformeerdes asook in lidmate van ander kerkverbande wat die band met die gereformeerde belydenisskrifte as die basis van hulle geloofslewe op alle lewensterreine aanvaar.

Soos hiernaas (in die hoofartikel) en in ander artikels en inligting in hierdie uitgawe die veranderinge en verval van dié inrigting, sedert sy stigting, aan die orde gestel word, baar dit diep bekommernis by diegene wat nie bereid is om toe te gee aan die tydsgees en huidige staatkundige omstandighede en voorgeskrewe vereistes nie.

Soos vry algemeen en oral in ons land die sedelike verwildering toeneem, is dit ook die geval in Potchefstroom. Dit raak ook die morele standaard van dosente en studente op die kampus van die universiteit (vgl die berig oor die beskikbaarheid van kondome op die kampus van die PU vir CHO).

Is dit geoorloof om onder hierdie omstandighede die "uitwaartse beleid" voort te sit as die skadelike gevolge daarvan reeds sigbaar is en dit, onvermydelik, al hoe meer die prinsipiële karakter van die PU sal ondermyn en aantas? Sal ouers wat tot dusver  hulle kinders, op pad na volwassenheid, met 'n geruste hart aan die PU toevertrou het, dit onder die huidige omstandighede nog doen?

Dit is met deernis en diepe besorgdheid dat ons die verval van die universiteit wat in die verlede as 'n bolwerk van Calvinisme getipeer is, aanspreek en beskryf.

Mag meer en meer besef word dat die rigting wat bewus en dalk ook onder druk gekies en ingeslaan is, 'n heillose pad is ten opsigte van die koninkryk van God.