Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
TENSY ....

AKTUEEL: Kommentaar op die hersiene godsdiensbeleid in skole.

SKRIFOORDENKING:
Deurgrond my, O God

Die "Sleutel van die kennis" (Lukas 11:52) en die Psalmomdigting 2001

Die Heilige Skrif: Foutloos of onfeilbaar?

Een woord wat 'n reusagtige verskil maak.

Totius - 50 jaar gelede heengegaan.

Begrafnisse en lykverbranding

Reformasie bring vervolging

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe psalmboek op Hervormingsondag, feestelik in gebruik geneem

Klassis Waterberg ondersteun Gereformeerde Kerk Waterberg se "dolering"

Teologiese Skool Potchefstroom: Nuwe Rektor en Vise-rektor asook nuwe dagbestuur van kuratore

NGK - Draaipunt: Sosialisering

Cloete - omdigting berus op NAV 1983

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Pretoriase Akademie vir Christelike - Volkseie hoër onderwys.

Nuus oor PU vir CHO skokkend!

PU vir CHO laat demokrasie voor transformasie buig.

Universele gebed dalk voorskriftelik vir gebruik in skole.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die vertekening van die Calvinisme

Dr A Kuyper oor die sosiale vraagstuk en die Christelike Godsdiens.

Doleansie en Toleransie

PERSRUBRIEK: 
RJW van der Kooi (Polemies)

Argument wat saak maak

Rekenaar-, Inligting- en Kommunikasie-tegnologie: Vriend of Vyand?

Die Internet: Boekrak vir die Christen.

KOMMENTAAR: Prof C Coetzee oor Sinodebesluite

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van vitalisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 Julie 2003

Aktueel

KOMMENTAAR OP HERSIENE GODSDIENSBELEID IN SKOLE

Nuwe Godsdiensplan net kosmeties beter

In ‘n verklaring namens die Nasionale Aksie het ek reeds op 15 April gewaarsku dat indien die bestaande dokument oor godsdiens in skoolverband nie onttrek word en daar van nuuts af gekonsulteer word nie, "ons teen Junie ‘n finale produk (gaan) ontvang met bloot enkele kosmetiese wysigings. Kosmetiese veranderinge gaan nie die golf van protes en die gevolglike ontwrigting in die onderwys stuit nie".

Dit is presies wat nou gebeur het.

Minister Kader Asmal het hoog opgegee oor die tegemoetkomings in die nuwe beleidstuk oor godsdiens in die onderwys wat pas verskyn het. Die Nasionale Aksie deel ongelukkig nie die minister se opgewondenheid oor die beleidstuk nie, en verklaar onomwonde dat die wysigings nie daarin sal slaag om die storm van protes teen hierdie beleid te laat bedaar nie.

Die vertrekpunt van die dokument, naamlik ‘n verhouding van samewerking tussen godsdiens en openbare onderwys, ontspoor reeds by die vertrekpunt dat die skool bloot ‘n instelling van die staat is, en nie ‘n verlengstuk van die ouerhuis nie. Die grondslag vir hierdie redenasie is dat die kind die eiendom van die staat is, terwyl die Nasionale Aksie in ooreenstemming met sy Christelike grondslag glo dat die kind die eiendom van God is wat aan die ouer toevertrou word.

Die grootste beswaar is steeds teen die wyse waarop die sogenaamde "religion education" as vak aangebied gaan word. Die dokument bekragtig in die verband klakkeloos die gewraakte inhoud van die Hersiene Nasionale Kurrikulumstelling. Die dokument stel dit ten doel om leerders bloot te stel aan ‘n verskeidenheid godsdienstige tradisies ten einde geestelike groei te stimuleer, en wil ‘n "dieper en breër begrip vir lewensoriëntasie, lewensbeskouings, kulturele gebruike en etiese bronne van die mensheid" by leerders tuisbring. Die dokument stel ook as doel dat leerders in staat gestel moet word om vrye en ingeligte keuses oor godsdiens te maak met betrekking tot hul persoonlike lewe. Dit is ‘n fragrante inmenging op die terrein van die ouer. ‘n Multi-tradisio-nele benadering word duidelik as vertrekpunt gestel en ‘n "common humanity" binne religieuse verskeidenheid moet deur leerders herken word.

Die kern van die ontsporing lê in die definisie van godsdiens as "gelowe en gebruike met betrekking tot die transendente, die sakrale, die spirituele of die 'ultimate' dimensies van menslike lewe", en nie as diens of gehoor-saamheid aan God nie. Die basies-humanistiese dwaling is dat "God" uit godsdiens gehaal kan word, en laasgenoemde dan soos ‘n kadawer oopgesny en gedissekteer kan word.

Reeds in die Pre-primêre fase moet leerders "die meer tasbare vorme van godsdiens soos gevind in kerke, mos-kees, sinagoges en tempels ... ontgin" terwyl in die Intermediêre fase onder andere die "stories, liedere, heilige plekke, grondleggers, rituele en feeste" van verskillende godsdienste bestudeer moet word. Die Nasionale Aksie sal voorstel dat vergelykende studie oor godsdienste eers op hoërskoolvlak aangebied moet word, en wel vanuit die vertrekpunt van die godsdiens van die ouerhuis.

Oor godsdiensoefening by skole maak die hersiene doku-ment die toegewing dat Bestuursliggame skoolfasiliteite op gelyke basis aan alle aansoekers vir godsdiensoefeninge beskikbaar mag stel. Die voorwaarde dat sodanige samekomste die multi-religieuse aard van die Suid-Afrikaanse gemeenskap moet erken en reflekteer, trek egter in effek 'n streep deur hierdie toegewing. Die dokument stel in die verband 'n rotasie van godsdienste voor, of "universal prayer" met seleksies van voorlesing uit die verskillende godsdiens-bronboeke. Indeling en verdeling van leerders volgens godsdiens mag slegs geskied buite die konteks van ‘n skoolsamekoms.

Die Nasionale Aksie sal, soos in die verlede, alles in sy vermoë doen om hierdie voorgestelde beleid verander te kry of teen te staan. Die oproep van die Nasionale Aksie tot minister Asmal, soos gestel tydens sy begrotingsdebat, is selfs ná die gewysigde dokument nog net so van toepassing:

Meneer, jy saal ‘n perd op wat jy nie gery gaan kry nie. Ek voorspel ‘n golf van lydelike verset. Teachers, parents, children are not going to march like in 1976, to be shot down. No, it will be more like the defiance campaign. And it would not even be organized. It will be a matter of personal conviction. Are you going to fire the grade 1 teacher who refuses to expose little children to rituals of other religions? Or the grade 4 teacher who shows them Table Mountain and says: How wonderful are the works of His creation!? Are you going to fail the thousands of excellent pupils whose parents say: my child is not going to write this syncretistic subject ? Are you going to discipline the headmaster just because he said: Seuns en dogters, ons verwelkom vanoggend vir dominee so en so....

Hon minister, please: if something is not broken, don’t try to fix it."

Normaalweg is die beleid van die Redaksie om geen partypolitiek in ons blad voor te staan en te bevorder nie. In hierdie geval is dit 'n uitsondering omdat dit 'n prinsipiële saak betref wat ondersteun word. Broeder Cassie Aucamp vermeld bokant die verklaring wat onder sy naamtekening uitgereik is: "Moenie bang wees dat ek (dit) ... gaan misbruik vir politieke propaganda nie. Ek het egter die aangehegte mediaverklaring spesifiek so opgestel dat dit ook toerustend van aard kan wees vir diegene wat vinnig 'n verantwoorde standpunt moet inneem."                                                         (Red - PvdK)