Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
TENSY ....

AKTUEEL: Kommentaar op die hersiene godsdiensbeleid in skole.

SKRIFOORDENKING:
Deurgrond my, O God

Die "Sleutel van die kennis" (Lukas 11:52) en die Psalmomdigting 2001

Die Heilige Skrif: Foutloos of onfeilbaar?

Een woord wat 'n reusagtige verskil maak.

Totius - 50 jaar gelede heengegaan.

Begrafnisse en lykverbranding

Reformasie bring vervolging

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe psalmboek op Hervormingsondag, feestelik in gebruik geneem

Klassis Waterberg ondersteun Gereformeerde Kerk Waterberg se "dolering"

Teologiese Skool Potchefstroom: Nuwe Rektor en Vise-rektor asook nuwe dagbestuur van kuratore

NGK - Draaipunt: Sosialisering

Cloete - omdigting berus op NAV 1983

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Pretoriase Akademie vir Christelike - Volkseie hoër onderwys.

Nuus oor PU vir CHO skokkend!

PU vir CHO laat demokrasie voor transformasie buig.

Universele gebed dalk voorskriftelik vir gebruik in skole.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die vertekening van die Calvinisme

Dr A Kuyper oor die sosiale vraagstuk en die Christelike Godsdiens.

Doleansie en Toleransie

PERSRUBRIEK: 
RJW van der Kooi (Polemies)

Argument wat saak maak

Rekenaar-, Inligting- en Kommunikasie-tegnologie: Vriend of Vyand?

Die Internet: Boekrak vir die Christen.

KOMMENTAAR: Prof C Coetzee oor Sinodebesluite

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van vitalisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 Julie 2003

DIE "SLEUTEL VAN DIE KENNIS" (LUKAS 11:52)

EN DIE PSALMOMDIGTING 2001

- PROF VE D'ASSONVILLE -

OORGENEEM UIT KERK EN WOORD

MONDSTUK VAN DIE GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-DIE KANDELAAR, APRIL 2003, BL 22-24

 

Die vals eksegese (Skrifverklaring) van die Joodse teoloë

Dit is Jesus Christus wat van die "sleutel van die kennis" in die kerk praat. Ons lees dit in Lukas 11:52: Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder.

Dit was die hoogtepunt van 'n verdoemende reeks herhalings van "Wee julle" oor die Fariseërs en Wetgeleerdes. Hulle was die toonaangewende teoloë van destyds.

En is daar ooit 'n groter woord van vervloeking as die "wee julle" wat kom uit die mond van Jesus Christus? Dan kom die lewe tot stilstand. Daar is geen uitkoms meer nie. Alle deure word toegesluit. Die kerk word pikdonker met die Bybel en al. Geen redding vir die sondaar meer nie.

Hierdie "wee julle" wat Jesus uitspreek is die teenoorgestelde van die "salig is hulle" in dieselfde hoofstuk: Salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar (Luk 11:28).

Vreeslik is die oordeel oor die mens wat die sleutel van die kennis wegneem. Soveel verskrikliker word dit as die kerkleiers (teoloë) hierdie sleutel uit die kerk verwyder! Dit was die groot misdaad van die Wetgeleerdes. Hierdie manne met al hulle Bybelkennis gaan self nie die koninkryk van God in nie, maar hulle versper ook die pad vir die ander wat wil ingaan - juis vir die arme, verlore sondaars. Die sleutel wat hierdie Koninkryk moet oopsluit, word verwyder. Met die Heilige Skrifte in die hand, verwerp hulle die Seun van God.

Met al die wetskodes en reglemente waarmee hulle die orde wil handhaaf, word die evangelie van genade uitgeban.

Jesus Christus is die sleutel

Die sleutel van die kennis ... . Wat is dit? Dit is die kennis van God in Jesus Christus en sy Woord. Dit is die enigste ware "teologie". Met hierdie kennis word die Koninkryk van God oopgesluit. Dit is die enigste suiwer, ware Skrifuitleg waarvan Jesus Christus die INHOUD is. Hierdie saak is so allerbelangriks dat die apostel Petrus aan die kerk skryf:

Julle moet veral dit weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie (2 Pet 1:20).

Juis die hele Ou Testament verkondig Jesus Chris-tus. Hy, ons Verlosser, sê dit oor en oor aan die Skrifgeleerdes en ons:

Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het, en dit is die wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie (Joh 5:39-40).

As jullle Mose geglo het, sou julle My glo, want Hy het van My geskrywe. En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo? (Joh 5:46-47).

O, onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! ... En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het (Luk 24: 25, 27).

Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in Moses en die profete en die Psalms vervul moet word (Luk 24:44).

Sonder Christus, geslote kerkdeure

Met die sleutel Jesus Chritus staan of val die kerk - ook 'n Gereformeerde kerk. En hierin is Christus se uitroep van "wee julle" vir ons 'n aangrypende waarskuwing. Met die volmaakte Bybel en die mooiste digwerk in die psalms en ook die Dordtse kerkorde in die hand, kan die deure van God se Koninkryk steeds toegesluit bly. Met die roemrykste tradisies en 'n effektiewe "gereformeerde" sisteem kan sondaars voor geslote poorte staan - want iemand in die gemeente het die sleutel weggegooi.

Die Wetgeleerdes (teoloë) het die wet geken. Hulle besit die teks van die Ou Testament. Die Joodse Talmoed (tradisies, sedelesse, ordereëlings, "sinodebesluite") is altyd byderhand. Die struktuur van hulle gods-diens om die artikels van die wet na te kom, is presies uitgewerk. Aan die buitekant van hierdie "kerklike struktuur" is die beker en die bord skoon, maar, so sê Jesus aan hierdie teoloë, van binne is julle vol roof en boosheid" (Luk 11:39).

Die nuwe Psalmomdigting 2001

Hoe is dit tog moontlik? Die Christusprofesieë is uit die Nuwe Psalmomdigting van 2001 "verwyder". So het die digter daarvan dit in die Sondagskoerant, Rapport van 4 November 2001, aan 'n joernalis vertel. Hy vertel van die "Messiaanse verwysings in sekere psalms wat nou op grond van nuwe navorsing verwyder is" (bl 25).

Behalwe die "verwydering" van die wet (byvoorbeeld Psalm 1) en die verbond (byvoorbeeld Psalm 25) op plekke uit die psalms, weet ons dat die verwysings oor Christus onder andere uit die volgende berymde psalms met opset weggelaat is: Psalms 2:7; 22:7b, 8; 23, 24: 31:6; 37:11; 41:10; 45:7; 47:6; 67:3; 68:19; 69:10; 82:6; 89:13 en 110:1.

Oor Psalm 110 het die digter in Die Kerkbode van 13 April 2002 verklaar dat hierdie psalm "volgens my teologiese adviseurs ... nie 'n Messiaanse Psalm" is nie. Gereformeerde teoloë? Het hulle nie hulle Bybels gelees nie of was dit moedswillig? Die dwaling is oorstelpend. Psalm 110 word ten minste dertien keer in die Nuwe Testament direk op Jesus Christus toegepas; ook deur Jesus Christus self om sy godheid teenoor die Fariseërs te bewys (Mat 22:44; Mark 12:36; Luk 20:42). Psalm 110 is vir Petrus op die Pinksterdag die bewys dat Jesus Christus die Heilige Gees uitgestort het (Hand 2:34).

Die sleutel van die kennis uit die Psalms weggeneem

Dit is 'n medoënlose feit: Die Nuwe Psalmomdigting 2001 het Christus uit die Psalms verwyder. Die digter vertel dit self en ons kan dit bewys. En nou? Wie kan dit met 'n vrye gewete in die kerk sing? Hoe is dit tog moontlik dat die sinode besluit het dat ons in die eredienste Psalms sonder Christus moet sing? En ook die kinders by hulle katkisasies moet sulke Psalms leer. En ook by ons huisgodsdiens! Die sleutel is weg-geneem. Die deure van God se koninkryk word toegeslaan.

Elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is (Mat 10:34).

Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele (Mark 8:38 en Luk 9:26).