Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
TENSY ....

AKTUEEL: Kommentaar op die hersiene godsdiensbeleid in skole.

SKRIFOORDENKING:
Deurgrond my, O God

Die "Sleutel van die kennis" (Lukas 11:52) en die Psalmomdigting 2001

Die Heilige Skrif: Foutloos of onfeilbaar?

Een woord wat 'n reusagtige verskil maak.

Totius - 50 jaar gelede heengegaan.

Begrafnisse en lykverbranding

Reformasie bring vervolging

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe psalmboek op Hervormingsondag, feestelik in gebruik geneem

Klassis Waterberg ondersteun Gereformeerde Kerk Waterberg se "dolering"

Teologiese Skool Potchefstroom: Nuwe Rektor en Vise-rektor asook nuwe dagbestuur van kuratore

NGK - Draaipunt: Sosialisering

Cloete - omdigting berus op NAV 1983

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Pretoriase Akademie vir Christelike - Volkseie hoër onderwys.

Nuus oor PU vir CHO skokkend!

PU vir CHO laat demokrasie voor transformasie buig.

Universele gebed dalk voorskriftelik vir gebruik in skole.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die vertekening van die Calvinisme

Dr A Kuyper oor die sosiale vraagstuk en die Christelike Godsdiens.

Doleansie en Toleransie

PERSRUBRIEK: 
RJW van der Kooi (Polemies)

Argument wat saak maak

Rekenaar-, Inligting- en Kommunikasie-tegnologie: Vriend of Vyand?

Die Internet: Boekrak vir die Christen.

KOMMENTAAR: Prof C Coetzee oor Sinodebesluite

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van vitalisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 Julie 2003

DIE HEILIGE SKRIF ...

FOUTLOOS OF ONFEILBAAR?

- SH SALOMONS IN: KERK EN WOORD, APRIL 2003, Bl 11 EN 12 -

Ons glo en bely saam met die kerk van alle eeue die onfeilbaarheid van die Heilige Skrif. Die woord "onfeilbaar" beteken volgens HAT: "Wat hom nooit vergis, nooit 'n fout begaan nie". Die Nederlandse Van Dale woordeboek gee die volgende betekenis: "aan geen dwaling, geen vergissing onderhewig, gevrijwaard van dwaling met betrekking tot de geloofs- of zedenleer; altijd het bedoelde of verwachte resultaat hebbend, zonder kans van falen".

Die woord "onfeilbaar" is nie sinoniem met "foutloos" nie. Die geskrewe Woord van God, soos dit tot ons gekom het is nie foutloos nie. Daarin kom foute van die afskrywers voor. Ook kom daar in die oudste betroubare manuskripte waaroor ons tans beskik, tekste voor wat deur die eeue sodanig vervaag het, dat ons nie alle woorde met sekerheid kan vasstel nie. Dit is juis die Skrifgelowige tekskritiek wat poog om in hierdie gevalle, deur die vergelyking van Skrif met Skrif en manuskrip met manuskrip, so na as moontlik die oorspronklike teks weer te gee.

Onder die onfeilbaarheid van die Heilige Skrif ver-staan ons as Gereformeerde gelowiges dat God se Woord onbedrieglik seker is: ons kom daarmee nooit bedroë uit nie. Ons kan staat maak op God se Woord: Sy beloftes is ewig seker. Hy bedrieg ons nie met sy beloftes van die heil wat Hy ons skenk nie. Hy is onfeilbaar die ewige Getroue.

As gelowiges verwerp ons die Skrifkritiek wat die gesag en onfeilbaarheid van die Woord ondermyn, wat die sekerheid van die geloof wegneem en wat die onbetwyfelbare Christelike geloof 'n betwyfelbare geloof maak.

Omdat die woord "kritiek" die beide woorde Skrif- en tekskritiek aan mekaar verbind, is sommige gelowiges ook maar lugtig vir tekskritiek. 'n Beter woord sou miskien "teksanalise" of iets dergeliks wees. Verkieslik 'n woord waarin "kritiek" nie voorkom nie. In sommige publikasies word na Skrif- en tekskritiek respektiewelik as hoër en laer Bybelkritiek verwys. Dit is baie verwarrend, omdat daarby in beide gevalle na Bybelkritiek gerefereer word. Terwille van die duidelikheid sal ons (in hierdie artikel) steeds die algemeen aanvaarde woord tekskritiek gebruik.

Met tekskritiek gaan dit hoegenaamd nie om ondermyning van die gesag van die Bybel nie. Inteendeel, terwyl die Skrifkritiek ons van die Bybel wil wegvoer, wil die gelowige tekskritiek ons juis nader aan die oorspronklike teks en sy betekenis bring. Tekskritiek pro-beer om krities en wetenskaplik verantwoord na te speur wat die oorspronklike teks gesê het. Verder kyk dit ook na die noukeurigheid van die vertaling. Dit is 'n ongelooflik moeilike en moeisame werk, want daar is gewoonlik 'n groot aantal teksvariante beskikbaar. Watter een daarvan bied die mees noukeurige en betroubare teks? Waarom word hierdie of daardie manuskrip die mees betroubare geag? Wat is die gronde daarvoor?

Daar moet keuses met betrekking tot die vertaling gemaak word. Een onduidelik geskrewe lettter of woord kan 'n vertalingsfout veroorsaak en die sin van 'n teks verander. Soms betref dit 'n fout wat via talle afskrifte tot in die hedendaagse vertalings gehandhaaf word. Dit moet egter benadruk word dat deur die eeue van navorsing, die ontdekking van ouer of beter manuskripte en die regstelling van foutiewe vertalings as gevolg daarvan, dit nooit die grondwaarhede van die Bybel hoegenaamd geraak het nie. God se Woord is onfeilbaar betroubaar!

Dit is 'n onbegryplike wonder dat hierdie eeue-oue Skrif ons in so 'n goeie toestand bereik het.