Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 4 Julie 2003
KERKLIKE JOERNAALTEOLOGIESE SKOOL POTCHEFSTROOM:NUWE REKTOR EN VISE-REKTOR ASOOK NUWE DAGBESTUUR VAN KURATORE
Die kuratore het op hulle laaste vergadering in Junie n nuwe rektor en vise-rektor vir die Teologiese Skool vanaf 2004 aangewys. Die nuwe rektor wat by Prof. Dries du Plooy sal oorneem is Prof. Koos Vorster, die huidige vise-rektor. In sy plek sal Prof. Jorrie Jordaan, die gewese redakteur van Die Kerkblad, as nuwe vise-rektor oorneem.
Tydens die kuratorevergadering het Dr Jan Ras, vanweë sy emeritaat, ook bedank as voorsitter van die kuratore. Ds Pieter van der Walt van Bethlehem is gekies as nuwe voorsitter. In sy plek is as ondervoorsitter Dr Henk Stoker gekies. Dr Douw Breed is gekies as nuwe dagbestuurslid. Die dagbestuur van die kuratore bestaan nou uit Ds Pieter van die Walt (Voors.), Dr Henk Stoker (Ondervoors.), Ds Danie Snyman (sekretaris), Dr Dick Steyn (penningmeester) en Dr Douw Breed.
Die aankondigings is amptelik deur die huidige rektor, Prof. Dries du Plooy gemaak tydens die promosieplegtigheid op 18 Junie waar vier studente hulle teologiese studies na ses en n half jaar voltooi het en waar een student preekkonsent verkry het. In Novembermaand sal die eerste studente na ses jaar hul teologiese studies voltooi waarna hulle sal kan aanmeld by die onderskeie meerdere vergaderings vir proponering.