Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
TENSY ....

AKTUEEL: Kommentaar op die hersiene godsdiensbeleid in skole.

SKRIFOORDENKING:
Deurgrond my, O God

Die "Sleutel van die kennis" (Lukas 11:52) en die Psalmomdigting 2001

Die Heilige Skrif: Foutloos of onfeilbaar?

Een woord wat 'n reusagtige verskil maak.

Totius - 50 jaar gelede heengegaan.

Begrafnisse en lykverbranding

Reformasie bring vervolging

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe psalmboek op Hervormingsondag, feestelik in gebruik geneem

Klassis Waterberg ondersteun Gereformeerde Kerk Waterberg se "dolering"

Teologiese Skool Potchefstroom: Nuwe Rektor en Vise-rektor asook nuwe dagbestuur van kuratore

NGK - Draaipunt: Sosialisering

Cloete - omdigting berus op NAV 1983

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Pretoriase Akademie vir Christelike - Volkseie hoër onderwys.

Nuus oor PU vir CHO skokkend!

PU vir CHO laat demokrasie voor transformasie buig.

Universele gebed dalk voorskriftelik vir gebruik in skole.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die vertekening van die Calvinisme

Dr A Kuyper oor die sosiale vraagstuk en die Christelike Godsdiens.

Doleansie en Toleransie

PERSRUBRIEK: 
RJW van der Kooi (Polemies)

Argument wat saak maak

Rekenaar-, Inligting- en Kommunikasie-tegnologie: Vriend of Vyand?

Die Internet: Boekrak vir die Christen.

KOMMENTAAR: Prof C Coetzee oor Sinodebesluite

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van vitalisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 Julie 2003

KERKLIKE JOERNAAL

CLOETE-OMDIGTING BERUS OP NAV 1983

In die briewekolom van BEELD, Dinsdag 1 Julie 2003, bevestig prof TT Cloete dat sy omdigting op die NAV en "natuurlik ook op talle ander bronne" berus.

Tot die ander bronne behoort ongetwyfeld ook die omstrede werke: Die Bybel in Praktyk en Die Bybellennium, onder redaksie van proff Wil Vosloo en Fika van Rensburg, albei sterk ondersteuners van die 1983 Bybelvertaling en die 2001- (Cloete) omdigting. Hierdie boeke onderskryf die nuwe teologiese benaderings soos dit in die debatte (daaromheen) na vore gekom het.

Prof Cloete skryf in sy brief onder andere as volg: "... Wat die Messiasvertolking betref, berus die Psalms in die Liedboek van 2001 op die Afrikaanse Bybelvertaling van 1983 en op die oorbekende debatte daaromheen - en natuurlik ook op talle ander bronne.

"Die Psalms in die Liedboek se beginpunt lê histories presies in die tyd van die verskyning van die 1983- Bybelvertaling en in die tyd van die debatte daaromheen."