Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
TENSY ....

AKTUEEL: Kommentaar op die hersiene godsdiensbeleid in skole.

SKRIFOORDENKING:
Deurgrond my, O God

Die "Sleutel van die kennis" (Lukas 11:52) en die Psalmomdigting 2001

Die Heilige Skrif: Foutloos of onfeilbaar?

Een woord wat 'n reusagtige verskil maak.

Totius - 50 jaar gelede heengegaan.

Begrafnisse en lykverbranding

Reformasie bring vervolging

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe psalmboek op Hervormingsondag, feestelik in gebruik geneem

Klassis Waterberg ondersteun Gereformeerde Kerk Waterberg se "dolering"

Teologiese Skool Potchefstroom: Nuwe Rektor en Vise-rektor asook nuwe dagbestuur van kuratore

NGK - Draaipunt: Sosialisering

Cloete - omdigting berus op NAV 1983

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Pretoriase Akademie vir Christelike - Volkseie hoër onderwys.

Nuus oor PU vir CHO skokkend!

PU vir CHO laat demokrasie voor transformasie buig.

Universele gebed dalk voorskriftelik vir gebruik in skole.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die vertekening van die Calvinisme

Dr A Kuyper oor die sosiale vraagstuk en die Christelike Godsdiens.

Doleansie en Toleransie

PERSRUBRIEK: 
RJW van der Kooi (Polemies)

Argument wat saak maak

Rekenaar-, Inligting- en Kommunikasie-tegnologie: Vriend of Vyand?

Die Internet: Boekrak vir die Christen.

KOMMENTAAR: Prof C Coetzee oor Sinodebesluite

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van vitalisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 Julie 2003

KOMMENTAAR

Prof Callie Coetzee van die Teologiese Skool te Potchefstroom reageer op 'n Brandpunt-artikel van Prof Fika van Rensburg in Die Kerkblad van Maart 2003. Dit handel oor laasgenoemde se standpunte oor besluite van die Nasionale Sinode van die GKSA, Januarie 2003. Prof Coetzee vermeld dat dit vooraf met prof Van Rensburg bespreek is en met sy medewete gepubliseer is.

In die eerste plek moet myns insiens in die lig van die Gereformeerde Hermeneutiek die vraag gevra word of buite-Bybelse faktore soos 'n veranderde kultuur, rol en funksie van die vrou in die samelewing, ensovoorts, so 'n bepalende rol kan en mag speel as wat in die artikel beoog word. In die tweede plek meen ek dat die artikel nie 'n korrekte weergawe gee van wat op Sinode 2003 gebeur het in die besluitneming rondom die Nagmaal en die toelating van die vrou as diaken nie.

Wat die besluit oor die Nagmaal betref, stel ek die volgende: By Sinode 2003 het 'n aantal beswaarskrifte gedien teen die besluit van Sinode 2000 (Acta, p 400), 401). Die beswaarskrifte het onder andere gehandel oor pt 3.2.2.3 van die besluit van 2000 wat soos volg gelui het en aanleiding gegee het tot uiteenlopende interpretasie en toepassing, misverstand en verwarring: "Indien kerke om gewigtige redes van gemeenskaplike drinkbekers afwyk, moet dit met verantwoording uit die Skrif gedoen word." Die beswaarskrifte teen hierdie besluit is gehandhaaf. Daarom moes Sinode 2003 opnuut kyk na die besluit van 2000.

Op 'n baie laat stadium in die Sinode het 'n ad-hoc kommissie 'n nuwe formulering voorgestel in die plek van genoemde punt 3.2.2.3. In die voorgestelde formulering is "beker en kelkies" met mekaar gelykgestel. Ekself het op daardie stadium as een van die persone wie se beswaarskrif gehandhaaf is, aan die Sinode gesê dat die aanvaarding van die ad-hoc kommissie se formulering ons beswaar net weer opnuut op die tafel sou bring en dat die Sinode, gesien die laat uur, beter sou doen deur net genoemde punt 3.2..2.3 te skrap. Dit het die Sinode gedoen.

En daarmee het die Sinode myns insiens, gesien teen die agtergrond van die beswaarskrifte wat geslaag het, 'n meer "pro-beker"-besluit geneem as in 2000.

Wat die besluit betref dat vroue toegelaat word tot die amp van diaken, het die Deputate vir Leerstellige Sake (waarvan ek vir die laaste paar maande van hulle termyn 'n lid kon wees) reeds in hulle rapport aangedui dat daar oor tekste soos Romeine 16:1 en 2 (Febe) en Timoteus 3:11 (vroue van diakens of vroulike diakens) onder Gereformeerde eksegete uiteenlopende standpunte bestaan In hierdie verskillende eksegetiese standpunte kom sake soos veranderde kultuur en "die veranderde rol en funksie van vroue in die samelewing" hoegenaamd nie ter sprake nie (vergelyk die rapport van die Deputate, Agenda, p 242-247).

Die Sinode het in sy besluitneming myns insiens net vir een van hierdie eksegetiese standpunte gekies.

Dit moet uit 'n sinodebesluit en die motivering en begronding daarvoor, duidelik aangetoon word dat buite-Bybelse faktore soos veranderde kultuur, "die veranderde rol en funksie van vroue in die samelewing", ensovoorts 'n bepalende rol gespeel het in die besluitneming. Dit kan myns insiens in die betrokke besluite nie aangetoon word nie.