Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
TENSY ....

AKTUEEL: Kommentaar op die hersiene godsdiensbeleid in skole.

SKRIFOORDENKING:
Deurgrond my, O God

Die "Sleutel van die kennis" (Lukas 11:52) en die Psalmomdigting 2001

Die Heilige Skrif: Foutloos of onfeilbaar?

Een woord wat 'n reusagtige verskil maak.

Totius - 50 jaar gelede heengegaan.

Begrafnisse en lykverbranding

Reformasie bring vervolging

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe psalmboek op Hervormingsondag, feestelik in gebruik geneem

Klassis Waterberg ondersteun Gereformeerde Kerk Waterberg se "dolering"

Teologiese Skool Potchefstroom: Nuwe Rektor en Vise-rektor asook nuwe dagbestuur van kuratore

NGK - Draaipunt: Sosialisering

Cloete - omdigting berus op NAV 1983

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Pretoriase Akademie vir Christelike - Volkseie hoër onderwys.

Nuus oor PU vir CHO skokkend!

PU vir CHO laat demokrasie voor transformasie buig.

Universele gebed dalk voorskriftelik vir gebruik in skole.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die vertekening van die Calvinisme

Dr A Kuyper oor die sosiale vraagstuk en die Christelike Godsdiens.

Doleansie en Toleransie

PERSRUBRIEK: 
RJW van der Kooi (Polemies)

Argument wat saak maak

Rekenaar-, Inligting- en Kommunikasie-tegnologie: Vriend of Vyand?

Die Internet: Boekrak vir die Christen.

KOMMENTAAR: Prof C Coetzee oor Sinodebesluite

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van vitalisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 Julie 2003

MEDIESE ETIEK

DIE PROBLEEM VAN VITALISME

-  DR MC DURAND  -

Nie net het die positivistiese wetenskap gepoog het om God se aanspraak op sy skepping te verydel nie, maar dit het ook die teorieë van vitalisme gekelder. Die vraag is of vitalisme die gelowiges kan help in die stryd teen die positivistiese wetenskap. Kan die gelowige vitalisme gebruik om aan God weer die eer te gee wat Hom toekom?

Uitsprake soos die volgende is nie onbekend nie: "Indien ons net bedink hoe wonderlik die ontwikkeling van die lewe in die baarmoeder is, sal ons nie aborsies wil doen nie". En "Indien ons die wonder van menselewe besef sal ons nie eutanasie pleeg nie".

Uitsprake soos dit gee die indruk asof vitalisme `n nuttige teorie in die mediese etiek mag wees wanneer dit kom by besinnings oor kwessies rondom die bewaring van die menslike lewe.

Voordat die positivistiese wetenskap oorgeneem het, was die vitalisme `n oorweegbare teorie.

Volgens die vitalisme het alle lewende organismes spesiale kragte wat dit van nie-lewende prosesse onderskei. Die prosesse wat in lewende organismes voorkom kan slegs binne lewende organismes plaasvind. Die verskil tussen lewe en nie-lewe volgens die vitalisme is absoluut en onoorbrugbaar. (`n Mens kan ook voorstel watter bedreiging die vitalisme vir die ewolusionisme ingehou het.)

`n Voorbeeld van so `n proses in `n lewende organisme wat nie buite lewe kon plaasvind nie, was die produksie van ureum: Aangesien ureum slegs in lewende organismes geproduseer kan word, kan ureum (volgens die vitalisme) nie in `n laboratorium vervaardig word nie, en kan ureum nie andersins in die natuur gevind word nie.

Dit was duidelik: Die lewende organisme moet kragte hê wat uniek aan lewe is - want hoe anders kan dit sulke unieke stowwe vervaardig?

Die doodskoot het in 1828 gekom toe ureum wél sinteties vervaardig was. Dít het duidelik geblyk dat lewe nie uniek was nie. Die skeiding tussen lewe en nie-lewe was nie so absoluut soos wat gedink was nie. Daarnawas meer en meer biologiese prosesse in terme van chemiese en fisiese prosesse verklaar. Lewe as sulks was nie so besonders nie. Lewe was maar `n hoofstuk van die natuur en skeikunde (al sou dit die moeilike
hoofstuk wees).

Die verskil tussen lewe en nie-lewe is nie `n verskil van soort nie. Die verskil tussen lewe en nie-lewe is bloot `n verskil van graad. Die chemiese prosesse wat in die lewende organisme plaasvind is nie anders as ander prosesse nie, maar dit is ten minste meer kompleks.

Maar sal die bewondering van kompleksiteit van die lewende organisme, veral die kompleksiteit van die mens, ons by die eerbied vir die menselewe bring wat nodig is?

Hierdie vraag is in die kern van sekere medies-etiese oorwegings: Dit is so dat ons verslae is oor die kompleksiteit van die mense lewe - maar die ongelowiges kan net so verslae wees oor die kompleksiteit van die mense lewe. Buitendien ons kan ook verslae wees oor die mooi berge en sterre.

Die lewe as sulks dwing ons tot bewondering. Maar is bewondering genoeg? Kan bewondering ons oortuig tot regte handeling? Sou die wonder van die menslike lewe en die ontwikkeling van die mense lewe (bevrugting, inplanting, die embrio en fetale stadia, asook die stadia van baba, peuter, kleuter, en verder) ons sekere morele insigte bied. Sou `n herlewing in vitalisme op godsdienstige vlak ons morele steun gee vir die sesde gebod? Sou vitalisme `n vaandel in die hand van die gelowige wees wanneer hy teenoor die positivistiese wetenskap sy morele standpunt stel? Sou die stryd wat vitalisme in die arena oor die aard van dinge, naamlik die verskil tussen lewe en nie-lewe verloor het, nou in diearena van moraliteit ten opsigte van lewe en veral mense lewe beter vaar?

Helaas nee! Vitalisme help op die morele vlak net so min as wat dit gehelp het om `n wesensverskil tussen lewe en nie-lewe te verklaar. Die sesde gebod het niks met die vitalisme te doen nie. Die mens se lewe is nie kosbaar vanweë sy aantreklikheid of kompleksiteit of die bewonderingswaardigheid daarvan nie. Die mens se lewe is kosbaar omdat dit na die beeld van God geskep is (Gen 9:6). God na Wie se beeld die mens geskep is, beveel nie net dat ons die mens nie mag doodmaak nie (Eks 20:13), maar beveel ook dat die regters mense wel met die dood mag straf (Eks 19:12 onder andere).

Die rede waarom die mens se lewe nie wederregtelik geneem mag word nie, en nie in gevaar gestel mag word nie - is omdat dit na die beeld van God geskep is. Ons kan nie verder as dit gaan nie - want die Skrif gaan nie verder as dit nie. Fantasië oor die vitalisme kan ons geen meerdere morele kennis oor die lewe in die algemeen of die lewe van die mens in besonder bied nie.

Die rede waarom die mens se lewe geregtelik wel geneem mag word, is die oortreding wat gepleeg is. Een van die redes waarvoor `n mens tereggestel kan word is moord. Moord is nie verkeerd omdat dit eerstens `n oortreding van vitalisme is nie. Moord is verkeerd omdat dit die mens wat na die beeld van God geskape is aantas.

Wanneer ons oor aborsie besin mag dit voorkom asof vitalisme ons kan help in `n antwoord teen aborsie. Want aborsie is immers `n vernietiging van `n lewe. Hierdie is maar `n tydelike voorsprong. Want mediese etiek is tog nie die enigste onderwerp waarmee ons besig is nie. Want indien ons vitalisme gebruik het om aborsies teen te gaan, hoe gaan ons die afskaffing van die doodstraf kan teengaan?

Vitalisme is derhalwe `n flou verskoning om lewens in die medisyne te red sonder die Woord van God.