Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 4 Julie 2003
OPVOEDING EN ONDERWYS Ek voel werklik dat die nuus oor die CHO skokkend is. Hiermee n ope brief aan die Minister, Die Rektor van die PU vir CHO en enige een wat dit wil lees en nie wil lees nie. - Ds Hennie van Wyk - Primrose -PU vir CHO
Wat n teleurstelling! CHO is daarmee heen. Dr Eloff en Vincent
Eastes (asook die advertensie in Beeld, 24 Junie) sê dat die vernietiging van die CHO
beteken nie dat die universiteit sy Christelike karakter sal verloor nie. Ek kan nie
daarmee saamstem nie. Dr. Eloff sê in Rapport van Sondag 22 Junie dat die keuse die
kabinet sn is. Verder sê hy ook dat dit beter is dat ons n naam kry wat deur
die kabinet goedgekeur (sal) word as wat ons moet wag dat hulle n ander naam vir die
PU vir CHO gee. Ek wil radikaal verskil van hierdie standpunt.
Onderhandelings beteken dat partye inspraak het. Nie een van die partye (die studente met maar as 90%) die oud-studente in n vergadering verlede jaar, en ek glo enige referendum onder mense wat verbonde is aan die PU vir CHO, sal die weglating van die CHO goedkeur nie.
Wat het geword van demokrasie? As die meerderheid besluit om die CHO te behou, moet die onderhandelaars daarby hou! Dit het nie gebeur nie. Nou het die onderhandelaars dit weggegee. Daarmee n mosie van wantroue in die onderhandelaars.
Ter illustrasie: as ek die etiket van n blik aftrek, lyk dit soos enige ander blik sonder etiket. Deur te sê dat die inhoud dieselfde is as wat dit was voor die etiket afgetrek is, is weliswaar korrek. Maar laat staan dit n paar jaar tussen ander blikke sonder etiket! Binnekort is dit een van baie, en niemand sal dit op die rak raaksien of dit wil koop nie - want hulle sien nie wat daarbinne aangaan nie!
Is ons skaam vir die CHO? NEE. Dít het baie meer waarde as die PU.
Wat van die kabinet? Ek wil hê dat die kabinet die naam moet verander - en nie dat ons
die naam weggee nie. Die konsekwensie is duidelik: as ons vir die minister en die kabinet
sê dat ons onbeskaamd die CHO wil behou - selfs al praat ons van die Tlokwe Universiteit
vir CHO, of Kader Asmal University for Muslim studies - en hulle vat die CHO weg, dan kan
ons voor die Here onomwonde sê dat ons nie skaam is vir die erfenis wat Hy ons gegee het
nie.
Dan kan ons vir die buitewêreld duidelik sê dat die regering / kabinet / minister in sy optrede anti-christelik is (en ek etiketteer nie die rege-ring / kabinet / minister as dié Antichris nie) - en nie dat ons skaam is vir ons etiket nie.
Ons moet onderskei tussen opoffer, prysgee en wegneem. Opoffer beteken dat n mens iets prysgee omdat jy iets beters in die plek daarvan kry - dit is nie hier ter sprake nie; prysgee beteken dat jy iets weggee wat nie vir jou belangrik is nie - presies wat hier gebeur; en wegneem beteken dat jy dit verloor, maar teen jou sin. Kan die proses omgekeer word? Ja. Tensy ons ruggraatloos maar aanvaar wat mense vir ons sê wat sogenaamd "weet". Ek weet: God het die Puk gebore laat word uit die donker nag, en In U lig sien ons die Lig!