Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
TENSY ....

AKTUEEL: Kommentaar op die hersiene godsdiensbeleid in skole.

SKRIFOORDENKING:
Deurgrond my, O God

Die "Sleutel van die kennis" (Lukas 11:52) en die Psalmomdigting 2001

Die Heilige Skrif: Foutloos of onfeilbaar?

Een woord wat 'n reusagtige verskil maak.

Totius - 50 jaar gelede heengegaan.

Begrafnisse en lykverbranding

Reformasie bring vervolging

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe psalmboek op Hervormingsondag, feestelik in gebruik geneem

Klassis Waterberg ondersteun Gereformeerde Kerk Waterberg se "dolering"

Teologiese Skool Potchefstroom: Nuwe Rektor en Vise-rektor asook nuwe dagbestuur van kuratore

NGK - Draaipunt: Sosialisering

Cloete - omdigting berus op NAV 1983

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Pretoriase Akademie vir Christelike - Volkseie hoër onderwys.

Nuus oor PU vir CHO skokkend!

PU vir CHO laat demokrasie voor transformasie buig.

Universele gebed dalk voorskriftelik vir gebruik in skole.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die vertekening van die Calvinisme

Dr A Kuyper oor die sosiale vraagstuk en die Christelike Godsdiens.

Doleansie en Toleransie

PERSRUBRIEK: 
RJW van der Kooi (Polemies)

Argument wat saak maak

Rekenaar-, Inligting- en Kommunikasie-tegnologie: Vriend of Vyand?

Die Internet: Boekrak vir die Christen.

KOMMENTAAR: Prof C Coetzee oor Sinodebesluite

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van vitalisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 Julie 2003

Pieter van der Dussen Jnr van Verwoerdburg stel in verband met die jongste GKSA sinodebesluite 'n argument wat saak maak. Dit is gepubliseer in Die Kerkblad, Junie 2003, bl 54.

In die hele gesprek aangaande doleansie van gemeentes al dan nie, vind ek dat een saak uit die oog verloor word: Sake waaroor die laaste woord nog lank nie gespreek is nie, word reeds in ge-meentes geïmplementeer.

Kom ons skets 'n cenario: tydens Sinode 2006 dien daar beswaarskrifte teen die besluit om vrouens in die amp van diaken toe te laat, asook teen die besluit om die 2001-omdigting van die Psalms toe te laat vir gebruik in die erediens. Sinode 2006 kom agter dat die besluite oor die sake werklik tydens Sinode 2003 verkeerdelik geneem is en herroep hierdie besluite. Nou sit verskeie gemeentes in 'n uiters moeilike situasie, want daar is reeds etlike susters in die amp van diaken bevestig. Moet hulle nou afgesit word? Of word hulle dalk hanteer asof hulle nooit bevestig is nie? Verder moet almal nou ophou om die 2001-omdigting te sing, maar intussen het die gemeentes gewoond geraak daaraan en is dit nou baie moeilik om na die Totiusberyming terug te keer. Hoe nou gemaak? Ons kan altyd voortgaan en die susters in hulle amp handhaaf en aanhou om die nuwere Psalms te sing, maar dan tree ons in stryd met dié sinodebesluite op!

Is die cenario vergesog? Nee, dit kan tog gebeur indien persone en kerkrade kan bewys dat die besluite in stryd met die Woord en Belydenis (Art 31 KO) is.

Miskien moet ons daaraan begin dink om Paulus na te volg nadat hy sy saak by die "sinode" in Jerusalem bewys het en daar aangetoon is dat die besnydenis nie noodsaaklik is nie: "Paulus wou hê dat hy (dit is Timoteus) saam met hom op reis sou gaan, en hy het hom geneem en besny ter wille van die Jode wat in daardie streke was; want hulle het almal geweet dat sy vader 'n Griek was" (Hand 16:3). Let daarop dat Paulus nie gesê het dat die besluit geneem is en daarmee klaar nie, nee, hy het selfs ná die besluit steeds vir Timoteus besny ter wille van die Jode.

Ons sal moet ligloop vir 'n situasie waar die praktyk enige moontlike ommekeer onmoontlik maak, anders is daar geen sin in verdere gesprekvoering nie.