Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
TENSY ....

AKTUEEL: Kommentaar op die hersiene godsdiensbeleid in skole.

SKRIFOORDENKING:
Deurgrond my, O God

Die "Sleutel van die kennis" (Lukas 11:52) en die Psalmomdigting 2001

Die Heilige Skrif: Foutloos of onfeilbaar?

Een woord wat 'n reusagtige verskil maak.

Totius - 50 jaar gelede heengegaan.

Begrafnisse en lykverbranding

Reformasie bring vervolging

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die nuwe psalmboek op Hervormingsondag, feestelik in gebruik geneem

Klassis Waterberg ondersteun Gereformeerde Kerk Waterberg se "dolering"

Teologiese Skool Potchefstroom: Nuwe Rektor en Vise-rektor asook nuwe dagbestuur van kuratore

NGK - Draaipunt: Sosialisering

Cloete - omdigting berus op NAV 1983

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die Pretoriase Akademie vir Christelike - Volkseie hoër onderwys.

Nuus oor PU vir CHO skokkend!

PU vir CHO laat demokrasie voor transformasie buig.

Universele gebed dalk voorskriftelik vir gebruik in skole.

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die vertekening van die Calvinisme

Dr A Kuyper oor die sosiale vraagstuk en die Christelike Godsdiens.

Doleansie en Toleransie

PERSRUBRIEK: 
RJW van der Kooi (Polemies)

Argument wat saak maak

Rekenaar-, Inligting- en Kommunikasie-tegnologie: Vriend of Vyand?

Die Internet: Boekrak vir die Christen.

KOMMENTAAR: Prof C Coetzee oor Sinodebesluite

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van vitalisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 Julie 2003

DIE INTERNET:  BOEKRAK VIR DIE CHRISTEN

-  NICO VAN DER DUSSEN  -

In die verlede was baie Christene se trots hulle versameling van studieboeke: 'n Versameling wat dikwels kosbare erfstukke bevat het en verder met groot moeite en sorg uitgebou is.

Vandag is baie van die boeke gratis vanaf die Internet beskikbaar vanwaar mens dit op die rekenaar kan laai en bestudeer. En as mens wil, dit selfs uitdruk. Mense weet net baie dikwels nie daarvan nie.

Ofskoon ek praat van gratis inligting, is daar wel 'n koste aan verbonde - die tyd wat dit neem om die materiaal af te laai. Vir die meeste mense wat dit per telefoonlyn doen, kan dit duur raak as mens nie versigtig is nie.

Oor die volgende paar uitgawes, sal daar DV bekendstellings volg oor 'n verskeidenheid van sulke studiehulpmiddels vir Christene.

Die eerste behoefte vir 'n Christen is uiteraard om die Bybel op sy rekenaar te kry. Daar is verskeie stelsels, elk met sy sterk en swak punte.

Hierdie keer kyk ons na E-Sword, 'n pakket wat ook die Bybel in Afrikaans bevat (1953-vertaling). Wat my betref is dit loshande die gebruikersvriendelikste stelsel wat ek nog gebruik het. Tot my Ma het ná vyf minute se vinnig wys haar voete begin vind. Daar is talle ander Bybelvertalings soos die Statenvertaling ook beskikbaar.

Die pakket se naam het sy oorsprong in die beeld van die Woord van God as tweesnydende swaard. Die stelsel is beskikbaar by http://www.e-sword.net. Let nou-keurig op die koppelteken in die adres. Dit is 'n goeie idee om 'n tydjie opsy te sit om deur hierdie webtuiste te gaan en verkenningswerk te doen vir wat alles beskikbaar is. Die outeur van die stelsel is waarskynlik charismaties/metodisties van oortuiging, en mens moet die inhoud daarteen weeg. Maar dit neem nie weg dat hier 'n besonderse stelsel en versameling van werke, beskikbaar is nie.

Om die stelsel te installeer laai mens bloot die basispakket af (17 Megagreep, nagenoeg 90 minute aflaaityd oor 'n modem), en installeer hom. Die basispakket bevat die King James vertaling, asook die Strong-konkordansie. Toets die installasie, en as dit lyk asof die stelsel reg werk, maak mens alles toe en laai verdere werke - soos die Bybel in Afrikaans af (2.5 Megagreep, 15 minute aflaaityd oor 'n modem) en installeer hulle. U hoef nie alles op een slag af te laai en te installeer nie. Mens kan dit, soos die behoefte groei, oor 'n lang tyd doen. Om die waarheid te sê, twyfel ek of daar baie van die lesers is wat die behoefte het om die Bybel in Sjinees, Fins of selfs Frans te lees.

Met die installering van die basispakket, word die King James vertaling saam met die Strong-konkordansie gelaai.

Vir diegene wat nie met dié konkordansie bekend is nie, vermeld ek graag dat dit in 1890 aan die hand van die King James vertaling gepubliseer is. Wat hierdie konkordansie besonder maak, is dat die woord in die King James vertaling ook na die grondwoord in die grondtaal verwys, waar die woord vertaal en verklaar word. Hierdie is 'n hulpmiddel waar die Christen wat nie in die grondtale onderrig is nie, baie na aan die oorspronklike kan kom. Vanuit E-Sword kan mens by die grondwoord in die King James vertaling kom deur net die muis oor 'n woord te skuif - dan vertoon dit Strong-kordansie se verklaring. Ongelukkig is dié funksionaliteit nog nie beskikbaar vir die Bybel in Afrikaans nie. Maar met E-Sword is dit tog toeganklik vir die gebruiker van die Afrikaanse Bybel. Die pakket laat toe dat mens tot vier verskillende vertalings langs mekaar vertoon. As die Afrikaanse vertaling langs die King James gelees word, is dit baie maklik om die regte woord in die King James te ontdek.

Terloops, die Strong-konkordansie kan slegs saam met letterlike vertalings sinvol gebruik word. Ekself sit gewoonlik die Afrikaanse (1953) Vertaling, King James, Statenvertaling en die Duitse Elbervelder vertalings langs mekaar. Merkwaardig hoe hulle, met enkele uitsonderings, ooreenstem. So 'n vergelyking verskaf opnuut vertroue in die werk van die vertalers.

Om na 'n spesifieke teks te soek as u slegs enkele woorde ken, is dit kinderspeletjies. U kliek bloot op die "Verkyker", vul die soekwoord (of woorde) in die blokkie in, en kliek op "Soek". Binne sekondes verskyn al die tekste waarin die woord(e) voorkom.

Ek het E-Sword hierbo 'n Bybelstudiestelsel genoem. Daar is verskeie kommentare en ander werk wat met die stelsel geïntegreer is. So kan die kommentaar van Matthew Henry (14 Megagreep, 75 minute aflaaityd oor 'n modem) geïnstalleer word. As die muis op 'n teksverwysing in Matthew Henry staan, dan verskyn die teks in 'n oopspring raampie. Kliek op die teks, dan verander die Bybelvertoonraam om die tersaaklike teks te vertoon.

U kan ook self eie kommentaar en notas invoer - en, met 'n bietjie moeite, met andere deel.

Ongelukkig vir ons Afrikaners is die stelsel Engels (of eerder Amerikaans). Daarom moet die Bybelboeke se name in Engels geken word. Maar dit leer baie gou dat "Jdg" vir "Judges" of "Rigters" staan. Ook werk die soektogte nie lekker as daar 'n deelteken of kappie op 'n letter is nie.

Uiteraard sal daar kritiek op die keuse en inhoud van die werke in die versameling wees. Daarom sal inligtintg oor meer bekende verklarings vanuit die Calvinistiese kerke binnekort bekendgestel word. Dit bly elkeen se verantwoordelikheid om alle verklarings en geskrifte getrou aan die Bybel te meet.

In die geheel: 'n Pakket wat uit 'n tegniese en gebruikersoogpunt gesien, 'n juweel op u rekenaar sal wees.